’n 78-jarige vrou is Saterdagoggend beseer op die vloer in haar huis op ’n kleinhoewe buite Bloemfontein in die Vrystaat aangetref nadat sy die vorige aand tuis aangeval is.
Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê die werkers op die kleinhoewe in Tiemiestraat, Kwaggafontein, het omstreeks 09:00 by die plot aangekom en gehoor hoe iemand skree.
Hulle het opgemerk dat ’n veiligheidsdeur by die huis oopforseer is waarna hulle alarm by die buurman gemaak het wat ook op die kleinhoewe woon.
Die buurman het by die deur ingegaan en die beseerde vrou op die vloer aangetref. Sy het vermoedelik ure lank op die vloer gelê voordat hulp opgedaag het.
Die owerhede is na die toneel ontbied en die vrou is na ’n hospitaal in Bloemfontein geneem vir mediese behandeling.
Makhele sê twee kluise in die huis is oop aangetref. Dit is nie in dié stadium duidelik wat uit die kluise vermis word nie.
Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.
Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Dis nou daagliks wat mens die nuus kry. En dis net waarvan ons hoor en berig word, die res haal nie eens die nuus nie. En ons minister van veiligheid en president is tjoepstil.
Weereens net huisroof? Wat van aanranding met die doel om ernstig te beseer of poging tot moord? Ons regstelsel is ‘n grap!
En Cyril Is doodstil..Wonder wat sou gebeur het as skoen aan ander voet was….dit sou hoogste prioriteit geniet..
Lafaards! Val die hulpeloses aan;die wat slaap!
So word onskuldige en hardwerkende mense die een na die ander aangeval en ook vermoor.Net nog ñ dag in die land van die kamtige en fiktiewe Reenboognasie……