Bejaarde vrou se geraamte in huis gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die geraamte van ʼn 77-jarige vrou is Donderdag in ʼn huis in Edenvale, Johannesburg, gevind. Daar word vermoed dat die vrou twee jaar gelede dood is, hoewel dit nog nie bevestig kan word nie.

Ao. Jean Olckers, van die Edenvale-polisiestasie, het aan Maroela Media gesê ʼn buurman het die gruvonds gemaak nadat hy besorgd geraak het oor die vervalle toestand van die vrou se erf in Erasmusweg in Edenglen.

“Die buurman het ʼn slotmaker ontbied en saam met beamptes van die Ekhurluleni-metropolisie toegang tot huis te bekom,” het Olckers gesê. “Hulle het die vrou se geraamte in haar slaapkamer aangetref.”

Olckers kon nie sê hoe lank terug die vrou dood is nie. “Die oorskot is na die staatslykshuis gestuur wat sal bepaal wanneer sy dood is.”

Hy het gesê die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek om die omstandighede rondom haar dood te bepaal. Die polisie kon tot dusver nog nie vasstel of sy enige familielede het nie en kan daarom ook nog nie haar naam bekend maak nie.

Die polisie kon haar ouderdom volgens haar paspoort bepaal en wel aangedui dat sy ’n wit vrou is.

Olckers het enigeen met meer inligting oor moontlike familielede versoek om met die Edenvale-polisiestasie in verbinding te tree by 011 553 8600/42.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alki ·

Dit is baie tragies, as sy kinders gehad het, behoort hulle hulle te skaam, ek bel my bejaarde Pa 3 keer ‘n week om te hoor of hy nog ok is, as ek nie antwoord ry nie, dan bel ek die buurman om te gaan kyk, my Pa sukkel met sy selfoon, hy antwoord hom nooit, en daarom ek bel hom op sy satelietfoon, ons moet ons oumense oppas hulle is baie kosbaar as is hulle somtyds moeilik,

Susan ·

Die heel ergste is al het ons kinders enfamilie gee niemand om nie. Dis te veel moeite deesdae om om te gee.

marie ·

Ek wens ek het nog n mamma of ouma gehaat ek sou wat wou gee om saam met n ouma te kon groot word

Eliza-beth ·

Alki stem sooo saam. Niemand het omgegee – is dit nie verskriklik?

Net ek ·

En niemand kon in die begin iets ruik nie… jammer vir die ou tannie.

Tiny du Preez ·

Kyk, ek is nie snaaks nie, maar kon NIEMAND in twee jaar onraad merk nie? Koerante en pos wat ophoop. Krag wat verseker uit is… Sekerlik is daar familie of vriende ook… Kon niemand agter kom dat sy net eenvoudig nie meer in die samelewing is nie? Ek is amper oortuig dat hofbodes selfs al hul verskyning moes maak vir agterstallige krag en telefoon rekeninge? Jammer Tannie, jou bure het nie juis veel van jou gehou nie, want ek is seker iemand moes iets agter gekom het…. Eishhh!!

SNEL ·

Ja-nee, dis vreeslik dat mense so besig is met hul eie dinge dat hulle nie eers agterkom iemand wys nie gesig vir twee jaar nie, of soos Tiny sê, die pos en goed wat oophoop ens. En ja, ek het gedink my begrafnis sal eendag uit twee mense bestaan, maar regtig, die tannie moes seker kinders gehad het, iemand in die kerk of iewers geken het. Het niemand haar ooit gebel of gaan kuier nie. Dis vreeslik dat iemand vir twee jaar kan dood wees en niemand om en naby haar het haar eers gemis nou. Nou wonder ek, hoeveel ou mensies bly so en smag na n kuiertjie of n geselsie en almal hol net met die warboel van die lewe verby hulle. Kon haar bure nie maar vir haar van tyd tot tyd n lekker eetdingetjie gevat het as hulle gesien het sy is allen nie. Waar is die dae van uitreik en iets vir ander doen. Staan die dag op en sê; wat kan ek vandag doen om iemand se dag beter te maak en iemand spesiaal te laat voel en laat ons probeer elke dag n glimlag op n gesig bring, net die persoon wees wat weer betekenis aan die lewe vir iemand gee.

Pendoring ·

Joyce Carol Vincent. Sy was reeds 3 jaar oorlede voor hulle haar gekry het. 25 Jan 2006. Haar TV was nog aan. Dit het gebeur in Wood Green, London Noord. Sy het ongesiens weggeraak in ‘n stad met 8 miljoen mense. Sulke dinge gebeur as jy net by jouself geleef het.

Joa ·

Ek stem saammet Susan. Die meeste van onse kinders is so besig om geld en aansien na te jaag dat hulle glad nie meer tyd het vir hul ouers nie. Dankie vir die wat wel omgee. Dit is verskriklik tragies dat niemand die ma, ouma, suster, tannie, buurvrou gemis het nie. Ek het my ma in my huis gehad en na haar omgesien en haar bederf wanneer ek kon, tot die dag dat sy dood is en vandag is ek ongelooflik bly want ek leef nie met skuld gevoelens nie. Wanneer ek aan haar dink, kan ek dit met ‘n glimlag doen want ek weet ek was altyd daar vir haar. Want sien dis nou ook die ding, wanneer jy ouer word dink jy terug aan jou lewe en wat jy gedoen het of dit goed of sleg was en dit hang van jou af of jy slapelose nagte gaan he agv skuldgevoelens of nie.

CR ·

Dis net hartseer. Ek praat elke dag met my ouers, gaan kuier elke 2de dag vir hulle, is elke liewe naweek nog in hulle huis en sal nog eendag vir hulle sorg ook as dit daarop neerkom. Alhoewel ons in ‘n ander dorp woon sal ek nogsteeds elke keer deur ry net om vir ‘n uur of 2 te kuier en seker te maak als is O.K.

Susan ·

Ek kan nie glo dat iemand so alleen kan wees nie. Jy bou mos ‘n vrienskap op met die posman, winkel assistente of iewers met iemand. Ek kan my nie indink hoe alleen sy moes gewees het nie. Familie kry julle nie skaam nie!!!!!

marie ·

Ek wens ek het nog n mamma of ouma gehaat ek sou wat wou gee om saam met n ouma groot
te kon word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.