Bejaarde vrou se lyk in puttoilet gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 72-jarige vrou, wat drie weke gelede as vermis aangemeld is, is in ʼn puttoilet in Madikwe buite Rustenburg in Noordwes gevind.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou se liggaam is Vrydagmiddag in die puttoilet, wat sowat 500 m van haar woning af is, gevind. Die vrou is die laaste keer op 29 April lewend gesien.

Volgens Mokgwabone het gemeenskapslede vermoed dat die vrou vir moetie vermoor is en het haar 30-jarige kleinseun gekonfronteer oor haar verdwyning. “Die kleinseun het glo aan hulle gesê ’n 50-jarige kroegeienaar is verantwoordelik vir sy ouma se verdwyning. Die man se kroeg is glo hierna afgebrand en daar is drank gesteel.”

Mokgwabone het gesê drie mense is in hegtenis geneem in verband met die afbrand van die kroeg. Hy het ook gesê geen van die bejaarde vrou se ledemate is verwyder nie. “Die gemeenskap word versoek om kalm te bly, nie reg in eie hande te neem nie en die polisie kans te gee om sy ondersoek te doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.