’n Bejaarde vrou (82) en haar seun (50) is Vrydagaand op hul plaas naby Petrusburg in die Vrystaat oorval en erg aangerand.
Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder van die Vrystaat, het aan Maroela Media gesê die ma en seun was in die huis op die plaas Lovedale toe die krag omstreeks 19:00 afgegaan het.
Die seun, Willem Jacobus du Toit, het uitgegaan om ondersoek in te stel toe hy deur drie onbekende mans oorval is.
Volgens Mbambo is Du Toit die huis ingesleep waar hy en sy ma erg aangerand is. Albei slagoffers is vasgebind waarna die verdagtes op die kluis se sleutel aangedring het.
Volgens Mbambo het die verdagtes met ’n gesteelde vuurwapen en twee selfone te voet op die vlug geslaan.
Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê die ma en seun is ná die voorval albei in ’n ernstige toestand na ’n hospitaal in Bloemfontein geneem vir mediese behandeling.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof, het Mbambo gesê.
Enigiemand met inligting rakende die voorval word versoek om ao. Koto by 060 6993 451 te kontak.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Gewapende roof?????? Ons wat weet, noem dit ń plaasaanval met die intensie om te moor.
Ons wag op ñ antwoord, mnr die President!
Hierdie is haatmisdade en georganiseerde misdade ineengevleg teen boere en hul gesinne!!!
Moes hy nie liewer met die geweer in die hand ‘n tydjie in die donker agter toe deure gewag het het nie?
Ek vra maar net!
Dankie vir lewens wat gespaar is maar die trauma bly ewig daar…Here ons bid vir U Heilge ingryping in Suid Afrika
Dit raak nou weer baie erg, die voorvalle gebeur amper daagliks. Ek is nie ‘n sameswering teoris nie maar is dit dalk beplande wraak as gevolg van George Floyd se stories?