Bejaarde vrou sterf in kleinhoewe-aanval, man kritiek

Argieffoto (SAPD, Facebook)

Argieffoto (SAPD, Facebook)

ʼn 81-jarige vrou is dood en haar 84-jarige man is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hul Vrydag in die vroeë oggendure op hul kleinhoewe in die ooste van Pretoria aangeval  en erg aangerand is.

Kapt. Marissa van der Merwe, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê vier aanvallers het die Lemmer-egpaar omstreeks 02:00 in hul huis in Shere oorval.

“Die man is met ʼn hamer aangeval en die vrou is met ʼn strykyster gebrand,” het Van der Merwe gesê.

Die vrou is op die toneel dood, en haar man is in ʼn kritieke toestand na die Wilgers-hospitaal geneem.

Slegs selfone en ʼn aktetas met ʼn beursie in, word vermis.

Die Boschkop-polisie ondersoek ‘n saak van moord en aanranding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

AmY ·

Ek wonder wanneer gaan hierdie barbaarse aanvalle op bejaardes einde kry?

Hoe op aarde brand jy ‘n ou tannie van in die tagtig met ‘n strykyster en slaan die oom (ook in sy 80’s) met ‘n hamer?

Is dit werklik mense wat so iets doen?

EMK ·

Vir so bittermin is twee arme ou mense aangerand en een vermoor. Die man maak dit dalk ook nie. Sulke ou mense het bykans geen verweer nie, dis net absolute vuilgoed wat sulke dinge doen! Mag hulle spoedig gevind word en nie weer loskom op borgtog en “verdwyn” of so-iets nie.

Justi ·

Hoe onheilig wreed is dit nie! Goeie genade tog. Die sadistiese gemors! Ek kan werklik nie alles hier kwytraak wat ek dink en voel nie.

Mag hul deur dieselfde pyn gaan op hul oudag.

Sterkte aan die familie en vriende van die beseerde en oorledene.

Ek kan my net indink watter genot die gemors daaruit geput het om die twee bejaardes so aan te rand en te martel. Dit is mos in hul ingebore die barbare!

estelle ·

en dan word ons gevra om in vrede saam te lewe! maar ongelukkig is dit ‘n feit, ons is die “target” wat hulle wil uitroei! waar gaan alles eindig?

Boervrou ·

Dit, my liewe Volk, is hoe ons bejaardes hul laaste lewensjare op aarde moet deurbring.

Met hamers en strykysters word hulle gemartel en vermoor.

Hoeveelste geval is dit nie nou al nie?

Ons praat en praat, ons is kwaad, maar waar lê ons oplossing?

Eugene Ferreira ·

Mense moet ohou kla soos ‘n klomp draadsitters want dit is presies wat julle is, grootbek en geen aksie.
Probeer eers met jul selwe te kan lewe en dan prober jul as ‘n nasie saamstaan want op die oomblik is julle soos ‘n blaar in
‘n stormwind, heng baie geraas maar geen aksie of plan nie.
Julle is die oorsaak dat die blankes so grootskaals gemartel, verkrag en vermoor word, julle is self verantwoordelik vir jul eie uitwisting, julle het God se huis verlaat en Hy ook julle s’n.

Jasper ·

Enige voorstelle behalwe n terugkeer tot God ? Geloof sonder dade is dood.

Dottie ·

Ons bek en binnegoed????. Wat doen jy omtrent die situasie????
Niemand doen iets omtrent dit nie ons aan vaar maar net wat met ons wit volk gebeur. Gebed alleen gaan nie help nie.

alet ·

Sal ons nie maar ook begin met ons aanvalle op hulle of hulle skuldig is of nie so kan dit nie aangaan

Blanke vrou ·

Ai tog Alet, ons is net doodeenvoudig anders opgevoed, was dit maar so maklik vir ons soos vir hulle dan het ons lankal ‘n paar voorbeelde van hulle gemaak.

Hoe slaap mens met bloed aan jou hand, hoe leef jy met jouself saam.

Fanie ·

Ek stem volkome saam met EMK se kommentaar.Weerlose en skadelose bejaardes.Hoe lafhartig kan enige mens wees.Nee,regstelling,net n barbaar kan so iets doen,nie n mens nie.

mariette blom ·

Mens raak naderhand kommentaarloos. Oe en ah dis so erg en wreed en hul so weerloos en siestog hul so gemartel dan niks verder. Jy voel naderhand……… wat?

Grassie ·

“Hoe lank sal die goddelose, o Here,hoe lank sal die goddelose jubel? Hulle smaal, hulle praat onbeskaamd – al die werkers van ongeregtigheid verhef hulle.
O Here hulle verbrysel u volk,en hulle verdruk u erfdeel.
Hulle maak die weduwee en die vreemdeling dood en vermoor die wese.”

Psalm 94 vers 3 tot 6. 1953 vertaling.

Inderdaad. Ek vra ook – hoe lank nog, Here, hoe lank nog?

Kosie ·

Ag moedertjie saam – saam koer jul tweetjies so mooi, huil – huil op mekaar se skouertjies klink so bedruk. Op eie twee voetjies kan jul tweetjies nie staan, altans jy Ria’tjie.
Groete, K

Marietjie ·

Dis tyd dat ons volk weer begin saamstaan en terug baklei. So kan dit nie aangaan nie. Reenboognasie se dinges man. Ons word uitgeroei en aanvaar dit maar gelate.

Anne ·

Marietjie, stem saam met jou! Dis tyd dat ons blankes begin saamstaan, nou meer as ooit tevore, maar dan weer… is dit moontlik?

david ras ·

Weereens my vraag: was dit moord met die doel om te roof. of roof met die doel om te moor ?
Weereens ‘n selfoon–wat is so belangrik aan ‘n selfoon ?

EMK ·

@David Ras – die ergste is David, selfone is vrekgoedkoop deesdae , gaan kyk gerus by Pep Stores byvoorbeeld, so HOEKOM word mense nog vir dit vermoor??

Marietjie Aucampma ·

Bring die doodstraf terug!!!As een van my familie so doodgemartel word,gaan ek op n groot skaal wraakneem!!Gemors!!

Lance Sherriff ·

Laat ons asseblief God soek – en veral al ons blanke tieners – terug lei na God in Christus. Die ‘wegraping’ van al God se huishouding vind binnekort dalk plaas: JY WIL NIE AGTERGELAAT WORD NIE, volksgenote. As jul dink dis nou erg, het jul nog niks gesien nie. Indien jy agtergelaat word het jy maksimum nog sewe jaar van lewe oor te midde van waar jy sal smekinge gee tot God om jou lewe te neem. As jy ‘afgedwaal’ het van God…soek Hom terwyl Hy nog te vinde is…klop, en Hy sal die Deur vir jou oopmaak.
Daar is nie baie tyd meer oor nie…lees Openbaring, en as jy n wonderlike storie hieroor wil lees: “Left Behind”

Mickey ·

jy praat dieselfde taal as ek ,Marietjie ek is moeg vir die sinnelose afmaai en wreedaardige marteling van ons blanke mense elke haar op my geliefdes sê kop sal vergeld word ek is n Christen nie n lafhartige paperd nie en my Bybel leer my n oog vir n oog as jy doodmaak met n swaard sal jy sterf by die .swaard.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.