Bejaarde vrou sterf in plaasaanval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn 78-jarige vrou van Cramond in KwaZulu-Natal is Donderdag op haar plaas vermoor.

Kol. Thembeka Mbhele, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo omstreeks 06:00 plaasgevind.

Volgens Mbhele is die vrou in haar huis aangeval. “Die verdagtes het die vrou [met ʼn mes] gesteek en toe haar televisie, selfoon en handsak gesteel. Hulle het toe van die toneel gevlug,” sê sy.

Die vrou is glo op die toneel dood.

Mbhele sê die polisie het reeds daarin geslaag om twee verdagtes, 26 en 28 jaar oud, in verband met die voorval in hegtenis te neem. Die verdagtes sal volgende week in die hof verskyn.

Meer inligting oor die aanval is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Muffin ·

Verdagtis volgende week in die hof. Verder gaan daar niks gebeur nie. Innige simpatie met die familie. n 78 jarige tannie word net eenvoudig dood gesteek. Dit is SA.
Dit is skokkend.

Chris Ws ·

Dis baie tragies.Simpatie met die familie.Maar talle bejaardes bly aleen op plase en weier om dorp toe te trek.Dis verstaanbaar maar ongelukkig fataal.In die vorige nationale party bedeling het dit gewerk want daar was ordentlike polisiering EN die Kommandostelsel wat vandag nie die daar is nie.

Corne ·

Hoeveel moordenaars loop in die land rond, in die meeste gevalle word hulle gevang maar die moorde raak net meer by die dag

Andre ·

This is so shocking, how can a persone kill a lady of 78 years.
Nothing is going to happen to the two who killed the lady.

May God bring peace over the family who lost a monther and grandmother.

janneman ·

Maroela, delf asb bietjie dieper in hierdie moord in. Dit het gebeur in dieselfee area waar n boer vroeer n werker dood geskiet het omdat hulle onwettig iemand op sy plaas wou begrawe, en dieselfse boer se vrou is nou ook aangeval en in die hospitaal. Terwyl vermoedelik vergelding reeds plaasvind, swyg alle media oor hierdie gebeure om te voorkom dat gemoedere opgewerk raak. Julle het nog altyd objektief nuusgebeure rapporteer, moet asb nie deel word van die media wat dinge verswyg om konflik te voorkom nie. Almal is geregtig op die waarheid.

PJC ·

Ongelukkig kan daar nie oornag reĕlings getref word om alle kwesbares te beskerm teen hierdie lafhartige moordenaars nie. Dit gebeur al sedert die dae van die voortrekkers en sal nooit end kry nie. Ons sal maar net saam met hierdie realiteite moet lewe.

Hanna ·

Volg Steve Hofmyer se woorde – ons sal dit oorleef – want met elem plaas moord word daar ‘n stukkie Afrikaans, ‘n stukkie geskiedenis, ‘n stukkie van ons almal vernietig.
Mag God krag en genade aan die tannie se familie skenk en mag een van hulle omdraai en sê ONS BOER VOORT WANT DIS ONS REG.
My inninge simoatie aan almal wat deur haar sinnelose moord geraak word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.