Bejaarde vrou sterf kort ná plaasaanval

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

ʼn 94-jarige vrou is Saterdag dood nadat sy kort ná middernag op haar kleinhoewe op Kalbasfontein in Westonaria geskiet is.

Volgens Jaco Taute, lid van die plaaslike veiligheidstruktuur STIC, is Hantie Geldenhuys Saterdag 00:50 glo twee keer deur ʼn oop venster van haar huis geskiet.

“Sy het lede van ʼn plaaswag waaraan sy behoort oor ʼn radionetwerk ontbied wat binne drie minute op die toneel was. Sy het steeds gelewe toe hulle opdaag, maar het baie bloed verloor,” sê Taute.

Sy is ná die voorval in ʼn bedenklike toestand met ʼn ambulans na die Carletonville-hospitaal geneem en later na die Leratong-hospitaal in Krugersdorp oorgeplaas waar sy ʼn operasie moes ondergaan om die koeëls te verwyder.

Volgens inligting wat AfriForum op ʼn veiligheidsgroep ontvang het, is Geldenhuys in die buik geskiet. Sy moes ook ʼn bloedoortapping ontvang.

Sy is later dieselfde dag oorlede.

“Een van die koeëls het haar nier binnegedring. As dit nie vir dít was nie glo ek sy sou oorleef het. Sy was ’n sterk tannie,” sê Taute.

Kol. Selvan Moonsamy, polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê Geldenhuys het nie die aanvaller (of aanvallers) gesien nie.

“Ons weet nie hoeveel aanvallers daar was nie, maar hulle het van die toneel gevlug.

“ʼn Moordsaak word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Moonsamy.

Volgens Taute het Geldenhuys alleen op die kleinhoewe gewoon waar sy ook  ʼn plaaswinkel bedryf het.

*Die berig is gewysig sedert plasing – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Swerwer ·

Dit is tyd dat Cele begin verantwoording doen vir sy mislukte loopbaan en onmiddelik onthef word uit sy pos. Nee, sies man, hoe kan hy nog sy gesig in die openbaar wys.

miavos ·

Dit was net n kwessie van tyd. Oumense kan onmoontlik alleen op n plaas wil bly.

Persheks Adri ·

Nóg bloed op jou hande hoed! Tyd dat jy al lankal in die pad val verdomde pateet!

Dries ·

My mening, hulle wou haar uit die weg ruim om die plaaswinkel te beroof, maar die buurtwag was te vinnig op die toeneel. Medelye met haar familie.

Roelf ·

Tragies – die aanvallers deesdae het geen respek vir ouderdom (met respek gesê). wat kon so n ou dame aan die aanvallers doen – NIKS. Vertrou die SAPS sal toeslaan op die skurke

Sluier ·

Ek praat moorde nie goed nie, maar bykans elke moord het een of ander motief. Hetsy dit weerwraak, pay back, roof, polis bedrog of wat ook al is. Om bykans alleen en afgesonder op n plaas te woon is alreeds n baie groot risiko. Polis bedrog sal natuurlik een van die moontlike motiewe wees.

Hoekom ·

Deur die venster? Moet my nie sê dit is gedoen omdat iemand honger was nie. Nee, dit is blatant ‘n haat moord!

Jakkie ·

Wat soek ‘n 94 jarige tannie alleen op n’ plaas, kan dit nie verstaan nie

Gert ·

Kyk net hoe braaf is “our people” vermoor ‘n 94 jarige dame

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.