Bejaarde vrou sterf ook ná aanval

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Elaine Allwright (78) is in die hospitaal dood nadat sy en haar lewensmaat verlede week wreed in hul huis in Schoenmakerskop in Port Elizabeth aangeval is.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het bevestig Allwright is Donderdagoggend oorlede. Die polisie ondersoek twee sake van moord en ʼn saak van huisroof. “Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Forensiese bewyse en DNS-ontleding is op die toneel bekom en vir toetse gestuur.”

Allwright se lewensmaat, Ken Alexander (76), is tydens die aanval verlede Dinsdag in die vroeë oggendure doodgeslaan.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het in Marineweg plaasgevind. Allwright is erg aangerand tydens die aanval en in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.

Naidu het vroeër gesê dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was en of enigiets uit die huis gesteel is nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om kapt. Elroy Lindoor by 041 319 8707 te nader.

Genl.maj. Funeka Siganga, bevelvoerder van die Mount Road-groepering, het die aanval as sinneloos beskryf en dit ten sterkste veroordeel.

Die inwonersvereniging van Schoenmakerskop het ʼn beloning van R25 000 uitgeloof vir inligting oor die identiteit van die aanvallers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Genadige Vader,
Hoe moet ons positief bly wanneer jonk en oud se lewens niks beteken nie en links en regs geneem word asof hul daaroor mag beskik?

En ek? ·

En ek? Ek is nou 75 en loop 25 uur per dag en 8 dae per week met ‘n vuurwapen die laaste 35 jaar waar ek in 2000 my wapen nodig gekry het toe my 2,4 Toyota helder oordag in Pta. gesteel wou word. Nodeloos om te sê my boodskap is: “Ek wag vir julle, moet my nie ‘n kans gee.”

Pop ·

Eish, ek glo nie daar is veel mense in hierdie rommelhoop land wat nog positief is nie.

Chrisjan ·

Dankie En ek? Ons het meer mense soos jy nodig. Die wat glo en voorberei sal oorwin.

Theresa B ·

Eish – Ek kon dit nie beter stel nie. Al hierdie goed begin regtig aan ‘n mens knaag.

Willie ·

Dit vreet aan n mens Theresa… Mens moet elke sekonde op jou hoede wees, en mens moet waak elke oomblik… Paraat wees in alle opsigte, al is dit soms moeilik

Theresa ·

Ek dink duisende van ons se harte gaan uit na hierdie gesin/familie. Hierdie is een van die bittere hartseer diep wroegende gebeure wat ons in ons land ervaar. Een van die baie ongelooflike wonde wat ons toegedien word – onregverdig. Ongevraagd. Onnodig.
Hierdie bejaardes se voorval het menige trane laat val. Mag God elke traan van seer, verstomming, smeking as ‘n gebed sien om geregtigheid terug te bring in ‘n land wat daarna smag. So jammer vir hierdie twee mense deur hul smarttyd gewees. Innige simpatie met die naasbestaandes en jarelange vriende.

Agro ·

Kan die Schoenies inwonersveniging nie maar ‘n sekuriteitswag op die been bring nie? Daar is sekerlik oud-soldate wat opleiding kan gee aan gekeurde, werklose mans??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.