Bejaarde vrou sterf toe brand uitbreek

ʼn Bejaarde vrou is Maandag dood toe haar huis in Oos-Londen afgebrand het (Foto verskaf deur die SAPD)

ʼn 81-jarige vrou is Maandag dood toe ʼn brand by haar HOP-huis in Oos-Londen uitgebreek het.

Kapt. Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, het gesê bure het Maandagoggend die huis in Needs Camp in ligte laaie sien staan. Die vrou het alleen gebly.

Lede van die gemeenskap het tevergeefs probeer om die brand te blus.

Die vrou se verkoolde liggaam is in die huis gevind. Die huis is in die brand verwoes.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.