ʼn 81-jarige vrou is Maandag dood toe ʼn brand by haar HOP-huis in Oos-Londen uitgebreek het.
Kapt. Hazel Mqala, woordvoerder van die polisie, het gesê bure het Maandagoggend die huis in Needs Camp in ligte laaie sien staan. Die vrou het alleen gebly.
Lede van die gemeenskap het tevergeefs probeer om die brand te blus.
Die vrou se verkoolde liggaam is in die huis gevind. Die huis is in die brand verwoes.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.
Dit is baie tragies.
Shame, dis erg
Wat n wreede dood. Rus in vrede.