Bejaarde vrou van Noordwes koelbloedig vermoor

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Bejaarde vrou van Schweizer-Reneke in Noordwes is Maandag in raaiselagtige omstandighede in haar huis vermoor.

Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 86-jarige vrou se liggaam is in haar huis met steekwonde aan haar nek en gesig gevind. “Haar seun het elke dag 17:00 sy ma besoek en is Maandag oudergewoonte weer na haar toe. Hy het haar liggaam in die huis aangetref. Sy is met ʼn skerp voorwerp gesteek, maar die polisie is nog nie seker watter voorwerp gebruik is nie,” het Makau gesê.

Sy het gesê daar was geen tekens van inbraak nie en niks word uit die huis vermis nie. “Die motief vir die moord is nie in hierdie stadium bekend nie. Die polisie ondersoek vir eers net ʼn saak van moord.” Makau het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van dood te bepaal, asook om die moontlikheid van verkragting uit te skakel.

Volgens Makau kan die vrou se naam nog nie bekendgemaak word nie aangesien al haar naasbestaandes nog nie oor haar dood ingelig is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sharon Anderson ·

My innige simpatie met die familie, om 88 te word in Suid-Afrika en wreed vermoor te word is gruwelik. Hierdie mense is ons volks moeders kyk wat gebeur met hulle. Tragies ons het ‘n land van barbare geword mag die Vader ingryp want ons kan ons self nie meer red nie.

anet ·

Sterkte aan die familie, ons sal julle opdra in ons gebede. Mag die skuldige gou vasgetrek word

Susan ·

Ek stem heeltemal met jou saam. En as hierdie BARBARE gevang word behoort dieselfde aan hulle gedoen word wat hulle aan hulle onskuldige slag offers gedoen het. Dit behoort te help want hulle is lafaards.

Jan maak n Plan ·

My innige simpatie met die familie. Waar is die SAPD se beloning vir inligting nou????? Die wereld wye media verkondig luidkeels hoeveel renoster gedood word jaarliks, maar dis omtrent net maroela media wat iets se oor die boere wat links en regs vermoor word. Is dit dalk nie nou tyd dat ons nou letterlik moet begin terug skiet nie? Waar gaan hierdie dinge ophou?

amanda strauss ·

Sterkte aan die familie. Dis so wreed dat tannie Bollie so moes sterf. Wat gaan van ons word.? Arme oumense wat hulle nie kan verdedig nie….so ontsettend hartseer…

Johannes Meintjes ·

Ons verkeis om nie te leer oor beveiliging nie. Elke 5 tot 10 huise behoort onderling deel te neem aan ‘n plan om (1) na mekaar se eiendom en veiligheid om te sien, (2) mekaar te help ingeval van brand of vloed of natuurramp, (3) mekaar in burgerlike-opstand situasies by te staan – als onder die buurt/ plaaswag of GPF of Kommando en die groot nasionale en gevorderde AfriForum veiligheidsplan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.