Bejaarde vrou van plaas ontvoer, glo by grens gelos

Daleen van der Hoven se uitgebrande motor (Foto verskaf deur die SAPD)

Daleen van der Hoven, vermoedelik in haar 80’s, is in ʼn hospitaal in Bloemfontein opgeneem ná sy uit haar plaashuis in Zastron in die Vrystaat ontvoer en glo by die grens na Lesotho agtergelaat is.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Van der Hoven was Vrydagoggend omstreeks 02:00 alleen in haar huis toe verdagtes die veillgheidshek oopgebreek en toegang tot haar huis bekom het. “Hulle het haar vasgebind, aangerand en kontant geëis,” het Mbambo verduidelik.

Die mans het drie vuurwapens en kontant gebuit.

Maroela Media verneem die verdagtes het daarna Van der Hoven in haar Audi-motor gelaai en haar na die Lesotho-grens ontvoer. Hulle het haar glo hier gelos. Volgens gerugte het Van der Hoven, wat die omgewing goed ken, die grens oorgesteek en hulp gaan soek by inwoners. Hulle het haar oor haar ontferm in die koue weersomstandighede en kon ʼn Suid-Afrikaanse boer kontak wat hulp ontbied het.

“Die Audi is later in Lesotho gevind waar dit aan die brand gesteek is,” het Mbambo bygevoeg. Twee mans het vermoedelik die grens na Lesotho oorgesteek.

Volgens haar is Van der Hoven ʼn paar keer met ʼn ysterstaaf oor die kop geslaan.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

80 jaar oud! ‘n Wit Gogo, en soe word sy behandel. Wonder of hulle hulle eie Gogo’s hier voor hulle sien, toe hulle haar vasgebind, en aangerand het? Net geen respek vir niks.

Renee ·

Wens ek kan hulle in die hande kry hulle sal nooit weer n’ bejaarde aanval nie die gemors moet dink indien dit hulle ma of pa was, vergeet ek eintlik het hulle geen gevoelens vir ander se lewe nie, nie Ramaposie ontken nog steeds daar nie soveel probleme is nie ( alles onder beheer sy parlement en kopdoek sorg vir n’ vreedsame lewe is SA dit wat hy aan die buiteland deurgee

Lorna ·

Renee
Hulle weet seker nie of hul n ma of pa het nie
Sulke goed kruip uit riool pype gemors
Nie dat dit gaan help nie
Hoop dit word wêreldwyd versprei

Sonia ·

Ons oumense is ‘n sagte teiken – en die lafhartige goed kom altyd in die meerderheid – ek hoop die vrou oorleef die trauma. Ons het ingryping nou dringend nodig!

MAGRIETHA ·

Sys n held het gewys hul sal haar nie onderkry nie , die liewe vader het sy hand oor haar gehou dankie Here

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.