Bejaarde vrou verkrag, beroof

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn 92-jarige vrou is verkrag en van haar pensioengeld beroof naby Brits in Noordwes.

Kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê die slagoffer, wat saam met haar kinders in Soweto woon, het na Bapong naby Brits gekom om haar pensioen te kry. Die bejaarde vrou het die aand by haar familiehuis in Bapong oorgeslaap. Makau sê daar is dieselfde aand by die huis ingebreek en die vrou is verkrag. Hy sê die verdagte het met die vrou se pensioengeld, ʼn televisie en ʼn dekodeerder gevlug.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Bethanie-polisie by 012 260 2981 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Danielle ·

92 ? En hy sien kans om haar te verkrag? Nee maggies, ek hoop hy word sommer baie vinnig opgespoor.

Danielle ·

Jasper, ek het ‘n magdom woorde in my woordeskat wat ek kan bylas, maar die redakteur verwyder my kommentaar (na aanleiding van ‘n berig vroeër vanoggend).

Danielle ·

Jasper, my kommentaar word verwyder, kan jou dus nie eerlik antwoord nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.