Bejaarde vroue sterf in trompopbotsing

Die twee voertuie wat in Roodepoort gebots het. Foto: ER24

Die twee voertuie wat in Roodepoort gebots het. Foto: ER24

Twee bejaarde vroue is Vrydagoggend dood nadat twee voertuie reg-van-voor in Roodepoort, Gauteng, gebots het.

Volgens Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het die ongeluk in Hendrik Potgieterweg plaasgevind.

“Daar was net een persoon in die een voertuig, en dié motoris het gelukkig geen beserings opgedoen nie,” het Rossouw gesê. “Drie bejaarde vroue was in die ander voertuig. Twee van hulle is in die botsing dood, terwyl die ander een kritieke beserings opgedoen het.”

Die vrou is na Flora Clinic geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en word deur die polisie ondersoek.

Lees die opvolgberig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.