Bejaarde Vrystaatse vrou erg aangerand

Argieffoto: SAPD/Facebook

WAARSKUWING: Die foto in die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

ʼn Bejaarde vrou van Bothaville in die Vrystaat is in die hospitaal opgeneem nadat sy Maandagoggend in haar tuin buite haar woonstel oorval en erg aangerand is.

Joey Potgieter (83) is vanoggend eers ontslaan.

Ludiek Prinsloo, voorsitter van die Bothaville-buurtwag, het aan Maroela Media gesê ʼn onbekende man het die oggend by Potgieter se woonstel aangekom en haar vir ʼn glas water gevra. Sy het hom ʼn glas water deur die diefwering gegee en hy is weer daar weg.

Joey Potgieter ná die aanval. Foto: Facebook

Later het Potgieter na buite gegaan om haar plante nat te lei en sy is daar deur dieselfde man oorval en in die huis ingedwing. “Hy het haar op die grond vasgedruk en aangerand, en haar ring van haar vinger afgeruk. Daarna het hy gevlug,” het Prinsloo gesê. Potgieter kon daarin slaag om na haar buurvrou te strompel vir hulp en sy is na ʼn hospitaal geneem.

Volgens Prinsloo het polisiebeamptes ná die aanval in die omgewing van die woonstel na die aanvaller gesoek, maar kon hy nie opgespoor word nie. Niemand is sedertdien nog in hegtenis geneem nie.

Potgieter se een seun, Evert, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy ma het beserings aan haar kop en ribbes en kneusplekke in haar gesig opgedoen. Hy het gesê Potgieter is vanoggend saam met haar ander seun Pretoria toe nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, en sal daar berading ontvang.

Die plaaslike polisiewoordvoerder kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Dina ·

Omdat dit tyd is dat foto’s van geweld in SA die wêreld in gestuur word.

Nickey ·

Ons land het het ‘n Godelike ingryping nodig
Baie sterkte aan hierdie gesin. Mag God julle die nodige wysheid, genade en liefde gee.
Ons bid vir haar

Ronnie ·

Sjoe, tannie, ek is so jammer oor wat tannie moet deurmaak. Ek dink aan tannie.

Annie ·

Hoop tannie word gou beter en dat die gemors vinnig gevang gaan word, die persoon wat hom kry moet hom ook so martel en laat seerkry. Hy is ‘n VARK!!!!!!!!!!!!

ECT ·

Ai, ai ………..

Sterkte aan die tannie – hoop sy herstel spoedig en verwerk die trauma.

Hierdie is PRESIES my standpunt hoekom ek NIKS vir NIEMAND gee nie. Ek gee NIEMAND ‘n saamrygeleentheid nie, ek gee NIEMAND geld nie, ek gee NIEMAND kos of water wat daarvoor by my kom vra nie. Ek gee NIEMAND die kans om my te beroof of aan te rand nie. Jammer, maar ook glad nie jammer nie.

Afrikaanse Knaap ·

Hierdie tannie klink soos een van God se kinders. Die man wat haar so aangeval het se dae is getel. Want as jy dit aan die minste van Sy kinders doen, gaan Hy dit aan jou doen.

V ·

Wat ‘n MAN! Hy kan ‘n tingerige ou vroutjie aanrand maar nie sy hande optel om te werk nie… Kan net dink wat se stories van brawade hy vannaand om die kampvuur met sy kamerade moet deel…

marius ·

dit moet lees..’n onbekende lafaard.. my magtig hoe dapper om dit aan ‘n ou tannie te doen.

Gesiggie ·

Joey ek voel so bitter jammer vir jou, mag hul die vark vining vang wat aan jou soveel leed aangedoen het… Mag jy gou herstel van die seer wat jy binne jou het. Wie ook al die vrou so aangerand het.. jou dag kom …

Stefaans ·

Dis hoekom ek nie kos, geld uitdeel aan leegleêrs of gomsnuifers nie. Hulle kyk jou uit en gooi ook n vinnige oog deur jou erf net om te kyk wat gesteel kan word. Ek staan nie 4 uur in die oggend op om vir n ding te sorg wat opstaan as die son warm skyn en daarvan af gaan kyk wat hy kan score vir die dag nie.

Dis tragies dat die goed ewig gaan vir bejaardes, hulle aanrand, martel en vermoor.

Party mense is te goedhartig net om betaal te word deur n marteling sessie of beroof word.

Hoop die tannie sterk goed aan.

Christa ·

Ai, my tannie…hoe seer is daardie ou liggaampie nie. En watter emosies beleef die hart! Wees dapper en sterk soos ons voorsate, Tannie Joey. Mag die Here Tannie ondersteun, genees en optel in Sy krag.

André ·

Daar gaan eendag duisende van hierdie lafharde (ek wil baie graag ‘n ander woord gebruik) in die hel wees. Hulle gaan die mense wat hulle aangerand, verkrag, gemartel en doodgemaak het smeek om hulle te help, maar hulle sal vir ewig brand in die poel van vuur. Hulle plek is klaar gereed gemaak. Die pad wat hulle volg is baie breëd.
Dis ontsettend moeilik om mens se vyande lief te hê, veral as hulle mens se geliefdes en diere doodmaak! Ek weet nie hoe mens dit regkry nie. Ek dink net God kan, want Hy is volmaak!

Leahim ·

Met n beter beskrywing van die verdagte kan ander lewens gespaar word dink jy nie so?

Elsa ·

Waarom kan die WEERMAG nie op elke dorp ontplooi word om te beskerm nie? moenie vra watter weermag, daar is ‘n WEERMAG en moet in ons land se elke dorp en Voorstad ontpooi word gouer as gou… Ons uitroepe is na ons Hemelse Vader vir WYSHEID en slim leiers wat aandag sal gee aan al die bose dade ,,,aandag moet prioriteit geniet in ook hierdie saak…ons verdien nie hierdie wettelose optredes nie…polisie en sekuriteite moet nou ontplooi word en SIGBAAR wees

Elsa ·

Bgetroubare polisie moet sigbaar wees oral sodat daar veiliheid sigbaar kan wees….begin net om daar te wees sodat die soort van onreg uitgewis kan word…Waarvoor wag die oerheid dan nog…hou op talm en dorn jul deel teen inwoners van elke dorp

A ·

Elsa jy speel seker. Het jy gesien waaruit bestaan die weermag?

Bee ·

Maar kom ons skoonheid vir Mej Wêreld trek tog die “afrika pakkkie” aan, wys die wêreld aan wie behoort hierdie land!
Maak my briesend om te dink hulle maak so met ons witmense wat weerloos is, en ons almal is maar net okay met dit en staan terug en wag tot dit ons beurt is. Genoeg is genoeg en ek bid dat die wat ruggrate het sal begin VEG vir wat ons sinne is!

Hendrik ·

Ek weet dat wat ek nou se/vra nogal baie druk op ons mans sit. Dit is tyd dat ons mans ons vroue, kinders en oumense se veiligheid moet verseker deur buurtwagte aan te sluit. As daar nie is nie skep een en doen waarvoor ‘n man daarvoor is : beskerm, voorsien, toekoms vir ons kinders.

Tessa ·

Ai die arme tannie – en dit net vir haar trouring. Hemel, is dit nodig om ‘n ou mens so seer te maak?

quo vadis ·

SA is in n krisis en die duiwel is letterlik hier losgelaat

Israel ·

fout wat sy gemaak het om in die eerste plek met hom te praat , my antwoord aan hulle is altyd dieselfde gaan vra vir mandela vir n glas water en F van my grond af !

BANG JAN SE VROU ·

Gedurig word lesings aangebied om rassisme teen te werk, mense word aangese hoe om op te tree teenoor andervan ‘n ander kleur en nasionaliteit, MAAAAAAR rassisme word aangewakker en aangevuur soos dit wat nou met hierdie bejaarde vrou gebeur het.

Theresa ·

Vreeslik!! Mev. Potgieter – ons hoop jy lees al die medelye met jou pyn en die ongelooflike trauma waardeur jy is met hierdie nydige, martel-aanranding. Hoop jy sterk aan en dat die fisiese wonde vinnig genees. Hoop jy het ‘n puik trauma berader wat ook die ander wonde laat genees. Moet asseblief nooit weer jou deur oopmaak nadat so ‘n vreemdeling kom “water vra”het nie. Dis ‘n manier om op ons gevoelens te speel. Iets waarin hierdie tipe mens bitter goed is. Kyk maar op straathoeke en selfs in winkels deesdae. Dis ‘n geteem oor hoe swaar dit en hoe swaar dat. En dit word steeds (want dit was altyd so) van ons verwag om te gee. Ongelukkig vir al die vraers, moet mens ophou gee. Daar is talle gevalle waar ‘n goedbedoelende persoon so aangerand word. So besteel word van iets kosbaars! Soms selfs keelaf gesny word (ja, nog nie hier gelees nie – maar dit gebeur wel!).
Nee. Vreemde gesig voor tralies – maak summier die deur toe en moenie uitgaan, buiten as die buurtwag of ‘n ander tipe veiligheidsplek kom ondersoek instel het nie. Asb. Foto van die ring, asb. Iemand kan dit dalk iewers opmerk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.