Bejaarde wat gras sny, doodgeskok

Grassnyer. (Foto: Pixabay)

ʼn Bejaarde man is Maandagoggend dood aangetref by sy huis in Vereeniging. Hy is vermoedelik geskok terwyl hy gras gesny het. Volgens paramedici is die man in sy 80’s.

Paramedici is ontbied en het ongeveer 08:00 Maandag by sy huis opgedaag. “Ons is ontbied nadat die man se bure sy liggaam in die tuin aangetref het,” sê Russel Meiring, ER24 se woordvoerder. “Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy al ʼn geruime tyd dood is.”

Meiring sê hulle kon niks meer vir die man doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.

“Volgens ons inligting was die man besig om die gras te sny toe die grassnyer klaarblyklik die kragkabel gesny het. Die plaaslike owerhede was op die toneel om die voorval verder te ondersoek,” sê Meiring.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dubbelloop ·

Ai so erg as mens dit lees. Flukse en fikse ou omie om steeds sy tuin se gras te sny. (Dit was netnie daai grassnyer op die foto nie.)
Sterkte vir sy familie.

elektriese grasnyer hater ·

dis hoekom ek niks van elektriese grasnyers hou nie. ek verkies petrol grassnyer

RR ·

So hartseer, al gewonder die tuin-en skoonmaakdienste maak elke 10de kliënt ‘n naaste liefdediens aan ‘n pensioenares(70+jaar) wat nog in eie huis bly en nie dienste kan bekostig; al is dit NET grassny of voorlangs huisskoon of vensterwas ek wéét jou hemelse bankrekening sal eendag nie leeg wees nie. Gewoonlik weet bure vra rond of die mense sulke dienste kan bekostig of nié.

Gemaskerde Sopbeen ·

As die oompie maar net ‘n grassnyer soos op die foto gebruik het, was daar nie ‘n elektriese draad om af te sny en geskok te word nie…… Ek haal my hoed af vir ‘n 80 jarige wat nog sy eie gras sny.

anton ·

Iets se vir my dat daar fout was/is met die huis se elektriese bedrading of met die ”Earth Leakage” skakelaar op die hoof paneelbord.
As so iets gebeur moes die ”Mainboard” afgeskakel het. (Trip)
Mense moet vir veiligheid die ”Earth Leakage” skakelaar op hulle hoof paneelbord gereeld toets om seker te maak dit funksioneer nog reg. (Druk die wit knoppie)

Tom ·

Ek het ‘n battery aangedrewe grassnyer aangeskaf. Sal nooit weer iets anders gebruik nie.

jennefer ·

As dit jou tyd is om te gaan, dan gaan jy. Hopelik ken jy Hom wat aan die ander kant vir jou welkom heet.

Willie ·

Die krag moes uitgeskop het… wonder of die perseel n krag sertifikaat het?

Meisie ·

RR ek is 20 jaar al wedewee. Welaf bure reg rondom my en nog nooit het iemand my gevra of ek enige hulp nodig het, ook nie na my seun se afsterwe.

Anel ·

Ek het al paar keer die kabel raak gegrassny en ek lewe nog. Is ook nie geskok nie. Alles skop uit. So iets was nie lekker by die ou oom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.