Bejaarde wat vroeër in tehuis gestamp is, kry beroerte

Elize Devenish (79) het na die val boonop ‘n beroerte gehad. (Foto: verskaf)

Die 79-jarige vrou van Bloemfontein wat haar hand ernstig beseer het toe ʼn tehuiswerker haar omgestamp het, het boonop ʼn beroerte gehad.

Elize Devenish, ʼn inwoner van die Ons Tuiste-oord vir bejaardes in Bloemfontein, is verlede maand ernstig beseer toe ʼn kombuiswerker haar in die eetsaal van die tehuis in ʼn onderonsie gestamp het.

Devenish het ʼn hele ruk lank hulpeloos op die vloer gelê terwyl die werker met haar take aangegaan het. ʼn Verpleegkundige, wat ook in die eetsaal aangekom het, het Devenish óók ʼn ruk lank só laat lê voordat sy eindelik opgehelp is.

Albei werkers is intussen afgedank. Die kombuiswerker, Cynthia Lebea (55), word ook strafregtelik vervolg.

Charl, Devenish se seun, het gesê sy ma is verlede naweek in die Mediclinic in die stad opgeneem, nadat sy van buikpyn gekla het. ʼn Sonar het gewys Devenish het galstene en dit is die afgelope week verwyder.

Devenish moes op die dag waarop die voorval by die tehuis gebeur het, ʼn neuroloog besoek, maar kon weens haar besering nie dié afspraak nakom nie. Intussen het Charl gevra dat ʼn neuroloog haar nou, terwyl sy in die hospitaal is, ondersoek.

“Hy het gesê sy het iewers in die afgelope week of twee ʼn beroerte gehad,” sê Charl.

Volgens hom is dit moeilik om met sekerheid te sê dat die vroeëre val en die beroerte verband hou, maar dit is duidelik dat die gebeure van al die afgelope ruk beslis sy tol geëis het. “Iets moes ingegee het,” sê hy.

Devenish se hand, wat sy tydens die voorval ernstig beseer het, is steeds in gips.

Sy maak ook nog van ʼn rolstoel gebruik en ondergaan intensiewe fisioterapie om haar te help om so gou moontlik weer op die been te kom.

Sy ma is in dié stadium ook nog ʼn bietjie deurmekaar, sê Charl. “Vóór die val was sy heeltemal mobiel, sy het na haarself omgesien.”

Devenish word moontlik later vandag ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Danie ·

Ek verstaan nie hoe sulke mense werk kry by ‘n aftree oord nie. Nie een van die 2 moet daar werk nie. Hoop hulle word ontslaan

Lia ·

Danie, lees weer die berig……..albei van hulle is afgedank en die kombuiswerker word ook strafregterlik vervolg….

Gert ·

Sulke weknemers moet nie ontslaan word nie, hulle behoort summier weggejaag te word!!!!

Petro ·

Ai my tannie, ek bid dat tannie vinnig gesond word en weer self goedjies kan doen!!

Pampoen ·

Altwee werker moet straf regte like aan gekla word. Sterkte tannie.

Liekie ·

Genade – maar dis hartseer !!
Ek hoop die ou tanie sterk mooi aan.

lh ·

Tannie Elize, ek bly vir jou bid, vir spoedige genesing en ook dat geregtigheid sal geskied oor die uiters SWAK behandeling wat jy moes verduur. Ek bid ook dat jy binnekort weer al jou eie goedjies vir jouself sal kan doen. STERKTE xxxx

Grassie ·

Ek wonder hoeveel bejaardes in versorgingsplekke word afgeknou waar daar nie ‘n getuie of kamera naby is nie, Alzheimer en demensielyers is nie in staat om te kla nie en die verswakte ander is bang vir gevolge as hulle kla.

JohanL ·

Grassie, baie, baie geldige vraag en kommer wat jy uitspreek. En mens betaal TEN DUURSTE om mense met sulke probleme in daardie tipe versorgingsplekke te laat versorg. Iewers is daar groot fout met ons gesondheidsorg stelsel vir ons oues van dae.

Issabelle ·

Grassie , glo my daar is honderde oumense wat nie met respek behandel word nie . … ek het dit self ondervind toe my ma in die ouetehuis was …. die manier waarop daar met die oumense gepraat word …. daar word behoorlik hard handig met die oumense gewerk …. die werkers het geen simpatie , empatie …. liefde of enige iets teenoor enige oumens nie …. dit is uiters skandelik …. tragies …. hartseer …. skokkend …. die familie betaal ten duurste vir hulle geliefdes ….

Hartseer ·

Ek verstaan iets nie, die kombuiswerkster se naam word bekend gemaak, hoekom nie sommer die verpleegster se naam ook nie? Hopenlik word sy geskors deur die verpleegstersraad?

Pinkie ·

Die tipe mense is orals. My bejaarde pa is in ‘n privaat hospitaal opgeneem en hulle het vir 4 dae glad nie na hom omgesien nie. Hulle sê oupa lieg. Eers na ek en my broer by die hospitaal se bestuurder gaan kla het, het die diens ewe skielik verbeter en het hulle my pa, wat nog helder van verstand is, begin beter behandel.

Susan ·

Ag, baie ou mense word mishandle in Tehuise. (Gelukkig nie almal nie). En kla die kinders, word die mishandeling erger. Onthou jul so ‘n tyd gelede van die ou Tante wat so op haar bed neergegooi is. Haar kinders het skelmpies ‘n kamera in haar kamer versteek en alles is opgeneem. Ek dink dit is wat almal moet doen om hierdie tipe behandeling stop te sit. Dit kos ‘n plaas se geld om in ‘n versorgingsoord te bly. En om dan vir ‘n ou bakkie jogurt so behandel te word, is baie baie erg. Sterkte Tannie.

MAB ·

By ons aftree-oord word ook ouer persone (80-jariges) aangerand… jy kom teen ‘n muur te staan… help ons God asb.

GM ·

Hulle moet verantwoordelik gehou word vir die mediese onkostes, dalk sal hul dan begin om die oueres met respek te behandel.

anita ·

Ja Martha Marais eis duisende hoop die tannie se kinders eis ook.

Anne ·

Baie sterkte tannie. Ek is so jammer dat dit met jou gebeur het.
Ek hoop dat ‘n klag van aanranding by die polisie aangemeld is. En ek hoop ook tannie se familie en vriende het fondse om hierdie mense persoonlik te vervolg. Daar’s dan nog pyn en lyding waarvoor u kan eis. Word gou gesond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.