Bejaarde weduwee op Moedersdag vermoor

Annatjie Kruger (links), haar kleindogter, Amor Adlem, en dogter, Thea Pringle. Foto: Verskaf.

Annatjie Kruger (links), haar kleindogter, Amor Adlem, en dogter, Thea Pringle. Foto: Verskaf.

Toe die bejaarde Annatjie Kruger nie Sondagoggend vir kerk opgedaag het nie, het gemeentelede dadelik onraad gemerk.

“Ek wens mense kan eendag van my lewe só getuig dat as hulle my nie in die kerk kry nie, daar iets fout is,” het Amor Adlem, Kruger se kleindogter, aan Maroela Media gesê. Kruger, ʼn jare lange inwoner van Orkney in Noordwes en weduwee van evangelis Pieter Ernst Kruger, se liggaam is Sondag laatmiddag in haar woonstel in Dickenslaan gevind. Sy het Dinsdag haar 89ste verjaardag gevier.

Adlem, wat in Nelspruit in Mpumalanga woon, het gesê sy en haar ma, Thea Pringle, wat in Swaziland woon, het Sondag begin onraad merk toe hulle Annatjie wou bel om haar ʼn gelukkige Moedersdag toe te wens, maar nie in die hande kon kry nie.

“Ons praat gereeld met my ouma oor die telefoon omdat ons so ver is,” het Adlem gesê. “Ons het aanvanklik gedink sy is in die kerk, maar toe haar gemeentelede ná kerk navraag doen oor waar sy was, het ons geweet iets skort. Sy was altyd in die kerk en dit was deel van haar roetine.”

Die gesin het by die buurvrou navraag gedoen wat gaan ondersoek instel het. “Sy het geklop, maar my ouma het nie die deur oopgemaak nie. Haar foksterriër, Lyla, het net van binne af geblaf en haar motor was weg.”

Adlem het omstreeks 16:00 uit desperaatheid ʼn vriendin wat op die dorp woon en ʼn polisiebeampte is, gebel en gevra of hulle nie kan gaan ondersoek instel nie. Nadat Kruger se woonsteldeur oopgebreek is, het die polisie en Pringle se neef, Leon Jacobs, omstreeks 17:00 Kruger se liggaam in haar kerkklere op die vloer van haar slaapkamer aangetref. Sy het ʼn snywond aan haar keel gehad.

Kruger se klein televisie met haasoorantenna, ʼn selfoon ter waarde van skaars R300, beursie en haar motor, ʼn wit Mercedes met die registrasienommer HSR 643 NW, word vermis.

“Lyla het my ouma nog probeer oppas toe die polisie daar aangekom het en wou diegene byt wat naby haar liggaam gekom het.” Lyla word tans deur Kruger se buurvrou versorg. Haar papegaai, Krappie, is in die sorg van Adlem se polisievriendin.

Adlem het gesê Kruger se buurvrou het nog Sondagoggend gehoor toe sy Lyla buitentoe laat gaan het. Nog omliggende inwoners in die klein kompleks waar Kruger gewoon het, het gesê hulle het haar voertuig nog voor 08:00 opgemerk en daarna aangeneem sy is daarmee kerk toe.

Dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. Adlem beskryf haar ouma as ʼn baie gelowige mens met ʼn goeie hart wat met die min pensioengeld wat sy verdien het, ander sou help. “Sy sou gereeld bestanddele aankoop en dan sop en broodjies aan hulpbehoewendes uitdeel.” Haar man is in 1979 in die Ou Apostoliese kerk in Orkney oorlede nadat hy ʼn diens gelewer het. Kruger het steeds daar eredienste bygewoon.

“Ek sal haar onthou vir baie dinge, maar haar grootste nalatenskap is haar voorbeeld as mens met ʼn getroue verhouding met die Here. Sy laat ʼn groot leemte vir die familie en in die gemeenskap.”

Adlem het gesê hulle sal Kruger se lewe gedenk. “Sy kon mooi klavier en orrel speel en het nog steeds in die koor gesing. Ons sal haar daarvoor onthou.”

Kruger se begrafnisreëlings is nog nie getref nie, maar sy sal langs haar man in die begraafplaas op die dorp begrawe word.

Sy laat haar dogter, Pringle, suster, Meisie van Tonder, en drie kleinkinders agter. Hulle is Adlem, Bianca van Biljon en Pieter van Biljon.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van moord, roof en motordiefstal word deur die Orkney-polisie ondersoek. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie en haar motor is steeds soek.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om die Orkney-polisie by 018 473 2111 of kapt. Wilbers by 082 373 8216 te bel as hulle Kruger se motor opmerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Otter ·

Dit doen mens leed om hiervan te hoor. Die slagoffees is nie net ‘n statistiek met ID nommer nie, dis iemand se ouma, ma, eggenote, vriendin, suster in die gemeente, werkgewer, verlangse familie van my vrou wat ‘n nooi Kruger is

Theresa ·

Innige simpatie aan al die familie. Wat ‘n skok! Mag die oortreder spoedig aangekeer word en ‘n erge straf opgelê word. Ongelukkig bring dit steeds nie jul staatmaker ouma terug nie.
Moordenaars moet lewenslank uit die samelewing verwyder word.

Karma ·

Dit is SO, SO, SO hartseer!!! Hierdie 89-jarige ou dame het NIEMAND niks gedoen nie; sy het met haar karige (seker staats-) pensioen nog vir mense sop en brood gemaak en uitgedeel. Om die Polisie te blameer hiervoor, is nie regverdig nie. DIe Polisie (ten minste sommige van hulle) is nie die kriminele nie. Die eis en vraag moet gestel word voor mnr. Zuma en die ANC: hierdie was ‘n bejaarde, onskuldige dame (hoewel wit): mnr. Zuma en waarnemende Nasionale Polisie-Kommissaris Lieutenant-General Khomotso Phahlane, wat doen JULLE omtrent die misdaad in die land? Hoekom moes hierdie ou dame hierdie wrede dood sterf? Dink net hoe beangs sy moes wees! SLUIT en PATROLLEER ons land se grense soos dit altyd was, mnr. Malusi Gigaba, Hoof van Binnelandse Sake – keer die massas Noord- en Middellandse Afrikane wat met hul wreedheid ons land beleër en betree! Eers DAN sal Suid-Afrika weer (in ‘n mate) die land van (redelike) veiligheid word – as ons die Fariseërs uit die land hou.

Sterkte aan die familie, gesin, kinders, kleinkinders ens. van hierdie dierbare ou dame, wat so wreed – en dit op Moedersdag! – gesterf het. :-((((

Eileen ·

Wat ‘n pragtige oumatjie met sagte oë wat op so ‘n wrede manier moes gaan. Sterkte aan die familie, en mag die skuldiges gou aan die pen ry.

Catherine Mendel ·

My innige medelye aan haar kinders en familie….maar ek wil net vir julle hierdie vers uit die Heilige Skrif gee…

Openbaring 20:4

“En ek het Trone gesien…en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee: en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die Woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en hand nie ontvang het nie; hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.”

Satan het haar gehaat oor haar getuienis, en hy het sy handlangers gestuur om haar lewe te neem…maar die tyd sal kom wanneer ons Heiland terugkeer…en Sy lone is by hom…. Vir die wat goed gedoen het, en ook vir die wat sleg gedoen het….

Liefdegroete en sterkte….vanuit Israel….

foxi ·

Alle meegevoel aan die familie.
Gaan dit ooit ophou……..? Nee!!!!
En so word ons volksgenote elke dag nog bitterder.
Jy kan n leeu in n hok tart en tart……maar sodra daardie leeu uit die hok los gekom het……weet ons wat die nagevolge gaan wees.■■■■

m ·

Ai tog so onnodig en baie hartseer. Mens het nie woorde nie…… Baie sterkte aan die familie in hierdie tyd.

Melt Olckers ·

My innige simpatie en meegevoel met die familie, kerk-familie, en vriende van Suster Kruger. Ons kan ons daarin vertroos dat sy die Kroon van Oorwinning sal ontvang uit die hand van haar Verlosser, Jesus Christus.

johann cb ·

Ons innige simpatie aan die familie en vriende. Hopelik word die moordenaars binnekort vasgetrek.
My moeder is 92 en ek vrees as ek dink wat met die bejaardes gebeur – hulle is behuplsaam, dog kwesbaar.
Mag die booswigte hulle dag kry. Sterkte.

So so hartseer ·

Dit is net sooo sooo hartseer, ek wil gil MENSE REGTE SIEN JULLE WAT JULLE DOEN, jul gee moordenaars die reg om te lewe en die goed te doen. Hoe kan so eerbare oumatjie, se reg op lewe net so geneem word. Julle moet met dieselfde reel optree, elke mens het die reg op lewe, hierdie oumatjie ook, nee man julle faal haar. Dit is nie reg dat sy op pad kerk toe, so wreed vermoor word nie, dink net aan haar bang, haar weerloosheid, sulke tye raak mens se gedagtes woes en wil jy wens dat iemand jul vroegoggend besoek en met ‘n mes bydam, dalk sal dit jul laat wakker skrik. Doodstraf moet terug. Aan oumatjie se familie, ons is saam met julle hartseer.

Mariska Freitag ·

Amor! Bianca!! Ek is so jammer!!! Ouma was n jare lange vriendin van my ouma wat ook al n paar jaar oorlede is. Ek is so jammer vir hoe ouma se laaste Moedersdag ge eindig het!!!

Mpie ·

Trane in my oë… Het die tannie nie geken nie, maar my hart is seer vir haar familielede, troeteldiere en almal wat haar persoonlik geken het. So so jammer dat sy so wreed moes sterf. RIV tannie!

willie ·

Ai wat n hartseer gebeurtenis! Hoe lafhartig en agterbaks om oumense so te besteel, beroof en wreed vermoor. Zuma die bloed op jou en jou kaders se hande!

Testertjie ·

Ai dis so onnodig kon hulle haar nie maar net vasgemaak het nie. Het haar geken. Jy kon haar altyd deur ‘n ring trek. Ons innige simpatie.

Engelie ·

Dit is ‘n skande … My pleidooie is om alles te vat maar moenie die mense so vermoor nie, sy was bejaard en onskuldig. Ek het my eie moeder verloor in Januarie 2016 en ek het Sr Kruger gesien as daardie tannie wat my ma kon wees, selfde ouderdom en opreg met respek gese. Sy was altyd stiptelik en op haar plek in die Koor en Kerk. Perfeksionis, jy kon haar altyd deur ‘n ring trek met haredos wat elke Vrydag gedoen was by haar haarkapper. Gisteraand by die Kerk het ons Orrelis my meegedeel van haar afsterwe. Min het ek geweet dit was SO wreedaardig. Dis skokend, sy was nie ‘n klaerige persoon nie altyd ferm en opreg. Ons Innige meegevoel aan die Kruger Familie. Mag God jul vertroos in hierdie tyd van verlies en smart.

Gesiggie ·

Ai, hoe hartseer voel n mens nie om die storie te lees, n ou Tannie met n sagte hart vir ander, n dierbare mens wat nou op Moedersdag vermoor moes word…wat besiel die skurke, om so n ou mens te beroof van die bietjie wat sy besit”’ en dan haar lewe ook nog te neem…. Ek is so jammer vir hierdie Tannie se geliefdes…. mag jul vrede hervaar, en mag die moordenaars gevang word, en hard gestraf word… Orkney is n klein dorpie volgens wat ek weet, maar daat staan almal saam as n gemeendskap…. hierdie wrede optrede sal nie verby gesien word…Sterkte aan elke een vir wie die Tannie Lief was….

Vissie ·

Dis sulke absoluut laakbare dade wat mens baie swaar laat kry om nog die gebod van liefde teenoor jou naastes te handhaaf! Kon die vuilgoed nie maar net gevat het wat hy wou en die tannie net daar gelos het nie? Sy sou hom tog niks kon aangedoen het nie! Dis in sulke gevalle waar ‘n mens wens daar kon ‘n boendoehof gehou word en jy kon by wees!

antoinette ·

Nog n moord wat seketlik niks gaan van kom nie.Sterkte aan die familie geen woorde sal hulle pyn verlig nie.

Peet J ·

Hierdie moorde op ons bejaardes, vrouens en kinders kan grootliks toegeskryf word aan parasiteer.
Die Almagtige God gee en neem lewe daarom dat Hy die doodstraf ingestel het om die mens te verhoed om sy medemens te vermoor. Hierdie Wet van God die Almagtige wat deur die mens toegepas was het nie alleenlik moorde bekamp nie maar ook baie voornemende moordenaars afgeskrik.
My innige meegevoel aan die familie dit was so onnodig.

Anton Muller ·

Ek is n inwoner , nie ver van die Tannie af nie, ons sal hulle kry en die polissie sal hulle kry nadat ons met hulle klaar is. ONS SAL ONS STRAATE TERUG VAT, EN DIT BEGIN IN ORKNEY!!!!!!!!

Andrea van Vuren ·

Anton van Orkney. Tree na vore. Jy het ware leiers-einskappe. Vat julons eiendom terug! Steve Hofmeyr se lied Wat is U pan God, U plan met my?… is ‘n kreet van wanhoop en vrae oor die magteloosheid van ons blanke volk! God, openbaar asseblief U plan met ons?

AS ·

Ons moet weer in uitgebreide families begin SAAM WOON. Grootouers, kinders e kleinkinders! Dan sal ons baie veiliger wees – fisies, geestelik en ekonomies!!!

Sarah Havenga ·

Tannie Tia. Nig Amor ,Bianca en neef Pieter . baie sterkte in die swaar tyd . ons is saam jul in gebed. Het nie woorde nie . die skok is groot. Jul ouma was n ouma 1000 en n voorbeeld vir baie . haar plekkie gaan leeg wees . Maar sy leef voort in ons harte.

Leon Pit ·

n Bejaarde so weerloos hoekom net vat wat hul wil nie en los die persoon uit maar nee wreedheid moet toegepas word. Baie sterkte aan die familie God sal troos

MONTE ·

So onnodig…. Thea en familie, julle is in ons gebede.
Monte & Sonja

Mel ·

Ja ou tannie Kruger was welkbekend, dis verskriklik en het dit ni verdien ni, Mag geregtigheid seevier. Te veel moorde did Afgelope tyd, dis tyd dat daar opgetree moet word, ons dink aan julle as familie in hierdie tyd en bid dat julle vertroosting by ons Vader sal kry, Rus sag Pragtige Engel

alida ·

Hoe verwag hulle mens moet NIE rassisties wees nie. Siestog arme tannie.

Amanda Van Vuuren ·

Ek het nie woorde om te beskryf hoe ek hieroor voel wat ek hier kan gebruik nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

PA Pienaar ·

Ons bly in ‘n oorbevolkte land met ‘n klomp sielkundige siek en slegte mense.
Die “rope” kon baie van hulle uit die samenlewing verwyder het.
Die wette wat ons regering daar gestel het, beteken niks.

Saartjie ·

Ek stem saam met Apie. Die “rope” is al wat gaan help.

L van Boksburg ·

Dis so hartseer…die mense wat agter bly het groot seer baie groot!………ek wens dat die hoe koppe soos Malema en Zuma kan groooot plakate en toesprake gee…orals om te se…Stop the killings!!! Mense dis baie erg wat buite in ons land gebeur. Ons kan net bid en op God vertrou..
»»»»»My moeder was net so wreed vermoor»»» dis groot eina”s.

Mag ·

Dit is volksmoord, oor en uit. Ek het my Moeder van 86, in Des, a.g.v. ‘n ongeluk verloor, en dit is eindelose trane, Hierdie is ongelooflik hartseer, so bly my Moedertjie is ‘n erger lot as ‘n motorongeluk gespaar. My trane rol saam met julle… my hart is seer, al het ek haar nie geken nie. Dit is NIE die manier om te gaan nie :-( Sterkte.

Stienie ·

Meneer/mevrou Pienaar, ‘n mens het meer van u soort nodig.

S coetzee ·

Dit is baie hartseer. Altyd die onskuldige mense wat om die lewe gebring word.

M Joubert ·

Sy was baie lief vir die vorige koor meester en vrou. Sy het nog in die myn huis gebly in Orkney, en as hulle van die Kaap af gekom hetvom te kuier mag hulle nooit weg gery het voor hulle by haar was nie. Hy het altyd gevra:”Tannie Annatjie, is jy nie bang so alleen nie? ” Haar antwoord was “Nee…. glad nie.” “Maar… my vrees is dat hulle my sal vermoor” en dat haar lewe so moet eindig op haar vrees. Ons wens die familie baie sterkte toe… en ons gebede gaan uit na julle toe. Ons harte is baie seer oor haar…. sy was waarlik n vrou van groot aansien in baie van onse lewens. En hoop dat die boos doeners aan gekeer sal word en wens hulle kan so gestraf word soos wat hulle haar te na gekom het.

Sokkies ·

Dis SO SO hartseer!! Geen woorde kan gevoel beskryf! Na SOVEEL inbrake in Orkney van die 29ste April tot vandag…..en toe nog die wrede moord op ,,,’n onskuldige Christen…..wat nog Heer wat NOG? Sterkte aan die families en almal wat haar lief het

Michelle ·

My broer is ook vermoor so ek verstaan die vrae en hartseer baie goed. Baie sterkte aan alle familie en ook mense wat aangeraak is deur hierdie grusame moord. Wees sterk

Velie Makwakwa ·

I may be black but I so not condone the ssenseless killings like this one. May the grant the Kruger family and the community who was touched by the life of “Tannie Annatjie ” the desired comfort and may the good Lord intervene on our behalf and ensure that those responsible for murder and senseless killing are arrested and justice be done…we serve a living God. ” Tannie Annatjie ” was a God fearing person and God will never allow his people to be murdered and the criminals go free.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.