Bejaarde wewenaar op Lydenburg-kleinhoewe aangeval

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Johan Prinsloo (73), ʼn wewenaar, is beseer nadat ʼn onbekende aantal verdagtes hom Vrydagaand op sy kleinhoewe in die Potloodspruit-omgewing, buite Lydenburg in Mpumalanga, aangerand en beroof het.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Prinsloo, wat alleen op die kleinhoewe woon sedert sy vrou verlede jaar oorlede is, se vriend, Jan Horn, het hom Vrydagaand besoek en omstreeks 20:30 gery.

“Horn is Saterdagoggend omstreeks 07:30 terug na Prinsloo se huis, waar hy Prinsloo vasgebind in ʼn stoel aangetref het,” het Hlathi gesê. “Prinsloo was magteloos, hy het ʼn oop wond aan sy kop gehad en sy hele gesig was blou en geswel.”

Horn sê Prinsloo het vertel die aanvallers het “iets soos ʼn kombers” oor hom gegooi toe hy die hek gaan sluit het. Hy is met ʼn harde voorwerp oor die kop geslaan, waarna hy op die grond geval het.

“Die verdagtes het sy bankkaart afgeneem en hom gedwing om sy pinkode te gee. Hy het saamgewerk en dit vir hulle gegee, maar gesê daar is net R90 in die rekening.”

Die verdagtes het hom die huis in gedwing en met elektriese kabels vasgebind. Hulle het in Prinsloo se wit Isuzu enkelkajuitbakkie, met die registrasienommer BB 69 SG GP en ʼn .22-geweer op vlug die geslaan. Dit is nog nie bekend of nog iets uit die huis gesteel is nie.

Horn het die voorval by die polisie aangemeld en nooddienste ontbied. Paramedici van Netcare 911 het hom op die toneel gestabiliseer en na die Lydenburg- mediese sentrum geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan in die ondersoek. Mense met inligting of wat Prinsloo se bakkie opmerk, word versoek om kapt. Fannie Mashele by 076 368 1141 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Pieter ·

Pieter,
Dit is wat op die klagstaat staan want vir Pietser en die anc, eff en da is poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig beseer mos billike diskriminasie.

Slangetjie pik ·

Ou Cherokee, sit jy nou soos slangetjie pik en wag net dat iemand n tik fout maak om te pik! Lees maar die keer stadiger, n leidraad, sy vriend het hom Vrydagaand sowel as Saterdagoggend besoek…..

Johan van Staden ·

Jy verstaan nie mooi dis die veiligheids hek by sy huis…. Kry eers al die korrekte informasie voor jy oordeel

Grassie ·

Ian – nee man, jy is nou onnodig stief teenoor daardie oubaas. Hy het die hek gaan toemaak toe sy gas gery het, dit is mos normaal. Onthou, hy is die slagoffer in die voorval, nie die oortreder nie. Jou “as jy nie wil hoor nie moet jy maar wakker word” is ‘n baie gevoellose opmerking teenoor ‘n beseerde bejaarde man.

Alida ·

Ai shame man arme oom. Hoop hy word gou beter en gaan bly elders.

Wanda ·

Ek verstaan glad nie hoe kan mense op afgelee plekke nog so laat kuier nie, veral op daai ouderdom. Ek sou voorstel slaap oor. Ek is vrou alleen op ons plasie in groot marico. Dien als self van gras sny, tuin in stand hou en huiswerk. My man moet weens omstandighede in die buiteland werk. Is 3maande daar en 20 dae terug. Hy het als moontlik gedoen om vir my die huis te beveilig. My 2 hondjies slaap binne en daar is kameras reg rondom die huis. My slaapkamer gaan jy met n bom moet oop skiet om by my uit te kom. Natuurlik my pistool by my, 3uur is als gesluit tot die volgende dag. Met die Here se genade het hier nog nooit iets gebeur in 9 jaar nie.

antonie ·

haai Wanda, hou maar n paar brandblussers in jou slaapkamer, die aanvaller mos n intense drang om alles wat hulle nie kan verwoes , steel of breek nie af te brand

Cherokee ·

Askies Phillip, vir wat ek oor die tyd gesê het – verkeerd gelees :-)

Kasper ·

Nee want die ANC se beleid is nou om witmense uit te vee so aanranding en poging tot moord is nou offisieel nie meer onwettig nie.

AL ·

Stem saam met jou. N Bejaarde man is geen bedreiging nie. Wys jou siek ons land. In ander lande sou drukgroepe opgestaan het en druk op die Regering te plaas. Ons betaal immers belasting sodat dit hul plig is om verantwoordbaar te eees

Sarie ·

Sus, ek stem saam met jou. Waarom nie poging tot moord ook nie ?????? Ek wonder maar net indien dit een van ons ander landgenote was wat aangeval was? Dan was die hele Media en ‘n klomp betogers daar wat geskree het : RASSISME !!!!!

oumie ·

Ek is besig om kwaad te word baie kwaad te word iemand moet iets doen voor ek iets doen en ook op die koerant beland

Mika Fourie ·

Daar is niemand gearresteer nie…..hoe praat jy van verdagtes? Noem die ding by sy naam….dit is terroriste….jy staan vir die waarheid of jy staan vir die leuen….watter kant staan jy?

Lynette ·

SKYBIRD: Daar is nie meer iets soos “die veiligheid van jou motor” nie. Nêrens is ons meer veilig nie.

Gert Steenkamp ·

Dis tyd dat ons bymekaar kom in al die areas en behoorlik besin. As hulle kan uitroei, ons is slimmer en kan dit beter beplan en dit so doen dat niemand weet.

Werner ·

Nasionale Konserwatiewe Party loots hierdie maand n groot bymekaarkom van eenheid. Ek woon in Kaapstad, kan nie daar wees nie. Google gerus hul blad en ondersteun. Hierdie mense het begin om iets te doen,soos almal altyd opMM vra”wanneer gaan iemand iets doen?”Hulle prober iets doen en die eerste ding is, EENHEID.Ekt gister hul doelstellings bestudeer. Dis alles waarvoor ons Christen Boere Afrikaners staan. Tyd het gekom dat ons klein pettie goed eenkant sit en besef ons oorlewing hang daarvan af.
EENDRACHT MAAK MACHT.

Ja ·

Hoe gouer ons almal saam staan met VF Plus en Solidariteid om te help dat ons mense in SA weer veilig kan lewe.hoe gouer hoe beter! . Al moet hul ook n Muur bou

AL ·

Ek stem saam. Ons kan nie sit en niks doen. Ek is maar n gewone burger wat stemloos is, maar saam kan ons n verskil maak en eendrag maak mag.

Kobud ·

Ian en Skybird. Dis my swaer wat aangeval is.Johan is my seun wat meer inligting het as wat in die besig weergegee word. Die kommentaar wat beide van julle lewer is tipies van mense wat net die hefte van die waarheid weet. Hy was reeds in sy huis en besig om die veiligheidshek te sluit toe hulle hom oor die kop geslaan het en hom toe verder die huis ingedwing het. Hulle het toe iets soos ‘n kombers oor sy kop gegooi en sy hande met kabelbinders “cable ties” vasgebind. Daarna is hy verder aangerand en die huis omgekeer op soek na geld, wat hulle nie gekry het nie, en wapens. Toe is hulle met sy bakkie, beusie met bankkaarte en bestuurslisensie weg.
Hy is gelukkig ontslaan en sterk nou by die huis aan. Ons dank ons Hemelse Vader dat hy dit oorleef het.
Ek stel ook saam dat dit poging tot moord is. Huisroof is dit beslis nie. Hoop die gemors word gou vasgetrek

Pieter ·

Maroela jul beriggewing kom verdag voor!! In so geval kom betreding, aanranding, aanranding met doel om ernstig te beseer, poging tot moord, roof ens ter sprake!

Phillip ·

Dagsê Pieter

Ons kan net feite deurgee soos wat dit deur die polisie aan ons verskaf is. In die stadium ondersoek die polisie ‘n saak van huisroof. Dalk sal ander aanklagte later in die hof gebring word, soos wat die saak ondersoek vorder. Tot dan kan ons nie woorde in die polisie se mond sit nie.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Cherokee ·

So Pieter, jy dog toe dit is Maroela wat die klag lê. Dink weer.

Hanno ·

Dit is dieselfde storie oor en oor!
Teiken oumense, oorrompel of vermoor, vlug met die voertuig en vuurwapens (vir die volgende aanslag natuurlik)

Call n spade n Bleddie spade Maroela.
Dit is nou genoeg.
En oumense… Begin bietjie paraat raak. As jy n vuurwapen het moet hy nie in jou kluis lê nie. Die impi is teen die laer en hy soek net een ding…

Bejaard ·

Ek ook sogenaamd bejaard op 74 maar ek wag vir julle. Ja, skuim, ek wag vir julle. Dis so al asof ek uitsien daarna want ek is voorbereid alreeds die laaste 32 jaar. Waar is julle?

snoefie ·

Pieter, mm kan nie klagtes byvoeg of wegneem nie. net die sapd kan. maar as hulle sapd is soos die toestand van hulle paaie, is dit nag.

Helena ·

Tyd dat ons wittes n massa vergadering oproep sommer by n boer se plaas of by n plek waar ons saam kan trek, en n besluit neem oor n burgermag, en die bepalings rondom dit. Ek kan ni sien hoe ons mense en oumense so uitgewis word ni. Als di jong manne wat so rondlê by n robot, en jong seun en mans wat nie werk het ni. Lei hulle op, vrouens kan help in kantore en in die kombuise. Ek hoop regtig da is iemand wat kan help. Ons moet dit n ernstige gebeds saak maak.

Johnny ·

Al wat jy hoor is, die polisie ondersoek die saak……en nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie……….soms hoor jy die polisie volg n leidraad op.
Daarna hoor jy niks weer nie.
Dis tyd dat ons blanke volk saamstaan en begin iets doen aan die saak…..

Johann Barnard ·

Polisie kan hulle self nie eers ondersoek nie,te onnosel.

Scalla ·

Barbaars , lafaards wat ou mense teiken,hoop hulle boet vir hul dade, sterkte aan die oom

Net n voorstel ·

Kan die weduwees en wewenaars wat so alleen bly op hul plase,nie dalk blyplek gee vir die hawelose wit mense nie? Hul kan help op plaas,hulle is dan nie alleen nie,opleiding kan gegee word,beskerming word gebied,kan groente tuine aanplant, bou,vrugte bome plant,ens en dis n wen wen situasie. Of gee die plaas vir AfriForum vir permanente vrug gebruik om die Afrikaner wat sukkel n ordentlike Afrikaner nedersetting op te rig. Wens ek het n stuk grond gehad om te kon help. Baie sterkte en een of ander tyd sal ons moet beginne gee,help en bystaan. Jou goed is immers deur God gegee en geleen en vir jou om te geniet, dit behoort aan God. Lekker dag aan almal

oumie ·

Net n voorstel. Jy sê hom soos ek lankal try sê begin iemand ASB met die voorstel ASB

Alida ·

Net ‘n voorstel, wat laat jou dink as jou vel wit is, is jy eerlik, betroubaar en hardwerkend? Maak jou oe oop. Baie blankes wil nie werk nie want hulle ding die kleur van hul vel is ‘n paspoort hemel toe. Stel ondersoek in dan sal jy sien ek praat die waarheid. Jy moet objektief dink. Daar is miljoene swartes wat vir boere op plase werk met integriteit. Nie almal is moordernaars nie. Ek verafsku die gruwelike plaasmoorde maar mens moet objektief wees.

Johan Bester ·

Bly weg van sleg lui hawelose witmense.
Een het my suster vermoor na sy hom verblyf en bouwerk gegee het.Ek het een hier op plasie gehad n lopende ensiklopedie maar sleg .Gou in lokasie gelê ens.Moes hom hier verwyder toe hy aggrsief met my vrou raak.

Peet J ·

Ons kan bymekaar kom en ons kan die VF Plus, Solidariteit en AfriForum en wie ookal vra om te help dit gaan ons absoluut niks in die sak bring nie want ons weet nie eers wie is die vyand nie. Ons moet eers die vyand identifiseer, bv. is die vyand verbind met ‘n terroriste organisasie, is die aanvallers immigrante van omliggende lande of word hulle plaaslik gewerf en opgelei. Die SAPD en nou ook AfriForum behoort hierdie inligting wat brood nodig is aan die publiek beskikbaar te stel wanneer daar arrestasies gemaak word dit is mos voor die hand liggend dat hierdie aanvalle grootliks van toepassing is op sagte teikens nl. bejaardes. Terloops ek stem saam met Bejaard se kommentaar.

PMB ·

Ek het nie meer woorde oor om myself uit te druk nie. Die kriminele moor en plunder soos hulle wil en daar word nie veel aan dit gedoen nie. Durf jy n woord gebruik wat hulle aanstood neem dan maak jy dit to op TV!!! Maar die sinelose moorde en aanvalle op ons mense haal nie eers meer die hoofstroom media nie. Die land is in sy maai!!!!!

Basjab ·

Johan Bester jy het dit so raak gese. Jy maak net vir jouself nog baie meer ongerief en moeilikheid.. Daar is nie werksgeleenthede vir ons mede blankes nie maar soek iemand wat kwaliteit werk getrou vir jou moet doen……… jy kry nie so iemand onder hulle nie en op die ouend is jy vark in die verhaal en die slegste op aarde. Praat uit baie ondervinding het al n paar keer so iets probeer. Nee wat doen maar jou eie werk en skerp jou veiligheid op. Groete en sterkte

Pop ·

Gerd jy leef in n droom wêreld. Witmense kan nie saamwerk en sal jou so gou as moontlik loop verklik. Elke keer as n witte iets doen wat n oortreding is in die ANC se oë dan is dit n wit broer wat hom weg gegee het.

Francis ·

As ek n boer was sou ek alles wat ek geplant het in die grond ingeploeg . Wie het nou weer gesè kill a boer kill n farmer ? moes net by sé AND DIE OF HUNGER !!!!

Net n voorstel ·

Dankie oumie. Johan,eks verskriklik jammer oor jou slegte ondervinding. AfriForum sal presies weet vir wie hulle kan help en wie kansvaters is. Ons weet almal wie die vyand is. Daar is baie meer goeie ordentlike wit Afrikaners wat werk verloor het a.g.v transformasie, en se weer,die weduwees en wewenaars wat so alleen op plase bly,kan saam AfriForum n sukses maak met so n tipe projek. Vertrou regtig dat daar wel sulke wewenaars en weduwees is met n goedgesingeid in hul hart, wat so iets kan oorweeg. Dink net,goeie opleiding,skool,clinik,kos,verblyf en en en sal net goed wees. En leer van onafhanklik wees. Die vyand wil ons laat glo dat ons niks vir onsself kan doen wat nie waar is nie. Die vyand wil ons met tou intrek deur ons te laat glo ons is erg afhanklik van hom,ons moet verder dink,wyer kyk,begin doen,plan maak,en gee. Sterkte

janneman ·

Stem saan Johan Bester. Ek wil net n vraag vra. Elke landelike gebied is tog maar gelee na aan n dorp. Ek is redelik seker wboere weet presies wie hulle bure is, en dus sal die “jonger boere” tog weet wie die ouer en dus hoe risiko boere, enkel of nie is in hulle areas. Dis die mense na wie eerste uitgereik moet word om veiligheid op te skerp. My ouers is ook lankal reeds statistiek, want soos meeste van die ouer mense het hulle gedink hulle is voorbereid, maak nie saak joe swak die mondering was nie, en hulle was sommer hardkoppig, soos ek ook al baie ander tee gekom het. Daar is spesialiste in selfbeskerming, saam met wie ons behoorlike lesings aan die hoe risiko mense kan gaan aabied (ek is ook bereid om saam te gaan of lesings aan te bied), en anders as wat mense wil glo, is daar relatief goedkoop elektroniese maniere om ten minste betyds bewus te word van ongewenste elemente op hulle erwe, waarna die verdedigingsplan dan dadelik in werking gestel kan word, en die belangrikste daarvan is om NIE die veiligheid van jou huis te verlaat nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.