Bejaarde winkeleienaar skiet rower dood, wond makker

Argieffoto

Argieffoto

Die eienaar van ʼn drankwinkel in Benoni aan die Oos-Rand het Dinsdagmiddag ʼn vermeende rower in sy winkel doodgeskiet, en sy makker gewond.

Kapt. Mack Mngomezulu, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê vier mans het die man se winkel in Watville binnegekom en ʼn vuurwapen op hom gerig. “Die mans het die eienaar en sy werkers vasgebind, waarna hulle sigarette, drank en geld uit die kasregisters gesteel het.”

Die mans was besig om die winkel te verlaat, toe die eienaar homself bevry en sy vuurwapen gegryp het.

“Hy het twee van die verdagtes geskiet. Een van hulle is op die toneel dood. Dié verdagte was in besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Die ander drie het van die toneel gevlug.”

Die verdagte wat gewond is, is Dinsdagaand in ʼn hospitaal in Springs opgespoor. Hy is daar behandel vir ʼn koeëlwond.

Die ander twee medepligtiges is later die aand in hegtenis geneem. Twee vuurwapens en ammunisie is in hulle besit gevind.

Al drie verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Benoni-landdroshof verskyn.

Die eienaar staan nie op enige aanklagte tereg nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dave ·

re ‘Die eienaar staan nie op enige aanklag tereg nie.’
Pragtig!

Nadine ·

Welgedaan aan die bejaarde.

Dave, die sin waarna jy verwys – ek hoop dit word reggestel. Groetnis.

Theresa ·

Uitstekend! Jammer een is net gewond. Hulle is nie nodig in die samelewing nie. Skiet net om dood te skiet, spaar die belastingbetaler heelwat.

scalla ·

Mooi so my oom, hoop dit is n les vir hul comrade maatjies.

lillian ·

Mooi skoot, of is dit nou skote? Dis hoe ons met die gemors moet afreken, dan sal hulle verstaan … jy los ander mense se goed uit … !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.