Bejaarde wreed op kleinhoewe vermoor

Die polisie ondersoek die huis waar die 63-jarige man vermoor is (Foto: Verskaf)

ʼn 63-jarige man is Maandagaand in sy huis op ʼn kleinhoewe in Sundra in Mpumalanga vermoor. Hy is glo gemartel totdat hy later aan sy beserings beswyk het.

Derek Bester, voorsitter van die plaaslike buurtwag Sundra Rietkol Bulldogs, sê hulle het Dinsdagoggend op die bejaarde se verminkte liggaam in sy kamer afgekom. Sy hande en knieë was met elektriese koorde vasgebind.

“Dit lyk asof die aanvallers hom pap geslaan en geskop het. Sy liggaam was vermink. Sy tande was uitgeslaan en dit het gelyk asof van sy ribbes gebreek is. Hy het regoor sy lyf bloukolle gehad,” vertel Bester.

Bester sê die buurtwag is die oggend deur die buurman ontbied. Dit volg nadat een van die plaaswerkers Dinsdagoggend ʼn stukkende kombuisvenster gewaar en onraad vermoed het. Hy het by die buurman om hulp gaan aanklop.

Bester sê hy vermoed die bejaarde het aan inwendige beserings beswyk.

Volgens Bester het ’n onbekende aantal aanvallers die vorige aand die kombuisvenster gebreek en só die huis binnegekom. Hulle het die bejaarde man in die sitkamer oorval en aangerand.

Daar was ‘n struweling tussen die bejaarde en aanvallers (Foto: Verskaf)

Bester sê baie tekens dui daarop dat daar ʼn hewige struweling tussen die bejaarde en die aanvallers plaasgevind het.

“Ek vermoed hulle het toe die bejaarde na sy kamer gesleep en daar met elektriese koorde vasgebind,” sê Bester. Hy sê hulle het die kluis wat in die bejaarde se kamer staan, oopgebreek. “Ek vermoed hulle het geld gesoek.”

Bester sê met die buurtwag se aankoms op die toneel, het die bejaarde se selfoon en kontant nog op die kombuistafel gelê.

Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, het gesê die saak is by die polisie geopen.

“Dit is kommerwekkend om te sien hoe plaasaanvalle en plaasmoorde weer ná die Covid-19-afsonderingstydperk beduidend in veral Gauteng, Limpopo en Mpumalanga toeneem. Ons moedig mense aan om hul paraatheid op te skerp,” sê Coetzer.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die polisie tans besig is om die moord te ondersoek. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Helene ·

Ek Wil iets se, maar gaan maar eerder stilbly. Jammer Oom dat jy so gemartel is.

Pieter ·

Wanneer gaan daar iets aan die wrede aanvalle gedoen word of gaan ons wag totdat almal uitgemoor is?

Hoekom ·

Almal weet wat moet gedoen word maar ons het ons dapperheid verloor, ons baklei onder mekaar oor sigarette en sente. Dit geld vir mans en vroue, ons kan maar meer leer vanaf ons mense in die boere oorloë…

Nic ·

Mnr cr did hoogtyd dat jy wakker word en die doodstraf terugbring .hoekom het jy nog niks gesê van die oumens see moord in Mpumalanga nie .

Elize ·

Hoekom sal dit stop as die regering hulle aanmoedig om dit te doen

Jaco ·

Ek weet daar is baie mense wat hierdie artikel gaan lees, en die mense wet dit wel sal lees is ook gewoonlik die mense wat darem so af en toe die nuus lees. Dus, ingeligte mense met bietjie verstand.

My vraag is…

Hoekom?

Hoekom aanvaar ons hierdie artikels as allerdaags? Hoekom aanvaar ons misdaad asof dit “okay is”? Hoekom is daar proteste oor taxi’s, salarisse en menseregte terwyl daar niks rakende misdaad gedoen word nie?

Die mense moet verstaan, dat al hierdie plaasmoode eintelik bewyse is van die karakter van Suid-Afrikaners. Die een helfte dreig al die afgelope 20 jaar met “Wag, ons sal in opstand kom en want daar is ‘n lyn wat nie oorskry moet word nie” terwyl die ander helfte “eerder stilbly en emigreer”.

Jou mense word vermoor,maar jy skerp eerder jou veiligheid op, jy betaal jou belasting in ‘n korupte land waar die politikuste vir jou lag, daar word teen jou gediskrimineer met BBBEE, maar jy doen niks, terwyl kriminele meer beskerming het as jy.

Veg of Vlug.

Helene ·

Ek aanvaar dit nie. Maar ons baklei teen donder weer. Ons kort n ware Leier met integriteit en inbors. Jy weet Wie jy is. Staan asb op!!

Adri ·

Jy beskuldig ons dat ons niks doen nie. Neem die inisiatief en wys vir ons wat om te doen.

Delon ·

as jy nie deel is van n buurtwag of plaaswag nie is jy eintlik n deel van die probleem

Hennie J ·

Hoekom, ja hoekom verduur ons dit. Die antwoord is duidelik……..ons minderheidsgroep is leierloos, ons het n Moses nodig. Ons volk het seker nog meer skokke nodig voor ons weg beweeg van die sienswyse van “elke haan is koning op sy eie mishoop”.
Rus sag my ouderdomsgenoot

netekalleen ·

Dit maak mens so kwaad. Niemand is meer veilig nie en ons regering worry net nie.

Michael 1 ·

Hoe kan u na die anc regime verwys as ons regering, n regering beskerm jou,diskrimineer nie teen jou oor die kleur van jou vel nie ,n regering verryk homself nie ten koste van sy mense nie.

Scalla ·

Dit wat ek wil se sal nie geplaas word nie, CR sien dit nie raak nie.

AmY ·

Glo nie dat die wêreld in opstand gaan kom oor hierdie oom wat wreedaardig vermoor is, terwyl hy in sy eie huis was en niemand gepla het nie.
RIV oom.

Annamarie ·

As ek sulke artikels lees, moet ek seker dankie se dat my pa ni so gemartel is ni. Sy dood was vinnig tydens di moord. Sterkte aan di familie. Moet ons ook nou geboue gaan afbrand om gehoor te word?

JohanR ·

Annamarie ek dink nie daar is een witmens in SA wat nie direk in ‘n plaasaanval betrokke was nie, of nie iemand wat iemand ken wat in ‘n plaasaanval betrokke was nie. Ek self het gedink dit sou nooit met my ouers gebeur, tot dit gebeur het. Daar moet in 2020 in einde aan dit gesit word, want soe kan dit nie aangaan nie!

Estelle ·

Kan fotos van plaasmoord slagoffers asb aan die buiteland versprei word, dat mense kan sien wat werklik hier aangaan. Dit dien dan as bewys. Ons word stelsematig uitgemoor en ek dink ons regering keur dit goed!!! Elkeen van hulle het bloed op hul hande as hul niks se nie – – hul sal voor God verantwoording woording doen eendag.

Oujongvrou ·

Jaco ek hoor wat jy se. Ons is baie bejaard, en leef elke dag in vrees. Ons rustige oudag is daarmee heen want ons ken net vrees en inperking. En ek praat nie van virus nie. Waar is die jongmense se gees en durf heen. Hulle moet optogte hou. White lives matter ook en dit elke week doen. Intussen moet hulle baklei vir n tuisland. Kaap sal goed werk. Daar is hawe en lughawe. As hulle nou begin sal dit hopenlik in 10- 20 jr gebeur vir hulle.

Chantel ·

Dis absolute fraak en haat, wat hier betoon is, teen ‘n weerlose 63-jarige man. Dis siek. Sterkte aan sy familie. Rus sag oom

isabelle ·

baie hartseer Dit gebeur ook so gereeld en die krimineel/moordenaar word amper nooit gevang en as hul doen is die vonnis lig Ons het n baie goeie buurtwag in Sundra omgewing en is dankbaar dat hul so spoedig reageer Jammer die polisie se diens is nie naastenby dieselfde nie RIV OOM MAG DIE ENGELE JOU NA JOU TUISTE NEEM WAAR DAAR GEEN PYN OF SEER IS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.