Bejaardes aangeval, man vermoor

Argieffoto

Argieffoto

‘n Bejaarde man is dood en sy vrou is erg beseer nadat hulle Sondagoggend in hul huis in Hartswater in die Noord-Kaap aangeval is.

Luit. Andrea Cloete, woordvoerder van die polisie, sê die egpaar is omstreeks 11:30 by hul huis in Andersonstraat aangeval. Sy sê die verdagtes het glo deur die agterdeur toegang tot die huis verkry.

Cloete sê die egpaar is met ‘n onbekende voorwerp aangeval. “Die man is op die toneel dood terwyl die vrou na ‘n hospitaal in Kimberley geneem is om behandeling te kry vir haar beserings.”

Cloete sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Enigiemand met inligting kan ao. Ntwayagae Molale by 053 474 0951 of 073 122 4558 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Justi ·

Alweer bejaardes. Die lae gemorse! Dit is onaanvaarbaar dat dinge so gaan in hierdie land. Niks net mooi niks word werklik daaraan gedoen nie.
Dan moet mens jou naaste lief he? Nee wat dankie, sulke klas mense noem ek die “verste”
Waarom word die dood straf nie terug gebring nie? Is hul bang dat hul dalk eendag daardie straf opgele gaan word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.