Bejaardes by sorgsentrum beroof

Argieffoto

Twee bejaardes is Vrydag in die vroeë oggendure in ʼn sorgsentrum in die Oos-Kaap beroof.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê drie verdagtes het omstreeks 01:15 op die sorgsentrum in Walmer toegeslaan.

“Die versorger, ʼn 34-jarige vrou, het harde geluide gehoor en is na die grondvloer om ondersoek in te stel,” het Naidu gesê. “Sy het op die verdagtes afgekom terwyl hulle besig was om die deur oop te breek. Die verdagtes was gewapen met ʼn mes en ʼn skroewedraaier en het die vrou oorweldig toe sy hulle probeer keer het.”

Die verdagtes het op kontant aangedring waarna hulle na die twee bejaardes, wat geslaap het, se kamer gegaan het. “Die verdagtes het die vroue rondgestamp en aangerand voordat hulle met twee televisies en drie selfone op die vlug geslaan het,” het sy gesê.

Die Walmer-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chevy ·

Die vroue is rondgestamp en aangerand en die polisie ondersoek n saak van huisroof,ek verstaan nou glad nie meer nie.

Renier Lubbe ·

In kort beteken “Huisroof” dat daar geweld toepas was of dat die persone met geweld gedreig was, daarom die term huisroof. DIe geweld of dreigement van geweld is dan deel van die saak.

Tiey ·

Ja dit is al waarvoor hulle kans sien is weerlose bejaardes . Want as hulle dit met jongmense probeer dan kry hulle slae en dan is dit rasismeen word die onskuldige toegesluit ‼️

Annette Stander ·

Dalk nog sekuriteit se werk. Enigiets is deesdae moontlik

snoefie ·

die versorger us oorweldig dog ongedeerd gelaat maar die oumensies is aangerabd en beroof en NIEMAND ruik n rot nie?

Hanna ·

Skurke. Te lui om te werk nou val hul weerlose oumense aan, en steel die bietjie wat hulle het.

Leahim ·

Dink aan die opskrif “Rasse aanval op bejaardes in sorgeenheid” die aandag wat die saak sou kry ons is al so gebreinspoel ons aanvaar hierdie as die norm dink net n bietjie hieroor na hierdie is n afskuwelike voorval maar ek glo nie eers die minister van polisie weet hiervan nie die DA ,Solidariteit niemamd sê iets hieroor want die woorde “rasse aanval”is nie aan die voorval gekoppel nie en dieselfde geld vir plaasmoorde

ken van benoni ·

Leahim:
Ek stem, kom ons noem die kleur van die aanvallers, dit sal in sulke gevalle gou die aandag trek.

Tienie ·

Ja die lafaards kan net weerlose ou mense aanval en beroof ! Probeer hulle dit met mense wat hulle pakslae gee word die mense wat hulle self verdedig togesluit soos daai boer wat sy aanvaller met ‘n mes gesteek het wat hom aangebal het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.