Bejaardes ‘erg aangerand’ tydens plaasaanval

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Bejaarde egpaar, vermoedelik tussen 70 en 80 jaar oud, is vroegoggend op hul plaas in die Koster-omgewing in Noordwes deur aanvallers oorval terwyl hulle lê en slaap het.

Volgens kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het die voorval omstreeks 02:00 plaasgevind.

“Ons weet nog nie in die stadium hoeveel aanvallers betrokke was nie aangesien die egpaar reeds na die hospitaal gehaas is toe polisie by die toneel opgedaag het. Die aanvallers het toegang tot die huis verkry deur ʼn venster oop te dwing,” het Myburgh gesê.

Myburgh het gesê inligting is in dié stadium nog skraps, maar het bevestig dat die egpaar erg aangerand is en met ernstige beserings na die hospitaal geneem is. Dit is onduidelik waarmee of hoe hulle aangerand is.

“Die huis is geplunder en die kluis was oopgedwing; ons weet nou nog nie wat presies gesteel is nie,” het sy gesê.

Myburgh het gesê dit lyk in dié stadium of ʼn plaaswerker wat in ʼn huisie agter die plaashuis woon ook aangerand is.

Die aanvallers het van die toneel gevlug in die egpaar se silwer Isuzu-bakkie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Jacques ·

Huisroof ???? Wat van poging tot moord ? Kan SR en sy hele kabinet nie aan gekla word van volksmoord nie ??? Baie sterkte aan die familie .

Net so! ·

Hierdie is presies hoekom ons misdaad statistiek so onbetroubaar is.
G’n huisroof nie.
Dis gewapende roof en poging tot moord
Ons miadaad statistiek is glad nie n ware weerspieëling van die toedrag van sake in SA nie.

Wessel ·

Kan jy glo huisroof sou eerder gedink het aanranding poging tot moord agv ernstige beserings nou verstaan ek CR se 0everblindery vir die wereld

Meisiemens ·

“Die polisie ondersoek ‘n saak van huisrrof”, want daar is mos nie plaasaanvalle in SA nie.
Belaglik, en skrikwekkend.

Debbie ·

Ag my hart breek vir elkeen wat al deur dit geraak is,ek is die Here dankbaar ek en my gesin was tot dusver so iets gespaar.
Mag die Here elkeen van ons genadig wees in hierdie kookpunt tyd.

Meisiemens ·

“Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof”, want daar is mos nie plaasaanvalle in SA nie.
Belaglik, en skrikwekkend.

Anoniem ·

Weereens weerlose ou mensies wat nie hulle self kan verdedig nie!!!! Die polisisie word voorgese wat n saak geopen moet word skandelik hoe dit gaan in hierdie land net verwoesting van memse se lewens.

Bianke ·

Wonder of Daar ook nou betoogings van Politieke partye gaan wees om te se “Stop Plaas Moorde – Hierdie mense sit kos op ons rakke” soos die bohaai wat gemaak is met die Dros Verkragter, seker nie

Optog ·

Kan ons nie dalk ‘n optog reel by die rugbywedstryd Saterdag by Loftus nie?
Baie lande gaan daarna kyk en ons kan so meer blootstelling kry?
Daar kan dan ook baniere wees wat se hoe ramapaddapot vir die wereld gelieg het.

Die waarheid ·

En steeds sit ons handjies gevou en lees al hierdie dinge. Die verskoning dat ons nie n leier het nie is strooi. Ons het die beste Leier ooit en Sy handleiding. So wat staan ons te doen? Dwing jou predikant om die waarheid te begin preek en God se woord te verkondig en ophou mammon aan bid. Dit sal landswyd groeipunte vorm en met God aan ons kant. Vir wie moet ons bang wees, nie eers vir die dood nie. Hou op die leuens glo en volg die handlleiding vir alles, vrees,armoede,selfsug,hooghartig heid enige ding wat in jou pad staan om Hom te volg en gehoorsaam.

marous ·

Stuur die fotos dadelik aan die VN se veiligheidsraad … vyf honderd keer.

Estelle ·

Nag vir nag skrik ek ñ paar keer wakker en lê en bid en planne bedink om my gesin veilig te hou op ons grond. Ons is almal emosioneel uitgeput van konstant in ñ staat van “wees paraat of dis jou begrafnis” wees. My kinders is 11 en 13, hoe beskerm ek hulle in ñ aanval, wie help ek eerste AS ek nog tot hulp instaat is. Noodplanne is in werking en word gereëld geoefen, sal dit nut hê? Ons het self hard gewerk en ons hande tot bloedblase gewerk om te kom waar ons is, geen werkers van buite se hulp. Ons pla niemand, leef ñ stil lewe. Maar as hulle nie eers vir hul eie mense se lewens ñ druppel respek het nie, hoekom dan vir ons gesin s’n hê. Ons is vuisvoos.

C ·

Ek verstaan nou hoekom cr se hier is geen plaasmoorde in ons land nie. Alle plaasaanvalle word bestempel as “huisroof” en dit is hoekom hy onder ‘n wanindruk is. Blameer dit op die SAP!!!

Theresa ·

Betreding. Huisroof. Aanranding – poging tot moord. Diefstal van voertuig.
VANG hul!! Daar is hopeloos te min belangstelling hier.

Willie ·

Wat se jy nou ou Padda man! Jy is n lamsak! Ek het geen respek vir jou nie….

Noellene ·

So mnr ons president: is daar regtig nie n probleem in ons land waar plaasboere uitgemoor word nie ?????????

Is Dit Moontlik ·

ramapaddapot weet presies wat aangaan – soos ek voorheen gese het – hy voel ‘n veer.
Is dit moontlik dat al die toeskouers wat Saterdag se rugbywedstryd by Loftus gaan bywoon baniere van die plaasmoorde wys sodat die hele wereld dit kan sien?

Anoniem ·

Mens kan nou die vraag vra: “Wat SOEK bejaardes nog alleen op plase” maar mens is in hierdie land, inderwaarheid NERENS meer veilig nie.

Mag die Hemelse Vader ons Behoed.

HPV ·

Bejaardes is op plase omdat hulle daar mag wees en baie besit die plase waar hulle woon. Meeste bejaardes is nie die sogenaamde “hulpelose ou mensies” nie en kan hulself verdedig.
Wally Hayward het op 80 die Comrades maraton voltooi en vir baie jonger atlete weggehardloop! Sou mens hom as ‘n “ou mensie” klasifiseer?

HPV ·

Nog ‘n aanval, poging tot moord, amper nog twee van die 57 wat daagliks vermoor word. Gelukkig het hulle oorleef en ons wens hulle spoedige herstel toe. Hondjie en alarmstelsel in die huis en ‘n vuurwapen in die bed kon dalk die bordjies verhang het!

HPV ·

Bejaardes is op plase omdat hulle daar mag wees en baie besit die plase waar hulle woon. Meeste bejaardes is nie die sogenaamde “hulpelose ou mensies” nie en kan hulself verdedig.
Wally Hayward het op 80 die Comrades maraton voltooi en vir baie jonger atlete weggehardloop! Sou mens hom as ‘n “ou mensie” klasifiseer?

Sipho ·

My mede swart en wit Afrikaner broers ek versoek julle om asb die verlede die apartheids era te vergeet.Ek weet ons het baie swaar gely in daardie tyd en mense van groot ouderedomme nou was die skuldiges van daardie tyd hulle het ons soos diere behandel.
Maar ons kinners ek vra julle om te vergeet ek weet julle harte baie seer.
Alles kla beter en lewe beter hulle daardie ou mense kry kla swaar en hulle moet.

Anoniem ·

Sipho dis nie alle mense wat julle laat swaarkry nie nou moet onskuldige mense onder dit lei daar is soveel ander van alle kleure wat regtig swaar kry die woord se vergewe en ons sal vergewe word !!. Maar net my opinie

HPV ·

Sipho, ek verskil van jou. Alle mense met groot ouderdomme het julle nie soos diere of sleg behandel nie, dit is ‘n feit wat reggestel moet word. Ek stem egter saam met jou dat die verlede as gekiedenis beskou en agter ons geplaas moet word. Dat lesse uit foute geleer moet word sodat ons almal kan aan beweeg en welvaart oes. Iewers staan gekrywe, as jy agtertoe kyk as jy ploeg oes jy niks!

En nou? ·

Ek dink meeste het die Apartheid jare opsy geskuif en probeer aan beweeg. Ongelukkig voel almal nie so nie, en AL die wittes moet mos nou gestraf word vir Apartheid.

Anoniem ·

Die vuilgoed doen dieselfde en met dieselfde opdrag as tydens die Bloukrans en Weenen moorde, behalwe dat dit nou daagliks en nie eensklaps uitgevoer word nie, dan kan dit mos nie as volksmoord gereken word nie. Ramaphosa se padda stelling van stadig kook, kon netsowel stadig doodmaak beteken het.

P. Baxter ·

Ek vra ook die vraag, hoekom is bejaardes alleen op hul eiendom. Waar is hul kinders. Ek sou seker maak my ouers het inwoners. Ons moet vas en bid. Ons hoop is in die Here en nie in Trump nie.

Shandre Van der westhuizen ·

Ek is hulle kleinkind en daai is hulle besitting!!! Hulle sin!!! Dis die ding met ons land niks is meer jou eie nie!!! Hulle moes dit nie gedoen het nie punt. Moenie die kinders insleep nie. Hulle plaas hulle het daarvoor gewerk.

Stephen Namibia ·

“Optog” Ek stem saam. Mense moet ophou praat en iets doen. Goeie gedagte
Dit sal die ANC en die wereld laat kennis neem!!

Jan ·

Omdat dit hulle reg is om daar te bly. Hulle veiligheid behoort gewaarborg te wees.

Jannie ·

En hierdie LAFAARDS wat hoofsaaklik OU mense in groepe teiken, sien kans vir volskaalse oorlog teen die Blankes!!

James ·

Die President sal die geval ook net ontken, want dit IS AS ROOF GEREKORD!! Hy is slim dis net moord of huisbraak. Hy maak staat dat dit net inbraak en nie poging tot moord nie, dan klink sy storie oorsee waar.

Miekie ·

Jacques , nes Gert wou ek ook vra wat van poging tot moord as die ou mensies “ERG AANGERAND” is. Die bejaardes wat gelukkig genoeg is om gesond te wees maar nie fisies sterk genoeg is om ‘n bende te beveg nie , hoekom kan hulle nie op hulle plase bly en afhanklik wees. Al bly hulle kinders by hulle of andersom een man kan nie ‘n bende van tussen 3 en 7 aanvat nie. Dis hulle huis en plaas. Hoekom moet die arme mense dan net altyd in ‘n tronk bly en dit was hulle hele lewe hulle vreugde om op ‘n plaas te bly.

hendrik ·

En die polisie woordvoerder se storie eindig altyd met; “daar is nog niemand in hegtenis geneem nie”

Anita ·

Hoeveel bendegroepe opereer bykans deurlopend eksklusief net op: plaas- en hoewe aanvalle én moorde in die onderskeie provinsies van Suid-Afrika?
Dit is afgesien nog van die ander terreurgroepe wat hulle toespits op sogenaamde huisrooftogte en eintlik maar overgesetsynde: moorde in stede.
Te oordeel aan mediaberigte is hier definitief ‘n lae profiel oorlog aan die gang.
En om dit enigsins blatant te probeer ontken is meer as ‘n verskriklike skande en sonde.

Shandre Van der westhuizen ·

Dis my ouma en oupa.. my hart is bitter seer ek sit heeldag al saam met hulle by die hospitaal ek stem saam dat dit nie n huisroof was nie die polisie was daar om vrae te vra maar my hart het uit gegaan ouma is in haar 80’s en sukkel om te praat weens kanker bestraaling sy het so gesukkel om te verstaan en te antwoord ek moes maar inspring en help my oe het getraan om al die inligting van die oggend te herhaal dat so n fyn lyfie my ouma deur dit moes gaan… sy gesels met ons maar daar kom konstant dele op wat sy van die gebeurtenis praat.. Jou lyfie so sag en fyn, jou hartjie mooier as enige skildery, jou liefde wat jy gee kan nooit op raak nie, jou pink lipstifie soene sal los vlekkies van liefde.Ek wens ek kan jou sagte veletjie se kneus merke weg vat en die gedagtes van swart inkleur met reenboog kleure. Ek kan vir ure na jou staar en jou bewonder. Jou gebede is altyd oor ander en nooit oor jouself nie. Jy is my ouma en ek is lief vir jou!

Therese van Schalkwyk ·

Shandre …

Onmoontlik om jou en talle ander wat hierdeur gaan te troos …
Duisende slagoffers van geweldsmisdaad sedert 1994 maak die nimmereindigende prys wat vir die nuwe Suid-Afrika betaal word veels te hoog.
Baie sterkte en goeie wense vir jou oupa en ouma en julle as familie.

Erick ·

Het ook familie en vriende in Koster. Sterkte vir julle en ons bid vir julle!

Anoniem ·

Hoekom word die moorde en aanvalle nie deur sauk genoem nie maar as ander aangeval word is dit hoofnuus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.