Bejaardes helder oordag in huis oorval

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Bejaarde egpaar is Dinsdag helder oordag in hul huis in Durban-Noord oorval en beroof.

Kol. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Woensdag aan Maroela Media gesê die 82-jarige man en sy vrou, vermoedelik in haar 80’s, is omstreeks 13:15 aangeval.

“Die egpaar was in hul huis toe hulle skielik vier onbekende mans in die huis opmerk,” het Mbhele gesê.

Die egpaar is met ʼn vuurwapen aangehou terwyl die verdagtes hul huis geplunder het. Die vrou is aan haar kop en arms aangerand voordat die mans te voet met hul buit op die vlug geslaan het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou het matige beserings opgedoen.

“Toe paramedici by die huis opdaag, was die vrou se bure besig om na haar om te sien. Sy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling,” het Siddall gesê.

Volgens Mbhele is dit nog nie duidelik wat alles tydens die rooftog gesteel is nie.

Die Durban-Noord-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof en aanranding. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Andre Marais ·

Ek kon nog nooit verstaan hoe kan daar na “Matige Beserings” verwys of genoem word wanneer Ou-Mense aangeval word nie ! Regtig die Trauma waardeur Hulle moes en sal moet gaan vir die res van Hulle Lewe is erger as enige Pyn en Lyding – REGTIG so ONNODIG.

Lientjie ·

Ek stem saam met jou, maar die mense moet maar seker maak dat die deur maar gesluit bly weet die ou mensie wil nog glo niemand sal inkom nie.

Tania Heyns ·

Dagsê Eish Maroela

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reed gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Tania Heyns ·

Dagsê Adri

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reed gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

willehond ·

AAG…… LEES DIE NUUS EN VERGEET DIE OU SPELFOUTJIES!!!!!!

Hanna ·

Hou tog maar op kla as daar n spelfout insluip. Sê eerder dankie dat ons die nuus kan lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.