Bejaardes in hospitaal ná NW-plaasaanval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Bejaarde egpaar is in ʼn Noordwes-hospitaal opgeneem nadat hulle Donderdagaand op ʼn plaas in dié provinsie aangeval is.

Ben (78) en Marie (72) Paynter is omstreeks 20:00 op ʼn plaas tussen Derby en Boons, suid van Rustenburg, aangeval.

“Drie gewapende mans het toegang tot hul huis verkry, vuurwapens op hulle gerig en hulle vasgebind,” het lt.kol. Pelonomi Makau, provinsiale polisiewoordvoerder, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Die verdagtes het die egpaar van huisware, selfone, juweliersware en ʼn vuurwapen beroof, waarna hulle met die egpaar se bakkie op die vlug geslaan het. Die rowers het die egpaar se sleepwaentjie aan die bakkie gehak en vyf sonpanele en twee kragopwekkers daarop gelaai voor hulle weg is.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Volgens Makau is geen ernstige beserings aangemeld nie.

Bennie Brits, Marie se broer, het inligting oor die aanval op Facebook gedeel. Volgens Brits is die egpaar aangerand en is hulle tans in ʼn hospitaal waar hulle toetse ondergaan en x-strale geneem word om vas te stel of hul ribbes dalk gebreek is.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die egpaar se bakkie is ook nog nie opgespoor nie. Die bakkie se registrasienommer is JHG 492 NW. Mense wat dit opmerk, word versoek om die polisie by 08600 10111 te bel.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die egpaar is erg getraumatiseerd. AfriForum sal traumaberading bied wanneer die egpaar daartoe in staat is.

Müller het gesê die aanval op die Paynters is die 358ste plaasaanval vanjaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Se net ·

Huis roof, regtig. Wat as hierdie jou ouers was mnr. Die polisieman?

Andrea ·

Dankie Here hul leef. Sterkte met die fisiese en psigiese herstelproses.

Spiekeries ·

MM dit sal help as julle meer inligting oor die bakkie beskikbaar stel (fabrikaat, kleur, enkel of dubbelkajuit, kappie of nie, tipe waentjie en registrasie nommer, ens)

Madelein ·

[7:26 AM, 11/10/2017] Plaasaanval! Basfontein Derby, Voertuig silver grys Isuzu KB reg no JHG402NW met n wit canopy. Trailer wit reg no ZBY667GP. .38 Spec Revolver. Sonpanele, 3 selfone. No 0829690988, 0828181248, 0836853807. Bejaarde man 77en vrou 72 is beseer. Koster CAS 43/11/2017. Kapt Heymans.

Niklaas ·

Trevor Manual en also zizi wat is julle kommentaar hierop.Sal ook graag de klerk en meeloper Roelf Meyer se kommentaar wil hoor.

Cherokee ·

Wel, meyer het by die anc aangesluit volgens mediaberigte en dit is nie eens onmoontlik dat hy nou al oorgeloop het na die eff. Miskien het de klerk ook al by hom aangesluit. Dit is ook bekend dat pik botha anc gestem het. Dit is ook ‘n vraag wat het geword van ferdi hartzenberg wat destyds die HNP se regse stem geopponeer het met sy KP-meelopers.

Dit maak nie sin nie ·

Huisroof? Wat beskou Makau as “ernstige beserings”? Wat is die verskil tussen die doodskis-vonnis en wat die “huisrowers” as hul aangekeer word sal kry? Die ou mensies was NET so bang hul word vermoor as die doodskis “victim” wat nie eens seergekry het nie. Dan moet elke plaasaanvaller ook van intimidasie en die hele rits klagtes aangekla word.

Uiltjie ·

358ste plaasaanval – the President’s Keepers 358 bladsye. Toeval?

m.d.r ·

358 aanvalle vir die jaar ….? maar ‘n jaar is net 365 dae lank.
365 minus 358 = 7…. 7 dae om mense aan te val, dan is dit EEN AANVAL PER DAG….!
Maar die jaar het nog 51 dae oor……!

Misdaad….? Klink vir my meer na ‘n onverklaarde oorlog….!!!

marianne ·

Dankie Vader die boer egpaar leef, hulle is erenstig beseer, hulle sal herstel, maar hulle leef…
Moet plase nie oopgestel word vir hardwerkende werklose blankes nie, dan kan hulle help om die plaas en die Boere te beskerm.

Buksie ·

Al was dit nie moord in die besondere geval nie, is volksmoord dit waarmee hul besig is…. wat kan ons doen anders as bid !!???

Kat ·

Ja de klerk roelfie en pik probeer hulself beskerm maar helaas dis te laat.Die slang gaan hulle ook byt.Wat jy saai gaan jy maai.

Erick ·

Ek bid vir familie en vriende wat in Koster op plase woon. Ek bid gereeld vir julle.

Prok ·

Ons kan bid en gaan saam stap die 1ste. Dit is ‘n begin. God vra nie dat ons moet stil sit sodat Hy als kan doen nie. Hy gebruik mense. Selfs Gideon moes manne kry en optrek. Hulle het nie niks gedoen nie en ons kan ook nie.

Andre ·

Bewapen en verdedig jou self!

Niemand anders gaan dit doen nie.

Die ANC regering is jou grootste (enigste) vyand … dit is naïef om te verwag hulle moet ” iets ” doen.

Witmens jy is op jou eie! Alleen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.