Bejaardes in KZN aangeval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Bejaarde egpaar is oor die naweek in hul huis op ʼn landgoed in KwaZulu-Natal oorval en beroof.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media gesê die voorval het in Thorn Hill Country Estate naby Newcastle plaasgevind.

“Die 82-jarige man was in die kombuis besig toe twee verdagtes hom oorval het. Die verdagtes het ʼn vuurwapen op die man gerig en op geld aangedring,” het Zwane gesê.

Die mans het sy geld gevat en te voet van die toneel gevlug.

Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Dit is nie dadelik bekend of die egpaar aangerand is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.