Bejaardes lê dag lank vasgebind ná wrede kleinhoewe-aanval

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Twee mans het byna ʼn dag lank vasgebind en bebloed in hul huis gelê nadat hulle deur twee aanvallers op ʼn Vrystaatse kleinhoewe oorval en aangerand is.

Konst. Mosili Ntsika, polisiewoordvoerder, het gesê die Conrad Groenewald (78) en Conrad Bezuidenhout (66) is Woensdagaand deur twee aanvallers op ʼn kleinhoewe ongeveer 6 km buite Jacobsdal oorval.

“Die mans is met voorwerpe oor die kop geslaan en het ernstige kopbeserings opgedoen,” het Ntsika gesê. “Die aanvallers het met ʼn wit 1400 Nissan-bakkie, ʼn vuurwapen en gereedskap op die vlug geslaan.”

Een van die mans kon uiteindelik teen Donderdag 16:00 daarin slaag om hom los te wikkel en hulp te ontbied. Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, is Bezuidenhout en Groenewald na die Kimberley- provinsiale hospitaal gehaas.

“Ons weet nog nie presies wat gebeur het nie, want toe die ondersoekspan die mans in die hospitaal besoek het, kon hulle nie praat nie. Hulle was regtig in ʼn baie slegte toestand, want hulle het baie bloed verloor,” het Ntsika gesê.

Volgens Gerrie Botha, veiligheidsrisiko-analis by Vrystaat Landbou, woon slegs een van die mans op die kleinhoewe. Die ander man was vermoedelik ʼn vriend wat die aand oorgeslaap het.

Ntsika het gesê ‘n saak van huisbraak, aanranding en diefstal word ondersoek. Die bakkie is Donderdagaand naby Modderrivier gevind, maar geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Winston ·

Ja. Kan maar net hoop hulle word arresteer. Poging tot moord ook. As jy iemand vasbind sonder kos en water moet jy die moontlikheid voorsien dat hy kan sterf.

Peet Schabort ·

Die holruggeryde rede dat hulle net wou steel sal weer aangevoer word.
Twee weerlose oues wat só verniel word het seker toe kwansuis ‘in hulle pad’ gekom.
Dis hierdie wreedhede wat maak dat . . .

Rob Stark ·

Bart, niemand gaan jou glo nie, net soos die tyd toe paty mense die land weg gegee het vir die kommuniste, het niemand geglo nie. dis hoekom meeste mense JA gestem het. Hulle het nie geglo nie.

volksmoord ·

Maak reg, my boervolk,die oorlog is om die draai. Baklei vir jou land,want dit is ons sin
Die vyand het ons lank genoeg gemartel,verkrag en gemoor. My mense word stil stil elke dag
anngeval,sodat die buiteland dit nie moet sien nie. As ons nie gaan opstaan nie,sal dit met ons almal gebeur. STAAN OP BOERVOLK

rob rover ·

Waar het jy ooit gesien dat ons saam staan, dis hoekom ons nie meer n land het nie. Kan jy nie onthou meeste mense het JA gestem . Die veraairs. Ek onthou nog baie jaare terug toe Arrie Poulus n spreek gegee het in WITBANK by n skool staduim ,toe stamp die mans hulle voete en skree HOOR HOOR en toe se Arrie Poulus, stilte mense , AS EK DAAR VOOR STAAN , STAAN EK MAN ALLEEN.

Petra Zylstra ·

Ek het ja gestem sodat my nageslag ook hier kan bly. Ek het met my verstand besluit en emosie eenkant toe gevee. Wie het ek verraai? Sonder die JA stem sou daar al vele meer dood gewees het. Nou moet die eenders denkendes oor alle kleure heen leer saamstaan vir n gemeenskaplike doel, en daarmee saam leer om mekaar te respekteer vir jou optrede en nie jou vel kleur nie. Kan ons blankes dit doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.