Bejaardes op Bela-Bela-plaas aangeval

plaasaanvalle

Argieffoto: SAPD

ʼn Bejaarde egpaar is Dinsdag in die vroeë oggendure op hul plaas buite Bela-Bela aangeval, aangerand en beroof. Die slagoffers is die ouers van ʼn vooraanstaande dokter op dié Limpopo-dorp.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het Woensdag aan Maroela Media gesê vier verdagtes het die egpaar, vermoedelik in hul 70’s, omstreeks 01:00 op hul plaas noordwes van die dorp oorval.

“Die aanvallers het toegang tot die huis verkry deur die veiligheidshek en voordeur met ʼn koevoet oop te breek. Die egpaar is in hul kamer oorval, aangerand en met sykouse vasgebind,” het Müller gesê.

Die aanvallers het aangedring dat die kluis en motorhuis oopgesluit word. Hulle het onder meer met ʼn bedrag geld, vier vuurwapens, juweliersware, ʼn platskermtelevisie, selfoon en skootrekenaar in die egpaar se twee voertuie op die vlug geslaan. Dit is nie duidelik hoe laat hulle die plaas verlaat het nie.

Die man kon omstreeks 03:15 daarin slaag om homself te bevry waarna hy hulp ontbied het.

Die egpaar, wat alleen op die plaas woon, se seun was eerste op die toneel en het sy ouers behandel. Die man het ʼn harde hou teen sy kop opgedoen en die vrou het kneusmerke aan haar arms. Hulle ontvang traumaberading.

Brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof.

“Een verdagte is reeds ʼn paar uur gelede in Winterveld in hegtenis geneem en die egpaar se Mazda-bakkie is teruggevind. Die verdagte is tussen 30 en 40 jaar oud. Die soektog na die ander verdagtes duur voort,” het Mojapelo.

Müller het gesê dié aanval was die tiende landswyd vir die maand Mei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

kas ·

Hoekom spreek die brigadier nie sy skok en veroordeling van die aanval uit nie.Die aanval en moord in die Kaap van daai bejaardes is wyd veroordeel in regeringskringe

Johan. H. ·

So dra n mens dink die lot doen n goeie “job” soos die opsporing van die ontvoerde seuntjie, Slaat hulle ons van die anderkant af met n dowwe een ,, DIT MOET WEES POGING TOT MOORD,, Lees die asb ,,, as julle kan, As jy n oumens aanrand kan hy beswyk dae later aan trauma, Beroertes wat ontstaan agv aanranding,, DEPRESSIE, en baie meer

Snelvuur ·

Die staatsaanklaer besluit oor waarvoor die persoon aangekla word. Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof, aangesien dit diefstal met ‘n element van geweld was: die definisie van roof.

Michelle ·

Baie sterkte aan Dr Coetzer se ouers en die familie, dis ‘n wonderwerk dat mense vandag nog sulke aanvalle oorleef.

Elize ·

Ai tog, hoop die egpaar herstel ten volle. Dan kry jy nog mense hier op Maroela wat reken dat dinge wonderbaarlik gaan regkom in SA. Ek het vir hul slegte nuus: dit gaan nie. Misdadigers het nou amptelik die oorhand, en die regering is te korrup om hond haaraf te maak. Feite is feite. Veel belangriker is wat ons almal nou te doen staan… want die hemel weet, so kan dit nie meer aangaan! Here red ons van hierdie boosheid.

Cat Afeber ·

I am a non-white South African. I want to say that these vicious attacks on white farmers must stop. As a non-white South African I am taking a stand and saying, “not in my name”. These attacks are not supported by me.

Michael ·

The ANC is to be blamed for all the problems ln SA they have a wrong policy

Cherokee ·

Cat, you are one of only a few. Rhymes get sung about bullets. It is a pity you are such a small group.

Antjie ·

Thank you, Cat, for the comment that I was waiting for after so many articles about white people apparently being attacked by black people. Everybody know the colour of those involved, but it remaining not politically correct also strengthen the burden of the innocents on both sides: The victims feel ignored, and the association of the non-white colour with the perpetrators makes them all feel guilty. I would love a #NotInMyName campaign to inform the media and government of this problem!

Liezl ·

Thank you Cat for taking a stand. At the end of the day we all belong to our Father in Heaven. He does not look at your culture what age you are what backgrond you are from. He looks at your heart. Thank you for your heart. Please pray for your fellow brothers, that they can bow down before the Lord, repent and live their lives in love. If you need victory, you have to get it from the Lord, not from attacking other people, killing, stealing.

Von ·

Thanks for your view wish there is more of you. Die tipe aanvalle word nie deur die regering as ernstig beskou nie maw hulle keur dit goed . Sterkte aan die paar en bid vir spoedige herstel

Alice ·

Dear Cat what a genuine attempt to show fellow South Africans that on ground level black and white generally get along very well. At work I get along very well with black colleagues and we all talk about our children and our dreams for them. I’ve always wondered when non white South Africans are going to start voicing their concerns about farm attacks and murders. Any form of murder or stealing is inherently WRONG..regardless of race. However in other countries the horrific attacks on farmers would have been dealt with. So every person and politician who keeps quiet is also guilty and part of the murdering and stealing. So it will also be WRONG if this was to happen to black farmers at the same rate and intensity. Murdering and stealing is WRONG

Michelle ·

Thank you so much for your comment – every person, regardless of gender or colour should stand up for the “not in my name” campaign!!!

Maroela ·

Ek sal graag dan ‘n “not in my name” veldtog vanaf ons, wit Afrikaners, ook wil sien. Daar was in die afgelope 24h twee gevalle waar Die Stem luidkeels by universiteite gesing is. Verder, bespreek Afriforum plaasmoorde tans in Amerika met die ekstremistiese regse groepe (die Alt-Right) wat selfs in Amerika veroordeel word as rassisties! Verder, ontvang Elmien du Plessis doodsdreigemente vanaf Ernst Roets en ander Afriforum-lede oor sy ‘n debat oor plaasmoorde wil hê? Dis mos belaglik. Jammer as lesers nie hierdie laaste brokkie inligting weet nie, Maroela Media weier om enige berigte daaroor te plaas. Propaganda.

Muffin ·

10de Aanval vir Mei. Dit is vandag eers dir 8ste so dit us meer as een aanval per dag.

Stella ·

Waar is ons manne of is almal landuit? Wie gaan na die hulpeloses kyk, die vroue kinders en bejaardes! Ek weet van geen ander nasie se mans wat dit net sou aanvaar dat hul vroue, kinders en ouers so wreed uitgemoor word nie.

JAN BRAAI ·

Hulle gee geld vir sop en komberse om hulle gewetes te stil, en woon kunsuitstallings by.

Heila Fourie ·

Ja, en net vandag het die president afgekondig dat grond sonder vergoeding gevat gaan word sonder heenkome of sonder moord nie.
Heila

Louwtjie ·

Gaan grond sonder heenkome en moord gevat word of nie? Wat het hy afgekondig.

humor ·

Lees ons boere ooit Maroela. Alweer 4 vuurwapens in die hande van moordenaars, Boere asb. die kluise moet leeg. . Steek die vuurwapens weg. Jy kan tog n plan daarmee maak. Hou 1 of 2 maklike handeerbare wapens in bereikbaarheid en gebruik dit!!!!!!!!!!!!!!

Oom Kalahari ·

Oumense is sagte teikens en so ook kinders. Hierdie lafaards kom in groepe en soos ‘n dief in die nag om nie openlik aangesig tot aangesig te verskyn nie. At Cat, thank you for your positive comment and stand you taking and we also wish more will take your stand and recognize that there is a huge problem and only a certain group are being attacked.

Koos ·

Is so voorval meer verwytbaar as dit familie van vooraanstaande mense is? Lagwekkend.

Onthou om volgende keer te noem as die teendeel die geval is.

Angelique ·

Net n vinnige vraag hoe moet mens dit doen as jy dit nie verwag nie?

Petro ·

Sien dit word bestempel as huisroof. Dis hoekom die statestieke van plaas aanvalle nie die werklikheid weerspieel nie. In die SAPD boeke sal ‘n strepie getrek word onder huisroof maar nie onder plaas aanval nie en dit is verkeerd . Dis ‘n plaas aanval finish en klaar!

Afriforum ·

Liefste Petro, besef jy dat as daar meer plaasaanvalle geregistreer word met dieselfde hoeveelheid plaasmoorde, word Afriforum se “wit volksmoord”-retoriek nog minder waarskynlik aangesien geld dan duidelik die motiveerder is en nie moord nie?

RESPECT ·

Thank you CAT AFEBER .. it is great to know that not all blacks CONDONE the attacks on whites and don’t feel that the white farmers all DESERVE to be attacked, raped, tortured and murdered. THANK YOU for speaking up. I wish there were more of you, as it will only be YOU influencing others that will end these atrocities. The govt won’t lift a finger to stop this.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.