Bejaardes op Moedersdag vermoor: ‘Ek gaan julle vir altyd mis’

Fanie en Colleen Engelbrecht. Foto: Via Facebook

Die polisie is steeds op soek na ʼn groep verdagtes wat ʼn bejaarde egpaar Sondag op Moedersdag helder oordag op hul plaas in Gauteng aangeval en vermoor het.

Jaco Mulder, die VF Plus-provinsiale leier vir Gauteng, het Maandag in ʼn verklaring gesê die plaaslike regering faal sy inwoners nadat Colleen (74) en Fanie (78) Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Poortjie aan die Wes-Rand op hul plaas vermoor is.

“Mnr. Engelbrecht se keel is na bewering gesny en me. Engelbrecht is met ʼn strykyster se koord verwurg,” het Mulder gesê.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het Sondag die aanval aan Maroela Media bevestig. Hy het gesê die verdagtes het onder meer handwapens en huishoudelike ware tydens die aanval gesteel.

“Ná talle gesprekke en beloftes deur mnr. David Makhura, die Gautengse premier, en me. Sizakele Nkosi-Malobane, die provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, is die publiek se geduld vinnig besig om ʼn versadigingspunt te bereik,” het Mulder gesê. “Die polisie se jare lange gebrek aan misdaadintelligensie, en populistiese uitsprake deur ANC- en EFF-politici, skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid.”

Mulder het gesê dit is tyd dat die  ANC-regering tydens die 2019-verkiesing uit die kussings gelig word en vervang word met ʼn veelparty-koalisie. “Die VF Plus doen intussen ʼn beroep op die inwoners van Gauteng om by hul plaaslike beveiligingsaksies betrokke te raak,” het hy gesê.

Tessa Engelbrecht, een van die egpaar se kleindogters, het intussen in ʼn hartroerende huldeblyk op haar Facebook-blad gesê: “Oupa, Ouma… Ek het geen woorde nie. Ek weet nie hoe gaan ek kan aanbeweeg sonder julle nie. Julle was die beste ouma en oupa waarvoor enige kleinkind nog ooit kon vra en ek was so lief vir julle. Ek gaan julle vir altyd mis. Julle is vir altyd in ons harte.”

Makhubele het gesê die Orange Farm-polisie ondersoek twee aanklagte van moord en ʼn aanklag van huisroof. Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het Maandag aan Maroela Media gesê die Engelbrecht-egpaar se moorde bring die totale hoeveelheid mense wat sedert die begin van die jaar landswyd op plase vermoor is, op 23 in 178 plaasaanvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Charmaine ·

Baie sterkte aan die familie!!!! Dis brutaal om mense so aan te hou uitmoor dis tyd dat ons opstaan teen die moirder ek is n Suid-Afrikaanse burger het ook die reg om in vrede in die land te kan lewe

Manda Gordon ·

Dit wil voorkom of daar tyd gekoop word met gesprekke en onderhandelings. Minder praat, meer doen.

Engela de Klerk ·

Suid-Afrika, jou grond het in ‘n tragedie verander. My hart bloei vir jou erge verliese.

jaaper ·

Ai tog hoeveel mense moet nog vermoor word in die land??
Regering moet begin werk maak.
Maar ja hulle sit net en vryf hul hande.
Doen iets liewe hemel, dis mense se lewens wat verwoes word.
Dit is erger as die doodstraf wat die regering afgestel het.Bring dit terug en sorg dat die polisie hul werk doen.
Al dsn nie,bring die weermag terug laat hulle orde skep want heel duidelik kan die polisie nie en wil ook nie.

BEA ·

Daarom neem die publiek al reg in eie hande om die wat jou aanval dood te skiet want niemand gaan jou help in die vrot land nie!!!!!!

Daniel ·

Sprakeloos, boos, magteloos en moedeloos oor die aanhoudende aanvalle op weerlose oumense. Is daar ‘n oplossing?

TLC ·

Neeeeeee en niemand gaan gou of ooit gevang word SAPD is net nie opgewase vir midaad in S.A. nie ja hier en daar is iemand wat wel wil werk maar die ander vrot aartapels en o hel n vrot aartapel kan stink neem deel aan misdade Ek is kwaad en so seer vir familie wat nog op moedersdag so vreeslike verlies moes ly Mag God jul styf vashou in jul tyd van rou Mag die hele CR en gespuis ook ………… Waar soek mens die terroriste In riool pype of nee hul mag mos n stukkie grond kry dit is hul reg Sterkte wit mense en bewapen jouself want dit is al wanneer skelm gekry gaan word as hy n lyk is

Jan Brits ·

Die een klomp is net aan die tel, die ander praat en praat net, terwyl die polisie niks doen nie. Daar is nie genoeg beamptes nie , helfte slaap op die job en die ander helfte loop in die dorp rond.

GM ·

Roep die weermag in? Het jul die vorige berigte gemis van die hoë-kop enetjie in die weermag se kommentaar oor witmense? Witmense se tonge moet afgesny word en hul oë moet uitgesteek word sodat hul moordenaars die laaste gesigte is wat hul sien. Ons verdien dit glo volgens hom. Nou dink jul die weermag gaan tot ons almal se redding kom, maar hoeveel het hy nie al opgesweep met sy denkwyse nie?

Daan ·

Ek vermoed die regering en polisie gaan en sal niks doen, ek vermoed voor die kamara word die moorde deur sekeres veroordeel, KAMA – KAMA maar agter die kamara word die moorde deur die selfde sekere mense goed gepraat. My opinie is, … die moorde is moontlik beplan, en word gereel, en heelwaarskynlik befonds, kan jy dink wat sal jou optrede wees wanneer daar ‘n Suid Afrikaanse polisie voertuig op jou plaas of werf ingery kom, jy maak oop en stap uit sonder vrees en onbewapen, want dis mos die polisie en jy vertrou hulle, en intussen is hul dalk nie polisie nie, of hul IS!! dalk, wat van as die moordenaars in die polisie is … Of dalk gehuurdes deur sekere mense of ‘n organisasie. Ek meen waarom word die wrede moordenaars nie opgespoor nie. So hier en daar waar dit net onopgeleide gewone dom rowers is jaaaa, hulle word gevang, maar die res is onverklaarbaar spoorloos, net soos een of ander SPESmag of goed opgeleide soldaat. Vra ma net .. Dink ma net so by myself.

Catrien Carlson ·

Een raadslid word in KZN vermoor en die hele regering is op hul agter bene, ai liewe President daar is n geweldige probleem in ons land , daar is n teiken op ou mense ongeag die kleur.Help ons asb

Koos de Meyer. ·

Die hele land het siek geword. Daar bestaan nie meer reg en geregtigheid nie. Ons mede lands burgers is mos al wat humanitêre regte het. Eendag sal die wiel draai ons moet ons Hemelse vader vertrou.

Oom Kalahari ·

Hierdie strategie is wat in Zim uitgevoer was en daar was ook oumense op plase geteiken. Al die optredes dui aan op goed beplande uitvoerings, deurgee van interne informasie en derde mag betrokke….dalk MK/ANC/EFF en dalk tussen polisie of weermag lede wat geheimsinnige regerings agente is. Waarom is die regering so stil en ontkennend teenoor hierdie Volks moorde, want dit is ‘n manier vir tyd speel.

harry adendorff ·

Het onlangs vir die “FW DEKLERK- STIGTING” gevra om hul standpunt aangaande plaasmoorde in die openbaar te stel– wag nog steeds op n antwoord. Ek stem saam met Oom Kalahari.

John ·

Moenie vir mens se hierdie moordenaars is gawe mense nie wat maar net ‘n stukkie grond begeer of dalk ‘n stukkie brood of vleis of ‘n foontjie nodig het… Nee. Die metodes wat hulle aanwend om weerlose mense te vernietig, is duiwels, barbaars en sadisties. Indien die regering hierdie aksies bloot afmaak as witmense se verdiende loon, gaan hulle eendag saam voor die Regterstoel staan…

Ben ·

Wat n (in Nederland se ons kutland) is SA nou? Oor paar jaar kom nie n enkele toeris in Suid-Afrika kuier nie. Jammer… dit is tog so n mooi land!

Spyker ·

Daar is vanaand n program op tv in England oor boere wat regmaak vir onteiening,klink n bietjie eensydig aan die meerderheid se kant…..sal julle op hoogte hou van wat die buiteland dink!

m.d.r. ·

178 aanvalle en 23 slagoffers—-my vraag is : hoeveel aanvallers was betrokke in totaal ?
Wat is die gemiddelde aantal aanvallers per aanval…..?
Wat is die persentasie aanvallers per rassegroep…..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.