Bejaardes op plaas aangeval; man vermoor

Argieffoto: Lorraine Claasen

’n Bejaarde man (79) is dood nadat hy en sy vrou (66) deur vermoedelik vyf aanvallers op hul plaas by Bad se Loop digby Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo aangeval is. Drie van dié aanvallers is etlike ure daarna in hegtenis geneem.

Die bejaarde paar is Vrydagoggend omstreeks 00:15 deur die groep mans in hul plaashuis oorrompel en aangerand. Die egpaar het geslaap toe die mans die plaashuis betree het.

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het inligting van die polisie ontvang wat daarop dui dat die bejaarde man se voete en arms met klere vasgebind is. Hulle het hom daarna glo verwurg.

Die aanvallers is toe na die ander kamer toe, waar hulle die vrou gedreig en geld en vuurwapens geëis het. Hulle het haar met skoenveters vasgemaak en toe die kamer geplunder, op soek na goed om te steel.

Die groep mans het met ʼn onbekende aantal huishoudelike items en selfone te voet op die vlug geslaan.

Cameron sê volgens die polisie kon die vrou daarin slaag om ná die voorval na die plaaswerkers se huis te loop om hulp te vra. Sy het toe haar dogter gebel. Die polisie en plaaslike veiligheidsgroepe asook omliggende boere het hulle dadelik na die toneel gehaas.

Die polisie het vyf pare voetspore op die toneel gekry wat moontlik dié van die aanvallers kan wees.

Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie in Limpopo, sê die polisie het die drie mans ure na die aanval in hegtenis geneem. Die verdagtes sal eersdaags in die Mookgopong-landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof en moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Dries ·

Daar moet eerder gese word “drie van die moordenaars is gearresteer.”

Koos ·

Wat van “drie kommuniste terroriste wat moord gepleeg het is gearresteer” ?

Nella ·

Al is van die moordenaars in hegtenis geneem, gaan dit nie die pyn wat die arme ou mense moes deurgemaak het voor hul dood, regverdig nie en ook nie die familie se hartseer nie. Daar is geen straf wat vergelyk kan word met hierdie pyn nie.

Jannie van Niekerk ·

Ek stem 100% saam met jou. Enige persoon wat teen die doodstraf gekant is, is plaasmoorde, kindermishandeling en verkragting goedgesind. Ek sê dit sonder vrees vir teepsraak.

Michael ·

Wie jag die bejaarde boere is dit suid afrikaanse mense ,uitlanders hoe moet die probleem aangespreek word as ons net weet iemand is aangeval en vermoor dit is mos sinneloos gee ware feite of moet nie daaroor berig nie.

J ·

Tydens oorlogvoering word ‘n seksie saamgestel uit 6 tot 10 soldate en ‘n peloton bestaan uit 4 seksies.

Wanneer soveel mans saam ‘n aanval beplan en uitvoer dan is wat hulle doen lankal nie meer MISDAAD nie.

Dit is oorlog!

Cherokee ·

Vir wie vra jy, Morne? Jy put jou uitroeptekens uit sonder enige doel as jy net in die bloute daarvoor vra. Weet jy wie jou LP is? Het jy al gevra dat diesulkes jou wense in die parlement opper? Jou uitroeptekens gaan opgebruik word as jou vraag net in die wind geslinger word.

Nefie ·

Ag nee, Badseloop is so “deel” van my. Jammer vir die familie en vriende

Toy ·

Hoe kan jy iemand soveel leed aan doen en dink jy gaan ooit gelukkig wees.

Nie Verbaas ·

Mens se terugvoer moet polities korrek wees maar niemand kan n mens verkwalik oor wat in ons gedagtes aangaan nie.

Marcello ·

Nee, nie alweer nie!!!. Hoekom moet oumense gemartel word/dood gemaak word. Dit is so hartseer om dit te hoor. Sterkte aan die ou dame en hulle familie.

ameli ·

En dan staan ons oumensies nog in gevaar met die virus ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.