Bejaardes ‘pimpel en pers’ ná plaasaanval

Willie Pistorius en sy vrou Elmarie. (Foto: Facebook/ Elmarie Pistorius)

Twee keer het rowers ʼn vuurwapen teen Willie Pistorius se kop gehou en die sneller getrek, sonder dat die skoot afgegaan het. Daarna het hulle petrol oor Pistorius (79) en sy vrou, Elmarie (75), uitgegooi en gesoek na vuurhoutjies om hulle mee aan die brand te steek.

“Toe hulle die vuurwapen teen my kop hou, was ek nie bang nie, want ek weet waarheen ek gaan as my lewe eindig. Maar toe hulle die vuurhoutjies soek was dit vir my erg, want ek weet dis ʼn verskriklike lyding om dood te brand,” het Willie vanuit sy hospitaalbed in die Unitas-hospitaal in Centurion vertel.

Hy en sy vrou is Vrydagmiddag, op Oujaarsdag, deur drie rowers op hul plaas in die Zoutpansdrift-omgewing buite Brits oorval. Hulle boer met hoenders. Willie het ʼn ernstige meswond in sy buik opgedoen en is reg oor sy lyf en kop geslaan. Sy vrou het verskeie breuke in haar gesig opgedoen en is ook herhaaldelik met ʼn geweerkolf geslaan. Die rowers het ook twee blikkies Doom in die egpaar se gesigte uitgespuit, wat hul oë beskadig het.

“Ons het vreeslike groot traliehekke. Die mans het my van anderkant die hek genader en gesê hulle wil graag hoenders koop, maar dat hulle eers die hoenders wil sien,” sê Willie oor die dag toe hulle aangeval is. “Dit was omtrent 15:00 gewees. Toe ek die hek oopmaak, oorval hulle my.”

Die egpaar se hande is albei met toue vasgebind.

“Hulle het ons baie gemartel en aanhoudend geslaan. Ons is pimpel en pers. Hulle het twee keer die 9 mm teen my kop gedruk en die sneller getrek, maar niks het gebeur nie. Toe gooi hulle twee liter petrol oor ons uit en begin soek na vuurhoutjies.”

Toe die drie boosdoeners nie vuurhoutjies in die hande kry nie, is hulle die huis in, op soek na geld en wapens.

“Hulle het alles omgekeer en flenters gesny. Hulle is uiteindelik met al ons kontant (ongeveer R2 000) daar weg.”

Toe die boewe weg is, kon Willie daarin slaag om homself en sy vrou los te wikkel en hulp te ontbied. “Hulle het gelukkig die tweerigtingradio agtergelaat. Ons het ʼn boodskap uitgestuur en binne minute was daar omtrent 30 mense op die plaas om te help.”

Die Pistorius-egpaar is na die hospitaal gehaas waar hulle albei noodoperasies moes ontvang om hul lewens te red. Hulle sterk nog in die hospitaal aan.

“Ons is bang om weer terug te gaan plaas toe, maar weet nie wat anders om te doen nie.” Volgens Willie het hulle nie die verdagtes geken nie, maar hulle was uiters arrogant gewees.

Hy sê wel hulle is dankbaar vir die baie goeie vriende en bure wat hulle gehelp en ondersteun het. “Dit is in tye soos dié dat jy besef hoeveel vriende jy het.”

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, het die voorval bevestig en sê die polisie ondersoek twee sake van poging tot moord en roof. Niemand is egter nog in verband met die voorval aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

James Curlewis ·

Mike Bolhuis ,kry mense om daar te gaan nly by ou oom en tannie

Annatjie ·

Jy kan nie meer ‘n besigheid waar jy lewende hawe verkoop op ‘n plaas bedryf nie! Jou lewe is meer werd.

Julius ·

Onbekende persone en hulle weet julle verkoop hoenders? Begin by julle eie werkers soek, want hulle het inligting deur gegee. Mens berdryf ook nie besighede van jou perseel af nie dis moeilikheid soek.

Cherokee ·

Mens verkoop nie slegs aan bekendes. Onbekendes is ook veronderstel om te weet as jy besigheid wil doen.

Isabella ·

Ai dis so waar di boere mut dt nou al teen di tyd weet jy kan hul ni vertrou

miavos ·

Hoekom, hoekom, HOEKOM vertrou mense STEEDS hierdie scenario!!??

Misky ·

Ek gaan net bid en dankbaar wees dat julle lewens gespaar is deur Onse Vader en Hy het daai geweer se sneller vasgehou en vuurhoutjies weggesteek. Die res mag ek ongelukkig nie op die platform kwytraak nie.

Pieter ·

My oom en tannie,ek is baie dankbaar dat julle lewe. Hierdie gemors, is teroriste,want hulle kies die sagte teikens. Kry vir julle n jong persoon wat nie werk of blyplek het nie om julle te help op die plaas, al is dit net vir kos en n dak oor sy kop. Dit kan mootlik help as die gebroetsels weet daar is n jong persoon wat teenstand kan bied, en dra asb julle wapens by julle.

JM ·

MOENIE VIR DIESULKES ‘N HEK/DEUR OOPMAAK NIE!! Wreedaards, gewetenlose skuim!

SomeOne ·

dis ook net mense wat ‘n bestaan probeer voer om te oorleef

AH ·

Ongelukkig kom “diesulkes” nie met ‘n bordjie om die nek waarop daar “voornemende moordenaar” gedruk staan nie. Die arme mense het net gedink dat dit ‘n besigheidstransaksie sou wees. Die gewetenlose skuim kom in elke kleur en vorm voor…… Dankie Vader dat die egpaar lewendig daar uitgekom het!

Marius ·

En dan sê ons liewe president daar is nie so iets soos plaasanvalle nie.

Christine ·

Ai genade, die oumense wat oopmaak vir onbekendes. Oumense moet eerder hul lewende have verkoop op die naaste dorp aan ‘n organisasie, as om self op hul afgeleë plase te verkoop. Mens kan nie meer onbekendes vertrou nie – nêrens nie. Sterkte aan hulle en word gou gesond.

Blikkies ·

Dit is seker maklik vir my om voor my rekenaar allerhande raad uit te deel. Ek is bewus hulle vang jou terwyl jy op jou gemakste is of glad nie vermoed nie. Ek praat vir myself en sou dalk as ek weet ek is nie meer so jonk nie en die besigheid is ‘n groot risiko maar seker die radio of paniek knoppie 24/7 aan my lyf hou. Wat ek lees het hierdie arme oom nie ‘n kat se kans gehad teen die gespuis nie.

Vettiemaragartos ·

Oom Willie en tannie Elmarie net dankbaar dat jul relatief OK is. Seker so OK as wat mens ooit na so iets kan wees. Baie sterkte vir julle.

Prontuit ·

Maak nie saak hoeveel veiligheid jy aanbring nie hulle sal ‘n weg kry om dit! al het jy hoeveel honde, gewere, elektriese drade, kamera’s, niks stuit die duiwel nie, miskien moet ons weer soos in ou dae sommer ‘n hele generasie familie lede op een plaas laat bly maar ek is bevrees dit gaan hulle nie eers stuit nie, hulle sal plunder en moor tot daar net lee vervalle gebouie op die plase oor is – die wat moet beskerm kyk ander kant toe so wat kan ‘n mens doen, Gelukkig was die Here met julle daai dag net Hy kan beskerming bied, sterkte oom en tannie ek sou beslis ook nie wou terug keer nie! net bly julle leef

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.