Bejaardes sterf toe huis brand ná aanval

(Argieffoto)

Twee bejaardes is dood nadat hulle Vrydagaand by hul huis op ’n kleinhoewe in die omgewing van Bapsfontein aangeval en die huis aan die brand gesteek is.

Die slagoffers, onderskeidelik 88 en 84 jaar oud, is na bewering tydens die aanval geskiet voordat albei onherkenbaar verbrand het.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê plaaslike veiligheidswagte het die polisie Saterdag in die vroeë oggendure ontbied toe hulle patrollie gery en die brandende huis in die Welbekend-omgewing opgemerk het.

“Die brand was groot en brandbestryders is ontbied. Die twee liggame is gevind nadat die brand geblus is,” sê Makhubele.

Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die Noordstreek, het aan Maroela Media gesê die ondersoek word in dié stadium bemoeilik deurdat die huis heeltemal afgebrand het.

Daar kan dus nie in dié stadium bevestig word of enigiets uit die huis gesteel is nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van dubbelmoord, het Makhubele gesê.

Niemand is egter nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie.

Die DA het Maandag daarop gewys dat minder as een uit elke 20 plaasaanvalle in Gauteng oor die afgelope agt maande tot ’n inhegtenisneming gelei het.

Adrian Roos, hoof van die DA in Gauteng se hof-moniteringseenheid, meen dit is duidelik dat die polisie nie in staat óf bereid is om landelike veiligheidsplanne in dié provinsie in te stel nie.

Volgens Roos is verskeie moorde in Gauteng wat tussen Junie en September 2020 plaasgevind het, nie eens aangebring op die lys wat die polisie in antwoord op ’n parlementêre vraag van die DA oor die status van plaasmoorde in Gauteng verskaf het nie. Dít sluit in die moord op Wayne en Janique Giles op ’n veiligheidslandgoed naby Elandsfontein.

“Die DA sal nie toelaat dat hierdie moorde onopgelos bly nie.

“Die polisie in Gauteng kan nie eens plaasaanvalle voldoende opspoor nie. Dit is duidelik dat burgers bemagtig moet word om die polisie tot verantwoording te roep waar hulle misluk, en hulle moet ook nouer saamwerk met diegene wat die weerloses in landelike gebiede wil beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Genis

Ja Cyril your people are the culprits, and your ANC/EFF leader the instigator! Sis on you and your corrupt ANC… Step down do the right thing… Die bloed op ou end op jou hande!

Danie

Dis moes nie groot hoed se werk nie hy konsentreer op strande!
Dit is baie opsetlik teen wit mense, ons hou jul in ons gedagtes.

LANA is ELANè

En intussen ontwapen die regering almal met wettige vuurwapens danksy drakoniese wetgewing rondom die besit van ‘n vuurwapen. Dit moes vreeslik gewees het om die dood so in die gesig te staar. Ek glo dat hierdie twee oumense nou in vrede rus by die voete van ons Skepper. So geweldadig wreed.

Werner

Wat is dit anders as terrorisme

Jaco

Ek het nog geen plaasmoordenaar ‘n plaas sien kry/oorvat ná die plaasaanval en plaasmoord nie. So kan die ANC en die EFF asseblief vir hulle mense sê om net met hulle plaasoornames te wag tot ná onteiening sonder vergoeding begin het. Tans praat almal nog net daarvan, maar niks het nog wetlik verander of begin nie.