Bejaardes teen dié slenter gewaarsku

Die polisie by die vervalsde geld. Foto: Verskaf

Die Pretoriase polisie het ʼn waarskuwing uitgereik nadat bejaarde mans in twee afsonderlike gevalle met hul pensioengeld ingedoen is.

Kapt. Matthews Noadi, polisiewoordvoerder, het gesê die eerste voorval het op 3 Julie by die Kopanong-uitbetaalpunt in Akasia plaasgevind.

“Vier mans is na die betaalpunt waar hulle vervalste geld gekry het,” het Noadi gesê. Die slagoffers het eers uitgevind hul geld is vervals toe hulle dit wou gebruik het.

Twee verdagtes is kort daarna vir ondervraging in hegtenis geneem en is intussen vrygelaat.

Vrydag is nog ʼn slagoffer, wat van ʼn rolstoel afhanklik is, ook op ʼn soortgelyke manier ingedoen by ʼn uitbetaalpunt in Sone 1 van Ga-Rankuwa.

“Nadat hy sy geld gekry het, het hy dit aan sy kleinseun gegee om ’n bietjie inkopies te gaan doen. Die seun is deur die winkeleienaar in kennis gestel dat die geld vervals is.”

Die bejaarde het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak en die saak word nog ondersoek. Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om paraat te wees en seker te maak hulle kry nie vervalste geld by toelae-betaalpunte nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval of wat vervalste geld opmerk, word versoek om Crime Stop by 08600 10111 of Crime Line by 3211 te SMS. Inligting sal vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Justice ·

Hoe op dees aarde moet ongekunstelde bejaardes by Sassa uitbetaalpunte nou hul geld verifieer dat hul uitbetalings nie vervals is nie? Sekerlik is dit Sassa se probleem en nie die bejaardes sin nie – kan Sassa uitbetalings dan nou glad nie meer vertrou word nie?

Eish ·

Einste. En driekwart kan nie meer mooi sien nie. Verifieer die geverifieerdes? Eish!

annelie ·

Dis tog sekerlik die staat se verantwoordelikheid om te sorg dat hulle geld ‘skoon’ is – hoe kry hulle in die 1ste plek vervalste geld?

EKKE ·

Jy kan maar doen wat jy wil,daar sal maar altyd iemand wees wat steel, skep werk en dit sal verminder..

Jeannette ·

Dit is SASSA geld want dit is in Ga-Rankuwa uitgedeel en pensioen in SA, tensy jy blank is, is gewoonlik SASSA-geld want bitter min swart bejaardes het die voorreg van ‘n privaat pensioenfonds.

Blondie ·

So dit beteken die geld is in transito met vervalste geld omgeruil?! Die vet weet ons is so diep verswelg deur korrupsie, ek weet nie hoe gaan ons ooit uit hierdie gemors kom nie?

Stiena ·

As die geld alles in Zuptas se sakke is, dan vervals ons maar……. hoe moeilik kan dit nou wees.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.