Bejaardes tydens Potch-plaasaanval aangerand

Argieffoto

Argieffoto

Hennie Maree (75) en sy vrou Rensche (74) sterk aan in die Mediclinic Potchefstroom in Noordwes nadat hulle Sondagoggend tydens ʼn plaasaanval erg aangerand en gemartel is.

Kapt. Pelenomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die egpaar is Sondagoggend omstreeks 08:30 op hul plaas Kareerand naby Potchefstroom deur vier gewapende mans aangeval.

“Die vier mans was met vuurwapens gewapen en het klapmusse gedra,” het Makau gesê. “Hulle het vroeër twee werkers in ʼn opstal oorval en aangehou, en toe Hennie daar opdaag, het hulle hom aangerand en vasgebind.”

Die aanvallers het Hennie na sy plaashuis geneem en hom gedwing om die kluis oop te sluit. Rensche is in haar bed aangeval en vasgebind. Sy is met ʼn strykyster gebrand en geslaan.

Die mans het met die egpaar se voertuig, ʼn wit Toyota Venture, van die toneel gevlug. Die voertuig is later verlate opgespoor. Na wat verneem word, is slegs die voertuig en geld wat in die voertuig was, gesteel.

Diana King, die woordvoerder van Mediclinic Potchefstroom, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die egpaar se toestand is bevredigend. “Albei is stabiel. Rensche is van Sondag af in ʼn gewone saal behandel en Hennie in die hoësorgeenheid. Hennie is intussen uit dié eenheid ontslaan en word ook in ʼn gewone saal behandel,” het King gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Grassie ·

Dit is alweer bejaardes wat aangeval is, en alweer ‘n dame met ‘n strykyster gebrand. Dan is daar idiote wat ons wil oortuig dat die motief vir die aanvalle bloot roof is. Ek het nie meer woorde oor om my afgryse te beskryf nie – as ek sê wat ek werklik voel sal die kommentaar verwyder word. Wat ek wel kan sê is dat die meule van die Skepper stadig draai, maar dit draai seker. Barbare, julle dag sal kom!

Pieter ·

Kry julle feite agter mekaar voor julle stories publiseer. Die aanval het vyf uur die oggend plaas gevind en dis nie in ‘n opstal nie dit was in ‘n melkstal maar dus tipies media en Afriforum ewe deur die weer!!!!!!! Dis ligtelik gestel. KOm by in die lewe

Pieter ·

Kry julle feite reg voor julle artikels plaas. Dit was 5:00 die oggend en het in hul melkstal plaas gevind nie in ‘n opstal nie, julle storie het baie foute in, maar dit is tipies joernalis verdraai altyd die waarheid. Kom by in die lewe!!!! O en as julle wonder hoe ek die feite weet, ek is ‘n familie vriend.

Lisa ·

Charmaine jy kon dit nie beter sê nie!! Ek stem 100% saam met jou… maar nogsteeds sal Mev Pejega nie op ‘n plaas gaan slaap nie want volgens Mev het plaasmoorde en aanvalle mos afgeneem!! Kyk die perd het haar oog klappe op en niemand sal haar verkeerd bewys nie!! Viva Sa… Viva ANC!!!

Andries ·

Kan dit nie verstaan, almal weet ou mense word geteiken, maar dit gebeur oor en oor en oor. Verdomp man julle weet, die ou mense gaan aangeval word, maar sit maar en wag tot dit gebeur. Ek kan julle beloof dit gaan weer gebeur, sit maar agteroor en wag. Julle weet wie julle is en ou mense moet ook nou besef hulle word geteiken.

selfbeskikking ·

Ou mense moet werk vandag om te kan tred hou met finansies, ens, en plaasboere is nie juis anders nie. Dit is ongelukkig nie net plaasboere wat aangeval word, heelwat gewone mense in strate, dorpe en stede word ook aangerand en selfs vermoor, gru verbrand. Jongmense, selfs kinders word aangeval en vermoor. Hierdie tendens gaan nie verander nie, maar Afrikaners en blankes moet binne die wet hulself meer beveilg en ouer mense moet hul kwesbaarheid besef. Glo nie ouer mense werk en bly op plekke nie, want alle plekke is kwesbaar.

Afrikaner en blanke Selfbeskikking is ons enigste oplossing. Laat die wat nie wil vra vir selfbeskikking nie, gerus maar in die “reenboognasie” agterbly. Afrikaner selfbeskikking het ‘n doodsaaklikheid geword en saam met B-BBEE word ons totaal en al afgesny van enige landsekonomie.

Ons menseregte word in die proses vernietig en so ook ons kultuur.

Dave ·

‘Pieter’ het jy gesien hoe ons bo-oor jou aandagtrek briefies lees? Jou poging om bloot ook ‘n eiertjie te lê? Vir ingeval iemand nie agterkom dat jy ‘ ‘n familievriend is’ Jou briefies en uitroeptekens is nie is nie een aan gesteur nie. Dit is ligtelik gestel. Kom by in die lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.