Bek-en-klouseer nie opgelos – departement

(Argieffoto: pixabay)lim

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling neem kennis van die vals berigte wat op sosiale media die ronde doen waarin kwansuis bevestig word dat die uitbreking van bek-en-klouseer in die Vhembe-distrik in Limpopo verby is.

Die departement het bevestig dat dit nie die geval is nie en versoek die publiek om nie dié vals berigte verder te versprei nie.

Bek-en-klouseer is in Februarie verlede jaar in die Vhembe-distrik en in November in die Molemole-distrik in Limpopo aangemeld.

Reggie Ngcobo, departementele woordvoerder, sê geïdentifiseerde plase en voerkrale in dié distrik wat tot op hede met bek-en-klouseer besmet is, is steeds onder kwarantyn.

Soos vroeër berig, het minister Thoko Didiza vroeg in Desember ʼn landwye verbod in die Staatskoerant aangekondig waarvolgens alle byeenkomste van diere tydelik gestaak word. Dit sluit in skoue, veilings vir spekulasiedoeleindes of enige ander byeenkomste. Die verbod is van toepassing op alle lewende gesplete hoefdiere wat na een bestemming geneem word vanaf meer as een plek van oorsprong. Geen datum is gegee vir wanneer die verbod opgehef gaan word nie.

Die departement moedig diere-eienaars aan om steeds basiese voorkomingsmaatreëls toe te pas om te verhoed dat hulle diere besmet word. “Moenie diere wat ʼn hoë risiko het om besmet te word verskuif nie. Koop slegs diere van ʼn betroubare verskaffer en dring aan op ʼn gesondheidsverklaring van ʼn veearts,” sê Ngcobo.

Ngcobo sê enige vermoedelike gevalle van bek-en-klouseer moet vir verdere ondersoek by die naaste staatsveeartskantoor of naaste veearts aangemeld word. “Eienaars wat diere van besmette eiendomme aangekoop het, moet dit onmiddellik by die provinsiale veterinêre owerhede aanmeld vir vinnige opvolgondersoeke.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Dit is ‘n skande dat lande soos Mosambiek ‘n verbot op vervoer van ons vleis moet plaas omdat die “departement van landbou, GRONDHERVORMING..” totaal onbevoeg is om beheer te neem. Ek vermoed grondhervorming dra meer gewig as dit wat op die grond verbou word.

Gert ·

Ek wonder of die geagte minister en ondergeskiktes regtig die uitwerking besef wat dit op kleinboer het. Veilings is die plek waar een of meer vee verkoop word en die prys bepaal word deur vraag en aanbod. Nou mag geen veilings meer plaasvind nie. Op n veiling word bv beeste opgekoop deur voerkrale om afgerond te word vir slag. Nou bied die voerkraal of slagter jou aan net wat hy wil. In die afgelope twee of wat maande het die verkoop prys van speenkallers reeds met 15% gedaal. Ons sien dit nie op die winkel se rakke nie. Nou het die kleinboer wat sy paar beeste kon aanjaag veiling nie meer n afset nie. Hoe werk dit. Duidelik is die besluit geneem op aanbeveling van iemand buite die ministerie.
Gerugte loop reeds dat die mega -voerkralle agter hierdie besluit sit.
Terugvoer van Rooivleis Produsente organiesasie en landbou organisasies aan die publiek skiet vêr te kort.

Lou ·

Diere hoef nie vervoer te word van een plek na ‘n ander nie. Hulle loop sommer self want daar is nie meer grensdrade om plase wat deur swartes besit word nie. Beeste en donkies loop oral rond en veroorsaak baie motor ongelukke en skade.
Dit lyk op baie plekke in SA soos in Botswana. Geen beheer oor diere nie, hulle wei die wereld vol.

Jennefer ·

Net nog n manier om boere van die grond af te kry. Die regering stel hoegenaamd nie belang om te help nie, ek glo die sjinese staan en wag om grond oor te neem. Hul voedselproduksie gaan reguit Sjina toe en ons sal verhonger.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.