Bek-en-klouseer: Saai gaan app met naspeur­baar­heids­funksie toerus

Foto: Saai

Die landbounetwerk vir familieboere, Saai, het Vrydag aangekondig dat hy sy veediefstaltoep, STIC, eersdaags sal uitbrei om naspeurbaarheid van vee se bewegings te prioritiseer.

Dít kom na aanleiding van die departement van landbou, bosbou en visserye se aankondiging dat bek-en-klouseer in die Molemole-omgewing van Limpopo uitgebreek het. Weens die uitbreking van dié siekte het die departement ook aangekondig dat ’n tydelike verbod in Limpopo, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes geplaas word op veilings van alle vee wat daarvoor vatbaar is.

“Die STIC-app is aanvanklik geskep om gemeenskapstrukture te bemagtig deur hulle in staat te stel om veediefstal op ’n proaktiewe wyse te bekamp,” sê Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai. “In die lig van die uitbreek van bek-en-klouseer sal ons naspeurbaarheid ook so gou moontlik tot dié platform voeg.”

Dié naspeurbaarheidstegnologie is uit China afkomstig en is gebruik om Afrikavarkgriep te bekamp nadat die uitbreek daarvan in dié land ongeveer die helfte van die land se varksôe uitgewis het. STIC, wat deur die African Farmers Network ontwikkel is, sal ook dieselfde protokolle as die Chinese naspeurbaarheidstelsel toepas. Hoewel STIC deurlopend ontwikkel word, kan familieboere reeds van dié app gebruik maak deur by https://stocktheft.com/ te registreer.

Stuur jou naam na die Saai WhatsApp-groep by 066 071 6094 om op hoogte van die nuutste verwikkelinge rondom die app te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Genoeg ·

In Julie 2019 was ons op ‘n plaas naby Mariental waar 267 varke, bere, soë en kleintjies van 3dae oud almal doodgeskiet moes word agv African Swine Fever. Dit was due mees hartseer ervaring van my 62jr op hierdie aarde. Ek kan net nie verstaan waarom daar nog nie ‘n kuur teen varkgriep gevind kon word tot op hede nie.

Ellisras ·

Ek is ‘n lis van AfriForum. En ek is presies die teikenmark van SAAI. Die twee is broeder/suster organisasies. Kan iemand my antwoord. Ek kan tog nie aan al 2 behoort en ledegeld betaal nie. Daar moet iets gereël word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.