Bek-en-klouseer-uitbraak in Limpopo bevestig

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van landbou het bevestig dat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het.

Bomikazi Molapo, woordvoerder van die departement, het gesê die Limpopo-veeartsenydienste (LVS) het verlede week simptome opgemerk by vee van die Matiane-gemeenskap waarna laboratoriumtoetse die uitbraak bevestig het. “Die uitbraak is bevestig as ʼn SAT 3-stam van die virus.”

Molapo het daarop gewys dat die Matiane-gemeenskap in die Thulamela-gebied in die Vhembe-distrik is en dat dit in Suid-Afrika se bek-en-klouseer-beskermingsone val “waar inentings gereeld gedoen word”. Die LVS het verlede week sy kommer uitgespreek dat vee naby die grens aan bek-en-klouseer blootgestel kan word aangesien Zimbabwiërs glo grensheinings sny.

Volgens die LVS word die probleem vererger weens die feit dat die gebied naby die Krugerwildtuin is waar buffels wat met die virus besmet is wei. In reaksie hierop het die LVS gesê hulle monitor die gebied en dat kwarantynmaatreëls van toepassing is.

Molapo het gesê aangesien die jongste uitbraak in die beskermingsone voorkom, dit nie ʼn effek op Suid-Afrika vryesone-status behoort te hê nie en ook nie ʼn invloed op Suid-Afrika se uitvoeraktiwiteite nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.