Bekende advokaat gaan Coligny-appèl hanteer

Adv. Barry Roux. Foto: Kevin Sutherland/Times Media Group/Pool (SAPA)

Die vooraanstaande en bekende advokaat Barry Roux gaan die appèlaansoek hanteer van die twee mans van Coligny wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn tienerseun van dié dorp in Noordwes.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Maandag bevestig Roux gaan Pieter Doorewaard (27) en Phillip Schutte (34) se appèl hanteer. “Die appèlproses kan eers begin nadat die vonnisverrigtinge afgehandel is,” het Kriel gesê. Hy sê die verdediging se regspan het reeds met Roux vergader.

Roux is ʼn ervare en vername advokaat wat veral onder die publiek bekend geword het toe hy vir Oscar Pistorius verteenwoordig het toe hy aangekla is van die moord op Reeva Steenkamp.

Doorewaard en Schutte is skuldig bevind van die moord op die 16-jarige Matlhomola Mosweu op 20 April 2017. Die hof het die staat se weergawe van gebeure aanvaar dat die twee beskuldigdes Mosweu van ʼn bewegende voertuig afgegooi het en dat hy weens die beserings gesterf het. Doorewaard en Schutte het egter deurentyd volgehou Mosweu het self van die bakkie afgespring en dat hy nie gegooi is nie.

Dit het vroeër vandeesmaand aan die lig gekom dat Bonakele Pakisi, die enigste ooggetuie in die saak, na bewering by twee mense gebieg het dat hy in die hof gelieg het toe hy gesê het hy het gesien hoe die twee mans vir Mosweu van die bakkie afgooi.

AfriForum het op grond van dié bekentenis besluit om Doorewaard en Schutte by te staan om teen hul skuldigbevinding te appelleer. Kriel sê die organisasie dra kennis van ʼn ander priester in die Vrystaat wat ook beweer dat Pakisi aan hom gesê het hy het in die hof gelieg.

Phillip Schutte en Pieter Doorewaard. Foto: ANA

‘Hulle sou doodstraf verdien het’

Intussen het die vonnisverrigtinge vandag in die Noordwes-hooggeregshof begin met getuienis van Stan Mnyakama, ʼn gemeenskapsleier, wat ter verswaring van vonnis getuig het. “Die ouers van die beskuldigdes kan hulle in die tronk besoek, hulle kan met hulle praat en hulle omhels, maar Mosweu se familie sal nooit weer met hul seun kan praat nie. As dit in die verlede was, sou hulle die hang paal [sic] verdien het, maar nou sal lewenslank ʼn gepaste vonnis wees,” het Mnyakama gesê.

Hy het gesê die gemeenskap is geruk deur Mosweu se dood. “Die gemeenskap was seergemaak. Die voorval is die Sondag by my aangemeld; dat ʼn seun Donderdag doodgemaak is en daar was nog geen inhegtenisneming nie. Ek het onmiddellik vir speurder Seponkane gebel om die saak te hanteer.”

Mnyakama, ʼn plaaslike skoolhoof, het aan die hof vertel hoe woedende gemeenskapslede op ʼn verwoestingstog gegaan het en selfs skole binnegestorm en leerders uit die klaskamers gedwing het. Hy het aan die hof gesê hy is destyds dorp toe en het gesien hoe boere in bakkies die dorp binnekom en op die straathoeke stilhou.

“Ek was bang as een mens deur een van die boere geskiet word, sal die dorp vernietig word.”

Hy het aan die hof gesê vóór Mosweu se dood, het swartes en wittes mekaar “verdra”, maar dat die twee rassegroepe sedertdien uitmekaar gedryf het.

Die vonnisverrigtinge duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

christa ·

p[ragtig. Dankie Afriforum. Wys hulle waar het Dawid die wortel gegrawe.

Blits ·

Kan iemand my reg help asb?

Van wanne af het n sogenaamde gemeenskapsleier en skool hoof die mag om aan polisie speurders opdragte te gee en te sê wat hulle moet en nie moet doen nie?
Is dit nie dalk die selfde sogenamde gemeenskapsleier wat ook vir die knaap gese het om bewyse te verdraai en anne weg te steek nie?

Enige persoon met n halwe bruinsel sou kon sien daar n helse fout as n getuie se dat altwee mans agter op die bakkie was en die knaap afgegooi het van n beweegende voertuig nogal, my vraag is en niemand kan dit beatwoord wat in die saak betrokke was nie is HOE DERDUIWEL KAN DIE VOERTUIG VAN SELF LOOP AS ALTWEE MANS AGTER OP DIE BAKKIE WAS EN DIT WAS NOGAL OM N DRAAI en HOE HOU JY JOU BALANS AGTER OP N BAKKIE TEEN 60 / 70 /80 KM PER UUR OP N GROND PAD EN DIT OOK NOG TYDENS N STRUWELING OM IEMAND VAN N VOERTUIG AF TE GOOI?

Ek sal daarvan hou dat iemand dit aan my kan bewys! ek bly op n plaas ry elke dag grond pad en glo my daar nie n manier om balans te hou soos hulle beweer nie, jy sal moet vashou met een hand en niemand kan n gestoei wen so met een hand nie, dit gebeur net in flieks

Andries Visagie ·

Gaats, praat van die kat aan die stert beet hê…

Allan ·

Dankie aan AfriForum en Mr Roux, dit word baie waardeer. Die twee manne word verniel onder leuns en rassisme, en hulle het hulp nou brood nodig.

Nita ·

Wie het die bakkie bestuur as die twee groot fris manne agter op die bakkie sit?

LD ·

Die vraag is al baie gevra!!! Maar nog nooit geantwoord nie!!!

Yankee ·

Soos met Oscar. Smaak my Suid-Afrika het net een advokaat, en hy verloor meer sake as wen!!

Anoniem ·

Yankee, sal jy asb die aantal hofsake wat hy verloor het asook die wat hy gewen het lys? Dan kan ons self tel of hy meer hofsake verloor as wen.

Gaitsigubib ·

Daar is soms kommentators wat kerm dat die bybel by alles betrek word. Tog spruit die reg oor groot dele van die wereld uit die Romeinse wetgewing (Reg) wat in ‘n groot mate geskoei is op bybelse wetgewing. Deut 19:15 se die volgende: “een getuie mag nie getuienis lewer teen ‘n ander persoon nie, daar moet twee of drie getuies wees”. Ek wonder by watter boek vind hierdie regter sy insperasie, seker in die freedom charter!

Judge Dredd ·

Barry Roux – “What if I put it to you, that somebody had to drive the vehicle?”

Philip ·

Dankie Afriforum. Barry Roux gee hulle gas. Ek lees elders die getuie sê hy was gedwing om te sê hy het gelieg. Nou sal ons wat die waarheid is. Dis net oorlog teen wit Afrikaners.

Blommie ·

Verstaan ek reg mnr Roux gaan die appèlsaak hanteer. Wie is dan die advokaat wat die 2 mans verteenwoordig.

Abe ·

Blommie,
Die twee aangeklaagdes sal deur adv. Barry Roux verteenwoordig word tydens hulle apel teen hulle skuldigbevinding en vonnis.

Johan H. ·

Ondersoek daaie oorywerige regtertjie, hulle dink hulle loop op water!!!

Abe ·

Johan H,
Daar is geen moontlikheid dat die regter in die saak ooit ondersoek sal word nie. Wat laat jou dink daar is?

Moppy ·

Dis darem baie goeie nuus vir di 2 manne, en ons het gebid dat reg en regverdigheid sal seevier in Jesus Naam en dis erg dat onskuldige persone deesdae baie onregverdigheid deur di Regstelsel foutiewelik gestraf word, sal net aanhou bid vir di manne asook di 2 met di kis

Anoniem ·

En nie een van ons dooie boere se families kan julle onhels nie

GP ·

Soveel onreg al teenoor ons mense die laast 2 jaar gedoen. Hoeveel plaas wesies is daar al. Hoeveel mense vat al jare om oor plaas en ander gewelds aanvalle te kom. Hoeveel sake was al totaal uit verband geruk? Vicky Momberg Penny Sparrow die kfc geval Sweizer juffrou en nou hierdie 2 wat op moord skuldig bevind is gebaseer op een getuie wie se getuienis nie eers sin maak nie.

Ek wens die mense wat skuldig is daaraan om hierdie mense se lewens te vergal kan van hul eie medisyne kry. Insluitend die regter in die saak.

Brutus ·

Die doodskis saak moet ook beslis op hersiening gaan en vinnig ook hoop maar daar is wel bekwame appel regters.

Jr ·

Hoekom die hartseer storie dat hy nie sy ouers kan sien en omhels. Wat van die duisende boere families wat nie meer hul geliefdes kan omhels. What a weak argument

jakes ·

Die regter in die saak sal beslis getoets word. Die skoolhoof se getuienis ter verswaring is lagwekkend. Rassisme is ooglopend. Looi hulle Barry.

Domeritus Danie Malan ·

Die kernprobleem in die aanwending en toepassing v.d. Ruwe (sic!) SA se regstelsel is dat die Woord van God soos dit neerslag vind in die Bybel nie meer as die enigste norm en maatstaf beskou word nie, maar die Handves van Menseregte (wat eintlik moes wees die Handves van Mense se voorregte en verantwoordelikhede!) . Die betrokke regter is glo bekend daarvoor dat hy al in die verlede twyfelagtige uitsprake gelewer het. My vraag is hoe kan so ‘n regter [wat in hierdie geval op grond van ‘n enkele ongeloofwaardige sg. “ooggetuie” (wat later erken het dat hy meineend gepleeg het) bevind het dat die twee jongmanne aan MOORD MET VOORBEDAGTE RADE skuldig is] nog toegelaat word op die regbank? Sal hy aangekla kan word van onbillike, onredelike uitoefening van sy verantwoordelikhede en pligte en/of van onregmatige regspraktyk/regsverdraaiing – in ‘n nuwe aparte saak ? Deur wie?
Daar is darem een belangrike ligpuntjie: Afriforum het of sal appèl aanteken teen die skuldigbevinding EN die vonnis!
Baie sterkte, wysheid, geduld en daadkragtige onbeskroomde optrede word die betrokke regslui en advokate toegebid en toegewens. MAG REG EN GEREGTIGHEID UITEINDELIK IN DIE BELANGRIKE TOETSSAAK SEËVIER!

Elbie Naude ·

Dankbaar dat die manne hulp gaan kry. Smaak my oral word druk geplaas op verskeie individue om uitslae te manipuleer. Al is die feite voor hulle ‘n spul leuens. “Jy mag geen valse getuienis teenoor jou naaste spreek nie.”

Elvira ·

Dankie Barry Roux. Trek hierdie liegbekke wat hulle in die tronk wil he vas. Hoop ook daardie “ooggetuie” wat so lieg word nou goed vasgevat.

Bertie ·

Dankie julle!!! as JY wat hier lees, NIE ‘n LID van Afriforum en Solidariteit is nie, SLUIT vandag aan. Die aansluitingsfooie en maandelikse bydrae is baie min. Ek, en my gesin en my werkende kinders is almal lid. TROTS Afrikaans.
Dankie Afriforum!

Wonder ·

Hoop hy vaar beter as in Oscar se saak. Dalk maar vir Gerrie Nel inroep vir hulp, die is seker daar erens in die wandelgange v Afriforum

Abe ·

Wonder,
Wat n oningeligte kommentaar. Barry Roux het uitstekend gevaar in die Pistorius saak. Hy is n uitstaande advokaat. Hy sal wel bygestaan word deur adv. Gerrie Nel in die apelsaak van Doorewaard en Schutte.

toy ·

Yankee, hoe maak jy so afleiding. Sit jy in by elke hofsaak van Barry Roux.

Judge Dredd ·

@Yankee – wen of verloor gaan sekerlik nie net oor hoe goed die advokaat is – maar of die klient werklik onskuldig is – in die geval van ‘n skuldige klient sal ‘n goeie advokaat baie keer ‘n ligter straf vir hul klient kan kry..

Harry ·

Ek dink ons moet al die wit werkloses vat vir hulle betaal vir die dag en aflaai met busse by howe waar die plaasaanvlaaers verhoor word en ook “demand” vir geregtigeheid.

DeVill ·

Die twee manne moes sekerlik “musical chairs” gespeel het toe die seun afgestamp is.
Na elke Klipwerf liedjie ruil hulle en dan bestuur die ander een weer!
Eers het die een bietje agterop gery en dan die ander een.

Snaaks dat daar nie gesê word wie bestuur het en wie gestamp het nie!(Het ek dit dalk gemis?)

As ek in hierdie situasie was, en ek het die bakkie bestuur, sou ek vir ‘n feit nie die val gevat het vir die persoon wat agter op was en die seun gestamp het nie.

Ek sou net bloot gesê het “Ja, hy het die seun gestamp!” en dan sou ek onskuldig gewees het!

Maar lyk my nie dit is wat regtig gebeur het nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.