Bekende afslaer Stephan Welz oorlede

Stephan Welz Foto: Strauss & Co

Stephan Welz Foto: Strauss & Co

Die bekende kunskenner en afslaer, Stephan Welz, is Vrydag op Kersdag in die ouderdom van 72 oorlede.

“Strauss & Co moet met groot hartseer dat ons besturende direkteur, Stephan Welz, op 25 Desember oorlede is ná ʼn kort siekbed,” het die maatskappy op sy webwerf bevestig.

Welz is verlede maand met drie tipes kanker gediagnoseer. Sy vrou, Carmen, het aan SAUK gesê hy is om 16:00 by sy huis in Johannesburg oorlede. “Hy wou nie ʼn hospitaalbed sterf nie,” het sy gesê. “Ons is bly dat hy in sy eie bed was, omring met blomme en die musiek waarvoor hy lief was.”

ʼn Gedenkdiens sal volgende jaar gehou word.

Welz het meer as 36 jaar ervaring in die afslaersbedryf met Sotheby’s in Londen, Amsterdam en Suid-Afrika. Hy het ʼn omvattende kennis gehad van Suid-Afrikaanse kuns en antieke ware en was baie gerespekteer in sy veld.

Strauss & Co is een van die grootste afslaers in Suid-Afrika en ʼn wêreldleier in die Suid-Afrikaanse kunsmark met ʼn jaarlikse omset van meer as R155 miljoen. Strauss & Co het onder leiding van Welz nege van die 10 duurste skilderye ooit in Suid-Afrika op ʼn veiling verkoop. Welz is die Suid-Afrikaner met die meeste afslaersrekords. Lees meer oor sy lewe.

Hy het in 2006 die maatskappy, Stephan Welz & Company, verkoop en het geen meer belange in dié maatskappy gehad nie, al gebruik hulle steeds sy naam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Wat ‘n aangename voorreg om hierdie merkwaardige man ook te kon ontmoet met ‘n klompie van my oudhede.
Sterkte aan sy familie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Maroela het jou kommentaar goedgekeur, maar wanneer ‘n sekere aantal lesers ‘n kommentaar vir watter rede ook al “rapporteer”, word dit weggesteek totdat ons dit weer kan nasien. In hierdie geval het lesers jou kommentaar gerapporteer, maar ons het dit weer goedgekeur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

GES ·

Maroela, ek wil voorstel dat dit oorweeg moet word, dat wanneer iemand ‘n plasing rapporteer hy sy / sy haar naam en epos adres plus rede moet verskaf. Die rapportering van Peet se kommentaar klink of dit kwaadwillig gedoen is.

GES ·

Dit is swaar om afskeid te neem van iemand wat sulke diep spore getrap het en homself onderskei het op sy gebied. My innige simpatie aan die familie. Ons eer Stephan se nagedagtenis, rus in vrede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.