Bekende akteur in Knysna aangeval

Terence Bridgett. Foto: Twitter

Terence Bridgett. Foto: Twitter

Die bekende akteur Terence Bridgett is vroeg Maandagoggend by ‘n huis in Knysna in die Wes-Kaap aangeval en beroof.

Bridgett is in Knysna vir die verfilming van ‘n rolprent. Maynard Kraak, ‘n vervaardiger by die produksiehuis West Five Films, het aan Maroela Media gesê Bridgett is omstreeks 2:00 Maandagoggend aangeval. Hy is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling en is reeds ontslaan. Volgens die Knysna-Plett Herald is Bridgett so erg gewurg dat hy sy bewussyn verloor het.

Kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat ‘n man by ‘n huis in Circularrylaan deur twee verdagtes oorval en aangerand is. Sy sê die 39-jarige slagoffer het op die bank gelê en slaap. “Hy is deur twee verdagtes wakker gemaak waarna hulle hom aangerand het. Hy het beserings opgedoen en is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling.”

Steyn sê talle items is uit die huis gesteel waaronder ‘n iPhone, bankkaarte, ‘n beursie en wyn. Sy sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, kapt. Carolus Heyser, by 044 302 6652 kontak.

Bridgett is onder meer bekend vir sy rol as Chico Booysens in Isidingo en Jerome in 7de Laan. Hy het ook al in verskeie Afrikaanse rolprente waaronder Musiek vir die agtergrond en Jimmy in pienk verskyn sowel as talle verhoogproduksies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

AmY ·

Ai Terence, ek hoop jy kom gou hierdeur.

Ons almal is al so siek en sat vir die midaad in hierdie mooi land van ons.

En as die boewe dan mens se besittings (waarvoor ons toevallig flippen hard werk) MOET vat, waarom dan mens seermaak en aanrand en byna vermoor of soms selfs vermoor?

Is ons lewens dan niks werd vir hulle nie?

Theresa ·

Ai tog. Nog ‘n slagoffer en nog iemand so ongeskuldig deel van die land se statistiek. Ek is bly Terence lewe en wens hom sterkte toe en hoop regtig hy is liggaamlik en geestelik ok,. Terence is een van die min mense wat ‘n mens so lekker vermaak. Staan sterk Terence, moenie dat hierdie varke wat vol demone is jou onderkry nie.

Theresa ·

Nee Amy – Ons lewens is niks werk vir hierdie demoniese nasie nie………………

AmY ·

Dis die ergste Theresa. Dat ons niks in hule oë is nie, Hulle is koud en gevoelloos.

Theresa ·

Dis baie waar Amy. Ek dink nie daar is ‘n sel van menslikheid in hulle liggame nie. Kyk maar net (onder andere) watse sirkus is die Parlement. Ek skaam my dood. Kan net dink hoe lag die buiteland se mense vir Suid-Afrika.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.