‘Bekende akteur’ vas oor ontvoering, uitbuiting

Argieffoto

ʼn “Bekende Suid-Afrikaanse akteur” en twee medepligtiges sal na verwagting Maandag in die Booysens-landdroshof in Gauteng verskyn op aanklag dat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, en op ʼn rits ander aanklagte, waaronder ontvoering en uitbuiting.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die drie mans, tussen 27 en 38 jaar oud, is Vrydagmiddag in hegtenis geneem by South Gate-winkelsentrum in Johannesburg toe hulle glo geld van ʼn sakeman wou bekom.

“Die sakeman is na bewering in Junie deur een van die verdagtes gekontak en die persoon het aangevoer die sakeman se vennoot het hom verwys. Hulle het op ʼn gemeenskaplike plek in Isando ontmoet, maar met sy aankoms, is hy gedwing om saam met die verdagte na ʼn huis in Klopperpark, aan die ooste van Johannesburg, te ry,” het Mulamu gesê.

“Met hul aankoms het die verdagte glo diamante te voorskyn gebring, dit op ʼn tafel neergesit en twee ander persone het toe by die toneel opgedaag. Dié twee het hulself as polisiebeamptes voorgedoen. Hulle het dadelik omkoopgeld van R100 000 van die sakeman geëis om die onwettige transaksie te laat verdwyn.

“Hy het bietjie geld in sy beursie gehad en dit vir hulle gegee. Hulle het verder geëis om die sakeman se bankbalans op sy selfoon te sien. Hulle het hom daarna na Kempton Park en Fourways geneem waar hy R31 000 uit sy rekening kon onttrek. Hy is daarna vrygelaat.”

Die sakeman se saak is verlede Woensdag by die Valke se eenheid, wat ernstige korrupsie ondersoek, aangemeld. “Die span kon Vrydag ʼn ontmoeting by South Gate-winkelsentrum reël op voorwendsel dat die balans betaal sou word. Een van die verdagtes het in die klaer se voertuig gespring om die geld te kry, en hy is in hegtenis geneem ná hy die geld in ontvangs geneem het.”

Die twee ander verdagtes was in twee afsonderlike voertuie en het gepoog om te vlug toe hulle die inhegtenisneming sien, maar hulle is ná ʼn kort jaagtog aangekeer en in hegtenis geneem.

“Die drie staan tereg op sewe aanklagte waaronder dat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het, uitbuiting, diefstal, ontvoering, korrupsie en dwarsboming van die gereg.”

Die name van die beskuldigdes is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

piet piet ·

Ek kan net dink wie die akteur is en waar hy n akteur is.

Stefan ·

A famous South African actor on a hit “TshiVenda soapie.” Dit is nie sommer enige akteur nie. Het die op news 24 raakgesien.

TLC ·

????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????

Blommie ·

En die sakeman wat na die polisie gehardloop het omdat hy omkoop geld aanvaar het om sy diamant skandaal stil te hou… GAAN HY OOk AANGEKLA WORD!

Rika ·

Whahahaha het hy gedink hy is besig met n hoofrol in een of ander rolprent. Shame die kop raas dis hoekom hulle akteurs genoem word lewe in twee werelde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.