Die bekende en geliefde aktrise Elize Cawood het Saterdag haar stryd teen kanker verloor.
Sy is vanoggend om 09:19 dood nadat longkanker in September by haar gediagnoseer is en het moedig tot die einde baklei, het haar dogter, Jenna Jo Dunster, in ʼn Facebook-inskrywing gesê.
“Sy was in geen pyn toe sy dood is nie en ek en my pa was by haar.”
Die veelbekroonde Cawood was getroud met die akteur Wilson Dunster.
“Ons wêrelde gaan sonder haar nooit weer dieselfde wees nie, maar ons vier die uitsonderlike mens wat sy was.”
Die gesin het mense vir hul liefde en steun bedank en gevra vir privaatheid.
ʼn Groot groep Afrikaanse kunstenaars het vroeër vanjaar saam met die vervaardigers van die Afrikaans is Groot-konsertreeks ʼn konsert ten bate van Cawood gehou om haar te ondersteun in die tydperk waarin sy nie meer kon werk nie.
Sy was verlede jaar nog op die AiG-verhoog te sien saam met haar man en dogter tydens Laurika Rauch se treffer “Die nostalgie”.
“Elize is ʼn nasionale juweel, veral vir die Afrikaanse kunste,” het Barry Pretorius, regisseur van Afrikaans is Groot, destyds gesê.
Talle boodskappe van medelye het reeds begin instroom.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Ai dis so tragies. Sy was ons so n geliefde aktrise. Sterkte aan die Dunster familie en wees geanker aan ons Trooster ons Here.
Een van ons bestes. Sy sal gemis word. Innige simpatie aan haar gesin.
Sy was waarlik ‘n een van die beste Afrikaanse aktrieses. Sy sal baie gemis word deur almal, die veral die Afikaanse gemeenskap en die industrie. Baie sterkte aan haar gesin. Mag God julle toevou in sy liefdevolle arms. Ons het baie mooi herinneringe van haar.
Sy was een top aktrise. Ek sal altyd haar toneel spel (en haar stem) onthou
Jaco dis nou onnodig