Bekende aktrise sterf op 50

Die aktrise Franci Swanepoel. (Foto: Facebook/ Adriaan Marais)

Die aktrise Franci Swanepoel is Saterdagaand op die ouderdom van 50 in haar slaap oorlede.

Die TV-vervaardiger Soné Combrink het die hartseer nuus aan Maroela Media bevestig. Die oorsaak van haar dood is in hierdie stadium nog onduidelik.

Swanepoel is veral bekend vir haar rol as Toeks Joubert in die Afrikaanse sepie Binnelanders. Sy het ook as aanbieder vir Fiësta en SABC2 gewerk.

Huldeblyke het teen Sondagaand op sosiale media begin verskyn.

Die akteur Adriaan Marais skryf op Facebook: “Liefste Franci Swanepoel, jy het jou engelvlerke gekry… Ek het soveel by jou geleer as akteur en as mens. Ek gaan jou ongelooflik mis vriendin, al daai lekker gesels, lag en huil, vandag is my trane vir jou. Dankie vir al die geloof en liefde wat jy my deur die jare gewys het.”

Die fotograaf Stefan Botha het haar in ʼn twiet bedank vir die “reusespore” wat sy in die Afrikaanse vermaakbedryf getrap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Arno ·

Dis nou verskriklike nuus vir ‘n Maandag oggend. My hart gaan uit aan haar familie en vriende. Sy was nog so jonk. Rus in vrede Franci <3

Lillian ·

Skokkende hartseer nuus …
Franci se uitmuntende rol in “Lien se langstaan skoene” sal my altyd bybly. Ek kan nie glo jy is weg nie. Rus in Vrede, Franci.
Sterkte aan haar familie, vriende en kollegas.

Lourina ·

Ai nee TOG, net gisteraand weer na HARTland begin kyk ….. RIV Franci

Wondermaarnet ·

Dit is so hartseer. Sterkte aan familie en vriende.

Kiewiet ·

My hart is so seer Franci was die dierbaarste mooi aktrise met haar mooi blou oë..ons gaan jou so mis …Rus Sag by Jesus se voete

Fran ·

So hartseer! Was die uitmuntende omroeper Nic Swanepoel se dogter.

Carin ·

Roek, dit IS inderdaad tragies en hartseer. Mense wonder maar net meer deesdae want daar is net te veel sulke stories wat deesdae opduik. Of dalk is mense meer bewus, ek weet nie…

Moedeloos ·

My hart huil saam met haar familie en vriende. Sal haar altyd onthou. Sterkte aan haar familie in hierdie hartseer tyd.

Erika ·

Dit is baie hartseer nuus, sy was puik aktrise, baie mooi stem. Nou is haar stem stil. Baie sterkte vir haar familie en vriende.

Hannelie ·

Dis ‘n groot skok en hartseer. Sy was so pragtig en uitstekende aktrise.

Psyggie ·

Dit is sommer ‘n groot slag vir ons Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.
Baie baie hartseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.