‘Bekende aktrise’ wat glo dwelms smokkel se naam bekend

Argieffoto

Argieffoto

Die 29-jarige aktrise wat na bewering probeer het om R4,6 miljoen se dwelms in Suid-Afrika in te smokkel, het Dinsdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Ottilia Mmatjatji Malatji is Sondag by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem kort nadat sy vanaf Abu Dhabi geland het.

Sy het glo probeer om deur die “niks om te verklaar nie”-kanaal by die doeane te glip, maar is deur beamptes voorgekeer. Meer as 15 kg efedrien, ʼn hoofbestanddeel in metafetamien, is glo in haar besit gevind.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in ʼn verklaring gesê die vrou is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise. Luther Lebelo, woordvoerder van die SAID, het by navraag aan Maroela Media bevestig dat sy te sien was in sepies soos Isidingo, Rhythm City, Skeem Saam en Scandal.

Die vrou, wat in Ivory Park woon, is blykbaar egter nie ʼn bekende nie. ʼn SAID-beampte het gesê dit blyk die verwarring het ontstaan toe polisiebeamptes by die lughawe die vrou met ʼn sepie-ster verwar het. Dit is nog nie duidelik of die vrou wel ʼn onbekende aktrise is of nie.

ʼn Groot groep joernaliste en fotograwe was Dinsdag by Malatji se hofverskyning. Die saak is uitgestel tot 7 Oktober. Sy sal tot dan in aanhouding bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Christie Joubert ·

Siestog! Sy moet seker maar n ander vorm van inkomste kry, siende dat die grootbaas van sabc, vir homself sulke hengse verhogings en salarisse beding. Daar bly niks oor vir wannabee akteurs nie….He-He

Francois le Cochon ·

Ek het nog nooit van haar gehoor nie, maar ek het ‘n goeie idee hoe sy lyk!

Chris ·

Ek weet nie onder wie is sy n bekende nie maar ek het nog nooit van haar gehoor of haar gesien nie.

GES ·

Kyk net wat doen gulsigheid. Haar nek behoort gerek te word aangesien sy geen respek vir lewe het al was sy net ‘n muil.

Dave ·

en die skeem saam laat mens wonder of sy saam met die Nigeriërs of wie, geskeem het.

scalla ·

Nog nooit van die bekende gehoor nie, as ek foto sien sal dit die eerste keer wees, dink mos hul is onaantasbaar en kan maak soos hul wil

Hannelie ·

Bekend? Wie is sy? Nog nooit in my lewe van haar gehoor nie. Stem saam met jou Scalla.

Karolis ·

Na dese gaan sy baie bekend/beroemd/berug wees.
Wie weet, dalk die nuwe minister van polisie?

Jessie ·

Sy maak akteurs se naam goedkoop. Doen julself n guns en google haar naam – sy het n till erens geslaan … Naaste wat sy aan kameras gekom het was om n ekstra miskien te wees in sepies maar nou gaan sy genoeg kameras om haar he.

Fanie ·

Mensig, maar dit is mos nou boggerol om ‘n ekstra in ‘n movie of sepie te wees. Jy moet maar net daar rondstaan of sit , en sorg dat jy d heel tyd beweeg, maak of jy praat, eet, ens. Wel nou het sy aandag getrek……….Ek wonder of sy goed voel.

Lu ·

Ek is net dankbaar dat hulle haar well gestop het en dat hulle die drugs gekry het!! Ek voel vere wie sy is! Van nou af is sy n drug smuggler!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.