Die 29-jarige aktrise wat na bewering probeer het om R4,6 miljoen se dwelms in Suid-Afrika in te smokkel, het Dinsdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
Ottilia Mmatjatji Malatji is Sondag by die Internasionale Lughawe OR Tambo in hegtenis geneem kort nadat sy vanaf Abu Dhabi geland het.
Sy het glo probeer om deur die “niks om te verklaar nie”-kanaal by die doeane te glip, maar is deur beamptes voorgekeer. Meer as 15 kg efedrien, ʼn hoofbestanddeel in metafetamien, is glo in haar besit gevind.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in ʼn verklaring gesê die vrou is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise. Luther Lebelo, woordvoerder van die SAID, het by navraag aan Maroela Media bevestig dat sy te sien was in sepies soos Isidingo, Rhythm City, Skeem Saam en Scandal.
Die vrou, wat in Ivory Park woon, is blykbaar egter nie ʼn bekende nie. ʼn SAID-beampte het gesê dit blyk die verwarring het ontstaan toe polisiebeamptes by die lughawe die vrou met ʼn sepie-ster verwar het. Dit is nog nie duidelik of die vrou wel ʼn onbekende aktrise is of nie.
ʼn Groot groep joernaliste en fotograwe was Dinsdag by Malatji se hofverskyning. Die saak is uitgestel tot 7 Oktober. Sy sal tot dan in aanhouding bly.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
“Scandal” he he he
Ooooo.! Ja……
Siestog! Sy moet seker maar n ander vorm van inkomste kry, siende dat die grootbaas van sabc, vir homself sulke hengse verhogings en salarisse beding. Daar bly niks oor vir wannabee akteurs nie….He-He
Die arme BEE bloedjie verdien seker te stadig te min!
Ek het nog nooit van haar gehoor nie, maar ek het ‘n goeie idee hoe sy lyk!