‘Bekende bendeleier’ vas ná skietgeveg

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn Beweerde bekende bendeleier is Sondag in Belhar in Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn skietgeveg tussen ʼn groep verdagtes en die polisie uitgebreek het.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes was besig met roetine-patrollie in Belhar toe “onbekende mense” skielik op hulle losgebrand het.

“Die beamptes het gereageer en teruggeskiet. ʼn 24-jarige verdagte is tydens die skietgeveg in die been geskiet en daar is op ʼn vuurwapen beslag gelê. Die verdagte is vermoedelik ʼn bekende bendeleier in die gebied. Hy is onder polisiebewaking na ʼn hospitaal geneem,” het Rwexana gesê.

Sy het gesê dit het kort ná die skietgeveg aan die lig gekom dat ʼn 14-jarige meisie, wat net ʼn omstander was toe die skietery uitgebreek het, ook gewond is. Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) is na die toneel ontbied om dit te ondersoek.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn, het Rwexana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michael ·

Dit is darem snaaks die weskaap is die beste, mooiste plek in Suid-Afrika behalwe vir die probleem met bendes…laat mens dink wat die eintlike probleem regtig is

Sputnik ·

Baie goeie nuus! Welgedaan, polisie! Dit is hoog tyd dat dié baie ou euwel uitgeroei word. Dit lyk asod die Min v Polisie ook gedetermineerd is om dit te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.