Bekende boer oorlede: ‘Hy was ʼn yster’

Louis Hendrik Claassen. Foto: Facebook

“Ek het lanklaas iemand ontmoet wat sulke diep spore in mense se lewens getrap het.”

Só het Jacques Beukes sy swaer, Louis Hendrik Claassen (39), beskryf wat Saterdagaand in ʼn motorongeluk in die Vrystaat dood is.

Claassen en sy 11-jarige seun, Edwin, was op pad na hul huis op die familieplaas Kronenbloem toe hulle net buite Wolwehoek teen ʼn motor wat se ligte glo nie aangeskakel was nie gebots het.

Claassen se Land Cruiser het gerol en hy is uit die voertuig geslinger. Hy is op die toneel dood. Edwin was vasgegordel, maar het vermoedelik sy bewussyn verloor.

Hy het sy ma gebel nadat hy weer bygekom het en vir haar gesê hulle was in ʼn ongeluk. Claassen se skoonpa, Flip Muller, het na die toneel gehaas.

Edwin is na ʼn hospitaal in Vanderbijlpark geneem waar hy steeds behandel word. “Hy is nie ernstig beseer nie en sal hopelik vandag nog of dan môre uit die hospitaal ontslaan word. Ons is so dankbaar dat die Here sy seuntjie vir ons gespaar het,” het Beukes gesê.

Louis en sy vrou Jeanine. Foto: Facebook

Volgens Beukes was Claassen welbekend in landboukringe en was hy self by verskeie aspekte van boerdery en die wild- en jagbedryf betrokke. “Hy was baie lief vir jag. Hy was ʼn baie reguit en baie eerlike ou en het oral gehelp.

“As iemand nie meer daar is nie, dan hoor jy eers waar hulle oral gehelp het en hoe hy die gemeenskap beïnvloed het. Hy het ʼn invloed op so baie mense se lewens gehad. Vriende in die boeregemeenskap het ons gebel en gesê hy was ʼn legende.”

Beukes het sy swaer as ʼn “yster” beskryf. “Hy het so baie vir landbou in Suid-Afrika beteken en hy was vir almal lief.” Claassen was onder meer ʼn saaiboer en ook ʼn bekende naam in die voerkraalbedryf.

Behalwe vir sy seun, laat Claassen ook sy vrou, Jeanine, sy ouers, Edwin sr. en Heleen, en sy vier susters agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Nadia ·

Dis baie tragies en hartseer… Hy sal beslis gemis word. My innige simpatie en meegevoel met sy gesin, familie en vriende.

vissie ·

Asb. dra tog veiligheid gordels. Daar is n rede hoekom veiligheid gordels in voetuie geplaas word

Renet ·

LH het diep spore in ons almal se harte getrap..
Nie net n suksesvolle besigheidsman en boer nie– maar ook nederig en n hart van goud. .sy liefde vir sy gesin en familie en vriende was onvoorwaardelik en opreg!
Ons het n groot gees verloor!
Ons betuig ons meegevoel aan Jeanine en klein Eddie, oom Edwin en tannie Heleen, aan al sy sussies en gades , oom Flip en tannie Petro, familie en vriende….
LH sal vir altyd in ons harte bly!

IK ·

Dit is nie snaaks om snags voertuie op die pad te kry met ligte wat buite werking is.
Sterkte aan die betrokkenes.

Christine ·

Ek het hom leer ken as skoolseun, vol energie vir die lewe wat wag. En nou dit. Ek is so jammer. My innige meegevoel aan sy geliefdes.

RIV ·

LH- daar is nie woorde nie. Gone too soon. ” the problem is we think we have time”. Dankie vir alles wat jy my geleer het, dankie vir jou geduld. RIV.

Elisbie ·

Ongelooflik hartseer. Sterkte en liefde vir sy gesin en familie. Elisbie

Micka ·

Oom LH, jy was n wonderlike mens gewees, jy het altyd n glimlag op jou gesig gehad. Jy gaan baie gemis word onder ons hele familie.
Tyd was te min vir jou,maar jou tyd sal altyd gehou word in ons harte.
Oom LH rus in vrede.

Lizl ·

Vissie, die eerste probleem was die ander voertuig wat sonder ligte gery het. Kom ons soek die heel grootste oorsaak eerste en dan kyk ons na die oorledene se fout.

Jaun van Rooyen. ·

Die ander voertuig het in die pad stil gestaan in donkernag,,LH het sy bes probeer om ñ ongeluk te vermei,,LH was die mees bekendste en geliefde persoon wat ek ken,,ñ baie suksesvolle en nederige persoon wat in baie mense se lewens ñ verskil gemaak het,,,ñ seun ,, man ,,pa,,broer en vriend wat baie gemis word
Rus sag Louis Hendrik Claassen…ek sal jou nooit vergeet nie. Tot ons weer sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.