Bekende Christelike skrywer sterf

Johan Smit

Johan Smit

Die bekende Christelike skrywer, Johan Smit (73), is Vrydag ná ʼn stryd met kanker oorlede.

Johan Smit was van 1976 tot 1983 predikant by die NGK Belville-Oos en van 1983 tot 2001 by die Helderberg-gemeente in Somerset-Wes, waar hy tot met sy dood gewoon het. Hy het sedert sy aftrede voltyds geskryf. Hy het al tientalle boeke oor ʼn verskeidenheid onderwerpe gepubliseer.

Volgens Danny Fourie, ʼn vriend van Johan en voormalige uitgewer, sal Johan ook onthou word vir die talle Bybelstudiekursusse wat hy vir Bybelkor geskryf het. “Johan was vir baie jare ʼn aktiewe medewerker van Die Kerkbode en LiG. Ná sy aftrede het hy sy skryfwerk by verskeie uitgewers voltyds voortgesit. Oor die jare heen het tientalle van sy publikasies gelowiges in hul geloofsgroei en Christelike lewe help ontwikkel.

“Sy vriendelike en nederige geaardheid sal allerweë in kerklike kringe, maar ook in die skrywerswêreld, gemis word,” het Fourie gesê.

Susan Jordaan, uitgewer van Lux Verbi, het ook in ʼn verklaring namens Lux Verbi en NB-Uitgewers meegevoel met Smit se naasbestaandes uitgespreek.

Johan word oorleef deur sy vrou, die bekende skrywer Nina Smit en hul drie kinders, skoonkinders en kleinkinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerhardt O ·

Ons gaan jou mis Oom Johan. Ek het meer uit jou skrywe geleer as al die jare in die kerk saam.
Ons meegevoel vir julle familie.

Karla Visagie ·

Met leedwese aan almal wat vir hom lief was. Dit is so ‘n groot verlies maar hy is reeds al ‘n dag by die Here in ‘n beter plek en sonder pyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.