Bekende digter in huis op landgoed doodgeskiet

Tom Gouws. Foto: Via Facebook

Die bekende digter en skrywer Tom Gouws (56) is Woensdagaand koelbloedig in sy huis op ʼn landgoed in die ooste van Pretoria doodgeskiet.

Carel Welgemoed, ʼn buurman van Gouws op die landgoed buite Lynnwood, het aan Maroela Media gesê Gouws is omstreeks 20:00 oorval.

“Ons het by my seun gaan eet en was reg om vir die aand te ontspan toe die oproep deurgekom het dat daar ʼn skietery was. Daarna is al die inwoners van die landgoed, van sowat 20 huise, deur die skoknuus geruk,” het Welgemoed gesê.

Volgens ʼn bron na aan die ondersoek, is Gouws, sy 57-jarige vrou, Retha, en 16-jarige seun glo by hul huis ingewag toe hulle teruggekom het nadat hulle gaan uiteet het.

“Die huiseienaar het teen 19:55 by die huis aangekom en is direk na sy kamer toe, terwyl sy vrou in die kombuis besig was. Hul seun is direk na sy kamer toe wat op die eerste verdieping geleë is,” het die bron aan Maroela Media gesê.

“Die vrou is in die kombuis deur vier mans oorval, sy kon sien een van die mans was gewapen. Sy het geskreeu en hulle het haar gedwing om op die grond te lê. Kort daarna het haar man kom kyk wat aangaan. Hy het geskreeu, waarna hy met ʼn voorwerp op sy kop aangerand en in die bolyf geskiet is.”

Die verdagtes het Retha se handsak, haar selfoon en Gouws se skootrekenaar gegryp voordat hulle op die vlug geslaan het.

Intussen het drie verdagtes, waarvan twee gewapen was, die seun in sy kamer oorval en met kabelbinders vasgemaak. Toe die skoot afgaan het hulle sy selfoon gegryp en gevlug.

Die seun kon daarin slaag om te ontsnap en het met sy hande steeds vasgebind na ʼn veiligheidswag op die landgoed gehardloop om hulp te ontbied. Retha het intussen gesien haar man lê in ʼn plas bloed en het uit die kombuis na bure gehardloop om hulp te ontbied.

Gouws is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Retha en hul seun is ongedeerd. Hulle is ná die aanval na een van hul ouer seuns se huis waar hulle tans woon.

Ao. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig ʼn saak van huisroof en moord word ondersoek.

“Daar was sewe verdagtes waarvan drie gewapen was. Hulle het in die huis vir die slagoffers gewag en hulle oorval toe hulle tuis gekom het. Sover vasgestel kan word, word net die vrou se handsak, selfone en ʼn skootrekenaar vermis,” het Van Dyk gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie se triotaakspan gaan die ondersoek hanteer en volg reeds leidrade op.

Gouws is op 2 Augustus 1961 gebore. Hy was ’n wiskundige, letterkundige, onderwysspesialis, skrywer, bekroonde dramaturg en digter. Hy het aan die universiteite van Potchefstroom, Pretoria, Bophuthatswana en Noordwes klasgegee en was saam met sy seun by New Earth Ministries betrokke.

Gouws het in 1990 met die digbundel Diaspora gedebuteer, wat in 1995 opgevolg is deur Troglodiet en Syspoor in 2002. Sy drama Nag van die lang messe is in 2005 met die Nagtegaal-teksprys bekroon.

Hy het in 2011 die ATKV-prys vir poësie vir sy digbundel Ligloop ontvang. Sy bundel, Stigmata, het in Maart 2012 verskyn.

Gouws laat sy vrou, ses kinders en talle kleinkinders agter.

Mariaan Nagel Hendriks, ʼn familielid van Gouws, het op Facebook gesê: “Vandag het ek nie woorde nie, my hart is gebroke. Tom Gouws, jy was die dierbaarste en mees liefdevolle mens. Vir my was jy nie net ʼn neef nie, jy was ʼn broer en ʼn sielsgenoot. Sterkte aan sy vrou, kinders, kleinkinders en familie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

DVL ·

Totsiens Tom ons gaan jou mis. Jammer ons gaan nie nou meer die koffie kan gaan drink nie. Ons het ‘n groot leier verloor maar ons sal jou weer sien

ANONIEM ·

Dit is skokkend waar na toe gaan ons land en jy hoor niks van die cANCer regering of die DA nie.

chrisjan ·

Wat verwag u om van hulle te hoor Annoniem??Hier is ‘n stelselmatige uitmoording van wit mense besig om plaas te vind wat hulle 100% pas en u verwag om iets van hulle te hoor?
Hierdie was NIE ‘n huisroof nie.As dit was sou hulle goed geroof het en gee pad het VOOR die mense terug gekeer het.Neewat,dis beplande moord gewees.
Ons kom NOOIT meer na sononder by die huis nie.Ons sorg dat ons voor die son sak al terug is.Die risiko om ingewag te word by ‘n hek of in die huis is net te groot al ry ek met my wapen aan my sy heeltyd.

Theresa B ·

Alles is so sinneloos…………………………………
Party dae wil ‘n mens alles oorboort gooi en net mal word van al die misdaad ens.

rafel ·

as dit n veiligheidslangoed is; hoe het 7 booswigte toegang verkry…
so jammer vir sy familie.

Anneke Barnard ·

Moet vir geen oomblik dink as jy op ‘n landgoed bly dat jy veilig is nie. Dis word menigmaal bewys. Wie werk by die hek? Hulle grou dan gater onder beton of muur omheinings om deur te kruip. Ek dink dit maak dit vir die skurke moeiliker, maar nie onmoontlik nie.

Dis ook al bewys dat hulle soms binne die landgoed woon.

Pandora ·

Watter verlies vir die letterkunde en die mense wat hom liefgehad het.
Watter uiterse lafhartige daad – Sewe gewapendes @ drie ongewapende mense

Koos de Meyer. ·

Hoe gebeur dit in ‘n veiligheids landgoed. Waar was sekuriteit en hoe kom hulle in. Nêrens is jy meer veilig nie. Jy sal ‘n wapen oral moet saam dra in hierdie siek land van ons. ANC het ons land in wettelose hel hool omskep.

Ben ·

Koos , N veligheids landgoed beteken niks , mense dink n wag wat 3 duisend rand n maand kry gaan sy lewe op die lyn sit om n wit man te beskerm , mense lewe in droom werld

Petro Benade ·

My vraag is hoe kom sewe gewapende mans by n veiligheids landgoed in.

Chris ·

Koos dit is wat e ook graag wil weet. Dit is nou die hoeveelste persoon wat in n sogenaamde veiligheids kompleks beroof of vermoor word. Almal vra die vraag waar was die sekuriteit. My siening is dat die rowers/ moordenaars ook in die kompleks bly as huurders, want geen mens wat wil huur mag weggewys word nie. Sodoende het hulle baie tyd om mense se bewegings dop te hou en na so rooftog terug te beweeg na hulle eenheid, dit is die moontlike rede hoekom die sekuriteit nie bewus is van die rowers nie. Almal wat in so n kompleks bly mors hulle geld want dit is nie die woord veiligheid werd nie.

Veilig? ·

Baie keer vriende van die veiligheidswagte – hulle word of geintimideer of hulle word ‘n gedeelte van die buit aangebied. Onthou Marike de Klerk is al baie jare gelede ook in ‘n veiligheidskompleks deur ‘n veiligheidswag vermoor .. Dit kan ook wees dat hulle ‘n muur omgestamp het maar dan moes die goeie sekuriteit dit mos opgelet het ..Jy bly steeds vir jou eie veiligheid verantwoordelik … duidelik het hierdie makkers die man al lankal dopgehou en al lankal ‘n inkomplek gesien . Die goed gebeur nie ‘in the spur of the moment’ nie. In Silver Lakes het ‘n klomp makkers ‘n paar jaar gelede saam ‘n huis gehuur en die mense aangeval wat in die kompleks bly ..

Snowball ·

Spot on Chris en Ben. Bly self in een en bevraagteken daagliks die kwaliteit van die sg sekuriteit…. daar heers ‘n wanpersepsie van veiligheid, na my mening.

Boffin ·

Voor ek VSA toe verhuis het, was ek hoof van ons Buurtwag en ook GPF lid. Iets wat opvallend was en steeds is, is dat mense ‘n valse sin van sekuriteit ontwikkel binne ‘n landgoed en verslap gewoonlik hul eie maatreëls en waaksaamheid. My hart bloei vir hierdie familie.

Cherokee ·

Dan is daar mense wat versoening bepleit. Menslik gesproke is dit buite die kwessie.

Saamwerk beperk ·

Janee wragtie .. ‘n pragtige 26 jarige ma van ‘n maand oue babatjie word wreed in haar huis vermoor .. hierdie digter/letterkundige/skrywer wat niemand enige skade aangedoen het nie word vir ‘n selfoon en skootrekenaar doodgeskiet .. HOE wil mense met die kriminele ‘saamwerk’? Hoe versoen jy met wreedaards wat mense se oe uitsteek en hulle met ysters en kookwater brand? I am sorry .. that will never happen ..

Bennieboekwurm ·

Sjoe, soos wat ek vir Tom Genentech net sou hy baie hartseer gewees het oor so ‘n lyn van gesprek. Hy het nie verbittering en divisie voorgestaan nie.

HPV ·

Een van die 50 mense wat gister vermoor is, wie gaan die 50 wees wat vandag vermoor word, en ons word ontwapen!
Sterkte aan sy familie.

Speedguard ·

Rus in vrede Tom, jou lekker lag, jou manier van verduidelik met “knoop dit aan jou oor” en waneer jy bedien die bekende ” My beloved” en jou flymskerp humorsin sal ek nooit vergeet nie! Sterkte aan die familie.

Rooikop ·

Absoluut onaanvaarbaar !!!!!!!!!!!! Dit kan nie so aanhou nie………………..

Stop hierdie ANC nou ………………

Haan ·

Jy is darem maar bitter naïef as jy dink ons gaan onsself hieruit stem.

Nel ·

Rus in Vrede. Hierdie moorde word nou net te erg!!!! Hoe kon 7 verdagtes ongesiens by die landgoed inkom???? Mens is net nêrens meer veilig nie en lewe voortdurend in vrees!!!

John ·

Hoekom hierdie mense spesifiek? Die drama… ironies verby…

Jane ·

Waarvan praat jy? Wat is IRONIES?? Dit is TRAGIES, dit is ‘n lewe van ‘n onskuldige mens .. hoe bedoel jy hoekom hierdie mense spesifiek? Hoekom die 26 jarige vroutjie wat op kraamverlof was en met ‘n 1 maande oue baba in ‘n kot in die huis vermoor word? Hoekom sy spesifiek? lui die woord blank vir jou ‘n klokkie?

Totsiens ·

Ai oom. My hart is stukkend toe ek dit lees. Oom was altyd so gaaf en so n goeie voorbeeld vir ander gewees. Oom se glimlag, kennis en sagte hart was so kosbaar. Dit is n groot verlies… RUS IN VREDE! Dit is so tragies. Sterkte aan al sy naasbestaandes…?????

Elred Ferreira ·

Dis hoe dit ongelukkig gaan in die Piesang Republiek van Suid Afrika….en die meerderheid sal maar weer vir die Piesang regering stem!

Aap ·

En die anc voel niks , Al hoe dinge gaan verander is as ons 24 /7 gewapen is en begin terug veg , maar nou ja die mense in SA lewe mos in droom werld

van zyl ·

My hart gaan uit na die witmense wat so uitgemoor word.Dis net haat, nyt en moord,daar moet regtig n ommekeer in mense se lewens plaas vind,mense moet vergeet wat in die verlede gebeur het.vergeet van vlakplaas en sy gebeure, vergeet van die mense slagting van 16 Junie,vergeet van die verdrukking op swart en bruin mense,Kom ons vat hande,kom ons praat met mekaar,miskien,miskien help dit

RIP ·

Die aanslag op blankes wat eenvoudig net trompop doodgeskiet word gemartel word voordat hulle wreedaardiglik doodgemaak word, is skerp aan die toeneem ongeag die beeld wat hulle na die buiteland uitsaai, en ongeag die feit dat hulle meeste moorde op blankes as ‘house robberies’ opgee. Dit word ook nie in die buiteland versprei nie .. daar is ‘n pragtige dame van 26 gister vermoor met ‘n 1 maande oue baba, nou is dit hierdie man Tom ook wat iemand se pa en oupa en seun was … hoeveel mense moet nog aan die hand van kriminele sterf voordat die polisie EN die regering WAKKERWORD? Dit is verskriklik . ons innige simpatie aan die familie ..

liz ·

Ek wens ek kan vandag pad uit hierdie land, wil net nie meer hier bly nie.

Liberaal ·

Liberaliste gee net om vir die agenda van die globale supperrykes en blankes staan in die pad.

Blanke ·

WAAR IS DIE LIBERALE SE KOMMENTAAR NOU HIEROP ?? Snaaks dat hulle tjoepstil is wanneer ‘n blanke vermoor word maar as daar op ‘n taxi geskiet word soek hulle onmiddellik aandag aan die saak en simpatie by alle lesers .. maar NOOIT sal enige liberaal hier se JAMMER oom, JAMMER mense dat julle pa’s ma’s, kinders so wreedaardiglik vermoor word vir niks nie … want hulle is mos blank!

Leré ·

Oom Tom was vir ons soos Jesus in lewende vorm in ons tyd. Hy het absoluut Christus aan ons uitgebeeld. Oom Tom was die verpersoonliking van liefde teenoor sy medemens. Hy was met sy hele hart, siel en verstand uitverkoop aan God en hy wa n geestelike vaderfiguur vir baie mense. Dit sou oom Tom so baie, baie hartseer gemaak het as ons nou sy dood moes gebruik as n politieke standpunt. Gaan soek hom op youtube by New Earth Ministries en kyk hoe het hy net liefde uitgestraal. Oom Tom, ons gaan oom in ons fisiese wereld geweldig baie mis! Love you. Tot ons weer ontmoet. Poort.

Santie ·

Dit is baie hartseer om van nog ‘n onsinnige moord te hoor. My innige simpatie aan almal wat lief was vir hierdie man wat duidelik diepe spore getrap het. Ek wil net sê: dit is nie nét wit mense wat vermoor word nie. Ons lees nie hulle koerante nie en dra dus nie kennis van die moorde wat daar ook gepleeg word nie. Ons is almal ewe onveilig in ons land, en dit is verskriklik! Werklikheid is deesdae baie erger as fiksie!

Elvira ·

Nou praat jy. Presies soos jy se. Hierdie land is in sy kanon in. Trek net die ketting.

Hercules ·

Ons moenie soos hulle word nie.
Haat en geweld wek net meer daarvan. Ons moet bid vir ons vyande en nie medegelowiges oor dieselfde kam skeer as die misdadigers nie. Ek ken baie mede Christene onder ander mense as ons, wat net so hande in die hare sit oor erger misdaad waar hulle bly – met geen elektriese drade of wagte om hulle selfs effens te beskerm nie. Ons huishulp sê dat daar elke week iemand in hul buurt doodgeskiet word.
Moet ons skiet? Vir wie?
Op die ou end skiet ons ons broers en susters in Christus ook dood. En ons Vader duld dit nie – dis Sy kinders, soos ons ook.
Dan is ons niks beter as die sewe geweldenaars nie.
Liefde, vergifnis en gebed oorwin op die ou end.
En bring Sy vrede oor ons ontstelde gemoed, te midde van die ellende om ons.

Pietertjie ·

Stuur asb jou stukkie aan die familie ek is seker hulle gaan dit waardeer.

Ben ·

So wanner gaan die bid begin help as daar nie meer een wit man lewendig in die land oor is nie ? Nee wat ek trust dan maar eerder my vuurwapen , hy het my lewe al paar keer gered , en ek kan jou belowe as ek gebid het was ek 6 voet onder die grond ,

GP ·

Hercules, ek sien jou punt, en moenie ophou bid nie.
Daar is n tyd vir bid en ‘n tyd vir aksie. Dawid het nie vir Goliat weg gebid nie. Baie mense verdraai geloof dat mens net moet sit en bid en als sal reg kom. Dis nie hoe ek dit verstaan nie.

Faith17 ·

In God le ons enigste krag!! Daar staan geskrywe “Alles sal vergaan maar God se woord sal bly staan” Dis tyd om God te soek in sy woord en op ons knee te wees vir Suid-Afrika. Deur geloof kan ons baie vermag. By God is niks onmoontlik nie! Hy is die Alfa en die Omega. Daardie liedjie van Juanita du Plessis van Suid-Afrika draai terug na Jesus. SUID-AFRIKA EK IS OP MY KNEE VIR JOU!

susan ·

Hercules mense moét begin luister en terugkeer na God. Ons sit met ‘n twee snydende probleem.

Freund ·

Die verlies vir my persoonlik is van onskatbare waarde. Tom gaan gemis word vir sy diepe verstaan van God se woord. Mense vra hoekom gaan dit so swaar in ons land. Kyk na die volgende skrif. God wil vir almal wys hoe wonderlik hy is. Exo 10:1 “Verder het die HERE vir Moses gesê: Gaan na Farao toe, want Ék het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek hierdie tekens van My onder hulle kan verrig,“ Gaan in Liefde Tom tot ons weer sien.

Lisa ·

Ahhh Tom, jou woorde weerklank nog in my, Ek hoor jou lag en die kraak in jou stem wanneer iets jou hart raak. Ek ken jou laf, en ek ken jou absolute erns. Die verlies is so groot ek sukkel om die berekening te doen.

Tot ons mekaar van aangesig tot aangesig sien. Waardering vir jou. Altyd.

Annoniem ·

Maroela media en netwerk 24 se artikels stem nie saam oor waar hy vermoor is (op sy plaas buite Pretoria / in kompleks net buite Lynnwood) nie.

GP ·

Baie jammer om hiervan te lees. Soveel tragedies.

Wat ons moet besef is dat ons nie onder normale omstandighede lewe nie. Ons sal ons self moet begin beskerm, en die wat reeds begin het moet nog meer doen.
Kry gekoppelde alarm, doen werk self geen huishulp, ons doen dit seker al 10 jaal lank so. Gaan om die huis en kyk waar mense maklik kan inkom en maak dit die plek waar hulle laaste kan inkom.

Kyk na jou eie roetine wat jy elke dag volg. Is daar nie dalk klein veranderinge wat jy kan maak nie? Begin deur jul verdediging op te skerp. Ek het so lys van sagte plekke by die huis begin maak en die lys kry nie einde nie.

ASB mense ons moet dit so moeilik moontlik maak vir hulle. Kry ‘n safe room in die huis vir ingeval daar aand aanvalle is. Verdediging is eerste stap.

Christa ·

Sonder woorde. So geweldig jammer oor Tom se skielik en onverwagte dood. My opregte simpatie aan sy familie. Ons treur saam.

Jammer oor die onnodige en verskriklike verlies ·

Jammer en innige simpatie aan die familie en naasbestaandes.

Mense word links en regs vermoor teen ‘n duisligwekkende spoed. Dit wil vir my voorkom of daar voortaan nog baie gesê gaan word “Jammer oor die onnodige en verskriklike verlies”. Wat is besig om te gebeur?

Antjie ·

Ek bly ook in n sekuriteits kompleks en ons posbusse sit by die hek, so enige iemand kan die nommers sien en om toegang te kry moet jy se na watter nommer jy na toe gaan. Baie gevalle maak die sekuriteit die hek oop sonder om vooraf te bevestig met die inwoner. Dit het al met ons gebeur, gelukkig het sekuriteit eers met ons bevestig. Dit kan dalks die geval wees dat een van die aanvallers hulle ken en daarom weet hulle hoe om toegang te gekry het en sekuriteit niks vermoed het nie.

more se ou nuus ·

Dit is verseker so Antjie. Sekuriteit beteken absoluut niks… Dit is net geld maak geleentheid in die land.

PJ ·

Oom Tom se dood is ‘n verlies vir Suid-Afrika! Hy was ‘n man wat ‘n noemenswaardige verskil in talle mense se lewens gemaak het! Baie harte huil saam met sy familie. Ons is ontneem van ‘n persoon wie nooit sal kan vervang word nie! Rus in vrede.

jaco ·

vreemd dat almal nou sê die aanvallers moes op een of ander manier by die sekuriteitslandgoed ingekom het, maar toe Henri van Breda PRESIES DIESELFDE verweer gehad het na die moord op sy ouers en broer in ‘n soortgelyke sekuriteitslandgoed, het ALMAL op dieselfde Maroelamedia gesê Henri lieg.

Jana ·

n Mens is eenvoudig van woorde ontneem.
Tom se briljante lewe vir n selfoon en rekenaar. Onbegryplik.

more se ou nuus ·

Dit is absoluut on aanvaarbaar om n skerfskoot te neem van n halwe dag se nuus en dit is alles net moord!! Hoekom kry niemand opvolg berigte oor die ongelooflike sinnelose geweld nie? Dit kan mos onmoontlik so voortgaan en almal praat so asof dit normaal is. Net more se ou nuus? Ek voel naar!! Wat de hel man!

So jammer ·

Rus in vrede Tom Gouws. Ek glo dat dit lank al nie meer gaan oor die verlede nie… Dit is pleinweg net boosheid.

Baie hartseer ·

My hart is baie seer vanaand. Ek het in die laat tagtigs die voorreg gehad om by beide Tom Gouws en Dr Daan Wybenga Afrikaans as hoofvak te neem by die Pukke se Vaaldriehoekkampus. Nou is albei op so ‘n vreeslike manier vermoor. Dr Wybenga so paar jaar gelede by sy huis op Clarens. Al 3 ons dosente is nou oorlede. Dr Wybenga se vrou Gretel het ook vir ons klas gegee. Sy is aan kanker oorlede. Drie ongelooflike goeie liewe mense wat ons tot groot hoogtes aangespoor het. Sal hulle altyd onthou.

Johan Saaiman ·

Koelbloedige moord nooit Vader se wil..Hy het dit wel toegelaat omdat hy Tom sooo lief moes gehad het wat hy vir Sy koninkryk gedoen het dat Hy hom kom haal het..Tom se nalatenskap sal nooit kan sterf tot in ewigheid!Dankie Tom tot wedersiens!!

Faith17 ·

In God le ons enigste krag!! Daar staan geskrywe “Alles sal vergaan maar God se woord sal bly staan” Dis tyd om God te soek in sy woord en op ons knee te wees vir Suid-Afrika. Deur geloof kan ons baie vermag. By God is niks onmoontlik nie! Hy is die Alfa en die Omega. Daardie liedjie van Juanita du Plessis van Suid-Afrika draai terug na Jesus. SUID-AFRIKA EK IS OP MY KNEE VIR JOU!

Wilna Pretorius ·

Dit is hartverskeurend! Innige simpatie aan Retha en die kinders. Tom het baie vir ons in ons lewe beteken, en ek glo vir baie baie ander mense ook! Rus in vrede Tom.

Yolande ·

Tom Gouws, jy was n Awesome Geskenk vir die mensdom.
Jou digwerk was nie jou grootste nalatenskap nie, dit is die werk wat jy vir God se koningkryk gedoen het reg oor die land.
n Ware leier. n Juweel van n mens. So maklik om voor lief te wees en om te eer.
Hulle kan jou lewe wegeem(ek ook net omdat Vader dit toegelaat het) maar nooit jou nalatenskap nie.
Jy het jou skatte op die regte plek vergader en jy is vandag in glorie.

Pieter van der Walt ·

Dit is baie hartseer nuus

Ek het een oggend op Manne ontbyt na n praatjie geluister wat Tom gegee het wat my lewe verander het. Dit was om “God se stem te hoor”

My innige megevoel aan Tom se gesin en familie. Mag Vader julle vertroos in die hartseer tyd

moeg ·

Elke dag dieselfde gesprek en more is nog burgers die ewigheid in.

Rina Chesworth ·

Tom, jy was sout van die aarde. Soos sy altyd in die klas passievol verduidelik het: “Wat is sout? Sout laat dinge behoue bly!”
Hulle het jou van jou geliefdes en van jou land en sy mense ontneem. Tom jou liefde vir jou mense, jou entoesiasme vir ons mooi taal en die liefde en insig wat jy vir my as student nagelaat het sal behoue bly. Dankie vir jou nalatenskap. Ons weet waar jy is vanaand. Sterkte en troos aan Retha, kinders en kleinkinders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.